Hamilton, Ontario

Hamilton
HamiltonOntarioSkylineC.JPG

KaartWapen
Map of Ontario HAMILTON.svg
Blason ville ca Hamilton (Ontario).svg
Vlag
Flag of Hamilton.svg
 LandFlag of Canada.svg Kanada
 ProvinsieFlag of Ontario.svg Ontario
 Koördinate43°15′N 79°52′W / 43.250°N 79.867°W / 43.250; -79.867
 Stigting1812
 Inkorporasie9 Junie 1846
 Oppervlakte: 
 - Totaal1 138,11 vk km
 Hoogte bo seevlak75-324 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2006)504 559
 - Bevolkingsdigtheid451,6/vk km
 - Metropolitaanse gebied692 911
 TydsoneUTC -5 (Oostelike tyd)
 BurgemeesterFred Eisenberger
 Amptelike Webwerfmyhamilton.ca

Hamilton in die provinsie Ontario is die tiende grootste stad van Kanada en 'n belangrike hawe aan die Ontariomeer met sowat 'n halfmiljoen inwoners.

Vroeg in die 19de eeu was Hamilton een van die kandidate wat meegeding het as een van die kandidaatstede vir die administratiewe setel van Ontario. Alhoewel die stad uiteindelik nie gekies is nie, het talle sakemanne en politikusse hulle kantore hier ingerig. Die bekendste is die Dundurn Castle met 35 kamers, die tuiste van 'n voormalige Eerste Minister van die provinsie.

Hamilton het later in 'n sentrum van die yster- en staalnywerheid ontwikkel, alhoewel die dienstesektor vandag 'n al hoe groter rol speel. Bekende instellings in die stad sluit die vliegtuigmuseum Canadian Warplane Heritage, die Kanadese Football Hall of Fame en die Koninklike Botaniese Tuin (Royal Botanical Gardens) in.


Hamilton, Ontario

Hamilton