Druiwe is 'n vrugtige bessie aan die houtagtige druiwestok van die botaniese genus Vitis. Druiwe word rou geëet of gebruik vir die maak van wyn, asyn, rosyntjies, konfyt, druiwesap, jellie, druiwepitekstrak en druiwepitolie.

Druiwe
Wit tafeldruiwe
Bestanddele van druiwe per 100 g
Energiewaarde288 kJ
Water80,5 g
Proteien0,72 g
Koolhidrate18,1 g
Vet0,16 g
Vesel0,9 g
Vitamien A66 i.u.
Vitamien B10.069 mg
Vitamien B20,07 mg
Vitamien B30,188 mg
Vitamien B60,086 mg
Folaat, totale2 ug
Vitamien C3,2 mg
Vitamien E0,19 mg
Vitamien K14,6 ug
Mangaan0,071 mg
Kalsium10 mg
Natrium2 mg
Yster0,36 mg
Magnesium7 mg
Fluoried7,8 ug
Fosfor20 mg
Kalium191 mg
Sink0,07 mg

[1]

Druiwe in 2008 geproduseer in Iran.

Beskrywing

Druiwe is 'n tipe vrug wat in trosse van 15 - 300 korrels gedra word, en kan bloedrooi, swart, donker blou, geel, groen, oranje en pienk wees. "Wit" druiwe is eintlik groen van kleur, en word evolusionêr afgelei van die pers druiwe. Mutasies in twee regulerende gene van wit druiwe verhoed die produksie van antosianiene, wat verantwoordelik is vir die kleur van die pers druiwe.[2] Antosianiene en ander pigment chemikalieë van die groter familie van polifenole in pers druiwe is verantwoordelik vir die verskillende skakerings van pers in rooi wyne.[3][4] Druiwekorrels het tipies 'n ellipsoïde vorm wat lyk soos 'n prolaat-sferoïde.

Wingerdsoorte

 
Concord is 'n variëteit van die blou Noord-Amerikaanse labrusca druif

Die meeste druiwe kom van kultivars van Vitis vinifera, die Europese wingerdstok inheems aan die Middellandse See en Sentraal-Asië. Kleiner opbrengste van vrugte en wyn kom van die Amerikaanse en Asiatiese spesies soos:

  • Vitis labrusca, die Noord-Amerikaanse tafel- en druiwesapdruif (insluitend die Concord-kultivar), waarvan soms ook wyn gemaak word, is inheems aan die Ooste van die Verenigde State en Kanada.
  • Vitis riparia, 'n wilde wingerdstok van Noord-Amerika, word soms gebruik vir wynmaak en konfyt. Dit is inheems aan die hele Oos-VSA en noord tot in Quebec.
  • Vitis rotundifolia, die muskaatdruif, wat gebruik word vir konfyt en wyn, is inheems aan die suidoostelike deel van die VSA van Delaware aan die Golf van Meksiko.
  • Vitis amurensis is die belangrikste Asiatiese spesie.
Top druiwe produserende lande
(in metrieke ton)
RangLand2009201020112012
1  Volksrepubliek China8,038,7038,651,8319,174,2809,600,000 F
2  Verenigde State6,629,1986,777,7316,756,4496,661,820
3  Italië8,242,5007,787,8007,115,5005,819,010
4  Frankryk6,101,5255,794,4336,588,9045,338,512
5  Spanje5,535,3336,107,6175,809,3155,238,300
6  Turkye4,264,7204,255,0004,296,3514,275,659
7  Chili2,600,0002,903,0003,149,3803,200,000 F
8  Argentinië2,181,5672,616,6132,750,0002,800,000 F
9  Iran2,305,0002,225,0002,240,0002,150,000 F
10  Suid-Afrika1,748,5901,743,4961,683,9271,839,030
11  Australië1,797,0121,684,3451,715,7171,656,621
Wêreld58,521,41058,292,10158,500,11867,067,128
Bron: UN Food & Agriculture Organization [5] F=FAO skatting

Verwysings

  1. "USDA National Nutrient Database - inskrywing vir druiwe". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2015. Besoek op 3 April 2013.
  2. {{#if:17316172|PMID 17316172 (Sjabloon:Catalog lookup link)
    Citation will be completed automatically in a few minutes. Jump the queue or expand by hand
  3. {{#if:12074959|PMID 12074959 (Sjabloon:Catalog lookup link)
    Citation will be completed automatically in a few minutes. Jump the queue or expand by hand
  4. {{#if:14599515 |PMID 14599515 (Sjabloon:Catalog lookup link)
    Citation will be completed automatically in a few minutes. Jump the queue or expand by hand
  5. "Druiweproduksie per land en jaar". FAO. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2016. Besoek op 12 Februarie 2014.

Eksterne skakels


Druiwe

Druiwe is \'n vrugtige bessie aan die houtagtige druiwestok van die botaniese genus Vitis. Druiwe word rou geëet of gebruik vir die maak van wyn, asyn, rosyntjies, konfyt, druiwesap, jellie, druiwepitekstrak en druiwepitolie.