Lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika

Wikimedia lysartikel

Hierdie is 'n lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika:

Tans

Die openbare vakansiedae wat tans in Suid-Afrika gevier word is as volg:

DatumAfrikaanse Naam
1 JanuarieNuwejaarsdag
21 MaartMenseregtedag
Die Vrydag voor PaasfeesGoeie Vrydag
Die Maandag na PaasfeesGesinsdag
27 AprilVryheidsdag
1 MeiWerkersdag
16 JunieJeugdag
9 AugustusNasionale Vrouedag
24 SeptemberErfenisdag
16 DesemberVersoeningsdag
25 DesemberKersdag
26 DesemberWelwillendheidsdag

Eenmalige vakansiedae

Sedert 1994 word alle verkiesingsdae tot vakansie geproklameer.

31 Desember 1999 en 2 Januarie 2000 was tot vakansiedae verklaar om die sogenaamde "Y2K" oorskakeling te akkommodeer. 3 Januarie was derhalwe outomaties ook 'n vakansiedag omdat die vorige vakansiedag 'n Sondag was.[1]

2 Mei 2008 was tot vakansiedag verklaar toe Menseregtedag en Goeie Vrydag albei op 21 Maart 2008 plaasgevind het.[2]

Afgeskaf

Vakansiedae wat afgeskaf is:[3]

DatumAfrikaanse Naam
6 AprilStigtingsdag (vroeër Van Riebeeckdag)
Verskillende daeHemelvaartsdag
31 MeiRepubliekdag
10 OktoberKrugerdag (ook Heldedag genoem)
16 DesemberGeloftedag (ook Dingaansdag genoem)

Verwysings

  1. "Persverklaring". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2012. Besoek op 8 Februarie 2011.
  2. "Mbeki verklaar 2 Mei 2008 tot vakansiedag". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2008. Besoek op 8 Februarie 2011.
  3. SA kry in '95 vier nuwe vakansiedae Stigting, jeug, vroue en erfenis gedenk[dooie skakel], Beeld, 8 September 1994.

Lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika: Wikimedia lysartikel

Hierdie is \'n lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika: