Krieketwêreldbeker

Die Krieketwêreldbeker is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die EDI-krieketwêreldkampioen te bepaal. Dié toernooi is die belangrikste en bekendste in internasionale krieket. Die kompetisie is een van die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld, saam met die Sokker-Wêreldbeker, Olimpiese Somerspele en Rugbywêreldbeker. Die Krieketwêreldbeker 2019 was die mees gesiene krieketwêreldbekertoernooi tot dusver met wêreldwyd 2,6 miljard televisiekykers,[2] gevolg deur die vorige Krieketwêreldbeker 2015 met sowat 2,2 miljard wêreldwyd.[3] Veral die wedstryde tussen die aartsvyande Indië en Pakistan lok gewoonlik sowat een miljard televisiekykers wêreldwyd en geniet baie aandag.

Krieketwêreldbeker
Krieketwêreldbeker 2023
Beskrywing.
Die trofee waarom meegeding word

SportsoortKrieket
Gestig1975
EienaarInternasionale Krieketraad
InwydingseisoenKrieketwêreldbeker 1975
Deelnemende landewêreldwyd
Aantal spanne20 (alle toernooie)
10 (nou)
14 (vanaf 2027)[1]
Mees onlangse kampioenVlag van Engeland Engeland (2019)
Verwante kompetisiesKampioentrofee, o/19-krieketwêreldbeker, T20I-wêreldbeker
Al die trofee in die geskiedenis van die Krieketwêreldbeker

Daar is slegs plek vir 10 (sedert 2019) spanne om aan die kompetisie deel te neem en spanne moet aan uitdunne deelneem om te kwalifiseer. Die grootste aantal spanne het aan die 2007-toernooi in Wes-Indië deelgeneem, naamlik 16. Engeland het meer toernooie as enige ander nasionale Krieketraad aangebied, naamlik vyf. Vervolgens het Lord’s in Londen met vyf die meeste krieketwêreldbekereindwedstryde tot dusver aangebied,[4] gevolg deur Melbourne-krieketveld in Melbourne met twee.[5]

In die twaalf kampioenskappe wat al aangebied is, het ses lande reeds die titel ingepalm. Australië het al ’n rekord van vyf keer gewen. Indië en Wes-Indië het al twee keer gewen. Engeland, Pakistan en Sri Lanka het een titel elk ingepalm.

Die eerste krieketwêreldbeker het in 1975 in Engeland plaasgevind. Die mees onlangse toernooi is 2019 in Engeland en Wallis gehou. Die volgende wêreldbekertoernooi sal in 2023 in Indië aangebied word. Engeland is tans die wêreldkampioen.

Uitslae

JaarGasheerland(e)EindstrydplekEindstryd
WennerUitslagNaaswennerDeelnemende lande
1975
Oorsig
  EngelandLord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
  Wes-Indië
291/8 (60 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 17 lopies
Telkaart
  Australië
274 (58.4 boulbeurte)
8
1979
Oorsig
  EngelandLord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
  Wes-Indië
286/9 (60 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 92 lopies
Telkaart
  Engeland
194 (51 boulbeurte)
8
1983
Oorsig
  Engeland
  Wallis
Lord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
  Indië
183 (54.4 boulbeurte)
Indië wen met 43 lopies
Telkaart
  Wes-Indië
140 (52 boulbeurte)
8
1987
Oorsig
  Indië
  Pakistan
Eden Gardens, Kalkutta,
Indië
  Australië
253/5 (50 boulbeurte)
Australië wen met 7 lopies
Telkaart
  Engeland
246/8 (50 boulbeurte)
8
1992
Oorsig
  Australië
  Nieu-Seeland
MCG, Melbourne,
Australië
  Pakistan
249/6 (50 boulbeurte)
Pakistan wen met 22 lopies
Telkaart
  Engeland
227 (49.2 boulbeurte)
9
1996
Oorsig
  Pakistan
  Indië
  Sri Lanka
Gaddafistadion, Lahore,
Pakistan
  Sri Lanka
245/3 (46.2 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 7 paaltjies
Telkaart
  Australië
241/7 (50 boulbeurte)
12
1999
Oorsig
  Engeland
  Skotland
  Wallis
  Ierland
  Nederland
Lord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
  Australië
133/2 (20.1 boulbeurte)
Australië wen met 8 paaltjies
Telkaart
  Pakistan
132 (39 boulbeurte)
12
2003
Oorsig
  Suid-Afrika
  Zimbabwe
  Kenia
Wanderersstadion, Johannesburg,
Suid-Afrika
  Australië
359/2 (50 boulbeurte)
Australië wen met 125 lopies
Telkaart
  Indië
234 (39.2 boulbeurte)
14
2007
Oorsig
  Wes-IndiëKensington-ovaal, Bridgetown,
Barbados
  Australië
281/4 (38 boulbeurte)
Australië wen met 53 lopies (D/L)
Telkaart
  Sri Lanka
215/8 (36 boulbeurte)
16
2011
Oorsig
  Indië
  Sri Lanka
  Bangladesj
Wankhedestadion, Mumbai,
Indië
  Indië
277/4 (48.2 boulbeurte)
Indië wen met 6 paaltjies
Telkaart
  Sri Lanka
274/6 (50 boulbeurte)
14
2015
Oorsig
  Australië
  Nieu-Seeland
MCG, Melbourne,
Australië
  Australië
186/3 (33.1 boulbeurte)
Australië wen met 7 paaltjies
Telkaart
  Nieu-Seeland
183 (45 boulbeurte)
14
2019
Oorsig
  Engeland
  Wallis
Lord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
  Engeland
241 (50 boulbeurte)
15/0 (Superboulbeurt)
23 viere, 3 sesse
Engeland wen volgens aantal grenshoue
Telkaart
  Nieu-Seeland
241/8 (50 boulbeurte)
15/1 (Superboulbeurt)
14 viere, 3 sesse
10
2023
Oorsig
  Indië10
2027
Oorsig
  Suid-Afrika
  Zimbabwe
  Namibië
14
2031
Oorsig
  Indië
  Bangladesj
14

Statistiek

Groepfase (VR), Gekwalifiseer (G)
Kwarteindrondte (KE), Super 6 (S6) of Super 8 (S8)
Halfeindrondte (HE)
Naaswenner (2)
Wenner (1)
nie 'n lid van die IKR nie
 
Beste uitslae van deelnemende lande en gashere
 
Wenner van die Krieketwêreldbeker
SpanKWB 1975KWB 1979KWB 1983KWB 1987KWB 1992KWB 1996KWB 1999KWB 2003KWB 2007KWB 2011KWB 2015KWB 2019KWB 2023KWB 2027KWB 2031Deelnames
  AfghanistanVRVR2
  Australië2VRVR1VR2111KE1HE12
  BangladesjVRVRS8VRKEVR6
  BermudaVR1
  EngelandHE2HE22KEVRVRS8KEVR112
  IerlandS8VRVR3
  IndiëVRVR1HEVRHES62VR1HEHEG13
  KanadaVRVRVRVR4
  KeniaVRVRHEVRVR5
  NamibiëVR1
  NederlandVRVRVRVR4
  Nieu-SeelandHEHEVRVRHEKEHES6HEHE2212
  Oos-AfrikaVR1
  PakistanVRHEHEHE1KE2VRVRHEKEVR12
  SkotlandVRVRVR3
  Sri LankaVRVRVRVRVR1VRHE22KEVR12
  Suid-AfrikaHEKEHEVRHEKEHEVR8
  Verenigde Arabiese EmirateVRVR2
  Wes-Indië112VRVRHEVRVRS8KEKEVR12
  ZimbabweVRVRVRVRS6S6VRVRVR9
Deelnemers8888912121416141410101414

Eerste deelnames

JaarSpanne
1975  Australië,   Engeland,   Indië,   Nieu-Seeland,   Pakistan,   Sri Lanka,   Oos-Afrika,   Wes-Indië
1979  Kanada
1983  Zimbabwe
1987geen
1992  Suid-Afrika
1996  Kenia,   Nederland,   Verenigde Arabiese Emirate
1999  Bangladesj,   Skotland
2003  Namibië
2007  Bermuda,   Ierland
2011geen
2015  Afghanistan
2019geen
2023N.v.t.
2027N.v.t.
2031N.v.t.

Sien ook

Verwysings

  1. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 24 November 2021.
  2. (en) "ICC Men's Cricket World Cup 2019 shatters audience records". Internasionale Krieketraad. 12 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2019. Besoek op 4 Julie 2021.
  3. (en) Abhishek Kumar (7 Junie 2018). "FIFA World Cup 2018: Find Out How Much Prize Money Winners France Have Received (in Rupees)". India.com. Penske Media Corporation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2021. Besoek op 4 Julie 2021.
  4. (en) "Lord's to host record 5th final in 2019 World Cup". India TV. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op 4 Julie 2021.
  5. (en) "Cricket World Cup 2015: MCG to host final as Australia grouped with England". ABC News. 30 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2016. Besoek op 4 Julie 2021.

Verdere leesstof

Eksterne skakels


Krieketwêreldbeker 

Engeland 1975Engeland 1979Engeland / Wallis 1983Indië / Pakistan 1987Australië / Nieu-Seeland 1992Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003Wes-Indië 2007Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011Australië / Nieu-Seeland 2015Engeland / Wallis 2019Indië 2023Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027Indië / Bangladesj 2031


Krieketwêreldbeker

Die Krieketwêreldbeker is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die EDI-krieketwêreldkampioen te bepaal. Dié toernooi is die belangrikste en bekendste in internasionale krieket. Die kompetisie is een van die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld, saam met die Sokker-Wêreldbeker, Olimpiese Somerspele en Rugbywêreldbeker. Die Krieketwêreldbeker 2019 was die mees gesiene krieketwêreldbekertoernooi tot dusver met wêreldwyd 2,6 miljard televisiekykers, gevolg deur die vorige Krieketwêreldbeker 2015 met sowat 2,2 miljard wêreldwyd. Veral die wedstryde tussen die aartsvyande Indië en Pakistan lok gewoonlik sowat een miljard televisiekykers wêreldwyd en geniet baie aandag.