Iers-Gaelies

(Aangestuur vanaf Iers)

Die Ierse taal (Iers: Gaeilge, [ˈɡeːlʲɟə], of Gaeilge na hÉireann, "Iers-Gaelies") vorm saam met Skots-Gaelies en Manx-Gaelies, die taal van die Eiland Man, die Gaeliese of Goideliese groep van die Keltiese tale. Die woord "Goidelies" is afgelei van die Oud-Ierse goídel "Ier".

Iers-Gaelies
Gaeilge na hÉireann 
Uitspraak:[ˈɡeːlʲɟə]
Gepraat in:Flag of Ireland Ierland (538 283)
Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland (165 000)
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (95 000)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (25 000) 
Gebied:Wes-Europa
Totale sprekers:355 000 moedertaal- of ander sprekers wat die taal vlot kan praat(1983)[1]
538 283 gereelde sprekers (2006)
1 860 000 met kennis van die taal (2006) 
Rang:193
Taalfamilie:Indo-Europees
 Kelties
  Eiland-kelties
   Goideliese
    Iers-Gaelies 
Skrifstelsel:Latynse alfabet (Ierse variant) 
Amptelike status
Amptelike taal in:Flag of Ireland Ierland
Flag of Europe Europese Unie
Permanente Noord-Amerikaanse Gaeltacht
Gereguleer deur:Foras na Gaeilge ("Ierse Instituut")
Taalkodes
ISO 639-1:ga
ISO 639-2:gle
ISO 639-3:gle 
Verspreiding van Iers-Gaelies
Persentasie verspreiding van Iers-Gaelies as eerste of tweede taal in Ierland.
Taalvaardigheid in Iers (of enige kennis daarvan) van Noord-Ierse sprekers ouer as drie jaar volgens die sensus van 2011

Iers is die oudste taal van die Goideliese groep en bestaan reeds in die vroeë Middeleeue as 'n literêre taal, terwyl Skots en Manx voor die sewentiende eeu nie as selfstandige skryftale beskou word nie.

Iers is vandag danksy sy historiese rol as nasionale taal die eerste ampstaal (an phríomhtheanga oifigiúil) van die Republiek Ierland, en sowat 1,6 miljoen van die 4,1 miljoen burgers kan tans Iers praat. Daar is ook enkele duisend Ierssprekers in Noord-Ierland, die Verenigde State, Kanada en Australië. Volgens 'n besluit, wat deur die Europese Ministers van Buitelandse Sake op 13 Junie 2005 geneem is, het Iers op 1 Januarie 2007 ook een van die amptelike tale van die Europese Unie geword.

Behalwe vir klein gebiede in die weste van die Ierse eiland (die sogenaamde Gaeltachtaí) – veral in Waterford, Wes-Kerry, Wes-Cork, Connemara, Mayo en Donegal (Ulster, Noord-Ierland) – word Iers nie meer as moedertaal gepraat nie en is grootliks deur Engels verdring. Iers is die daaglikse omgangstaal vir sowat 120 000 mense. 'n Bykomende 165 000 sprekers in Noord-Ierland en 25 000 in die Verenigde State besig Iers óf as hulle huistaal óf het 'n behoorlike kennis daarvan.

Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Taalgeskiedenis Ethnologue, Gaelic, Irish: a language of Ireland
  • Aidan Doyle: A History of the Irish Language. From the Norman Invasion to Independence. Oxford: Oxford University Press 2015, bl. 12
  • Údarás na Gaeltachta: Background on the Irish Language. Besoek op 22 September 2016
  • Aidan Doyle: A History of the Irish Language. From the Norman Invasion to Independence. Oxford: Oxford University Press 2015, bl. 10
  • Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Eksterne skakels Wysig

    Wikipedia
    Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Iers-Gaelies
    • (en) "Irish language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 7 April 2020.
    • Gaeilge ar an ghréasán Ierse aanlynhulpbronne Geargiveer 19 Julie 2005 op Wayback Machine
    • Foras na Gaeilge Geargiveer 20 Oktober 2008 op Wayback Machine
    • Daltaí na Gaeilge – Ierse Taalinligting en Hulpbronne
    • ethnologue verslag oor Iers-Gaelies
    • Iers – Engels Woordeboek
    • Gaeliese Woordeboeke
    • Braesicke's Gramadach na Gaeilge (Engelse vertaling)
    • Kids.net.au Artikel Geargiveer 14 Mei 2005 op Wayback Machine


    Indo-Europese tale: Kentum-tale: Kelties
    Eiland-Keltiese tale
    Goidelies:Iers-Gaelies | Skots-Gaelies (SkotlandKanada) | Manx-Gaelies | Galweegse-Gaelies †
    Britonies:Wallies | Kornies | Bretons | Cumbries † | Piekties †
    Vasteland-Keltiese tale
    Vasteland-Keltiese tale:Gallies †: | Leponties † | Galaties †
    Keltiberies †
    Gemengde Tale
    Gemengde Tale:Shelta | Bungee †
    Uitgestorwe
    🔥 Top keywords:

    Iers-Gaelies

    Die Ierse taal (Iers: Gaeilge, [ˈɡeːlʲɟə], of Gaeilge na hÉireann, Iers-Gaelies) vorm saam met Skots-Gaelies en Manx-Gaelies, die taal van die Eiland Man, die Gaeliese of Goideliese groep van die Keltiese tale. Die woord Goidelies is afgelei van die Oud-Ierse goídel Ier.