Bloed is 'n vloeibare, sirkulerende weefsel en 'n klewerige, donkerrooi, ondeursigtige vloeistof met 'n souterige smaak. Hoewel dit na 'n homogene vloeistof lyk, bestaan dit in werklikheid uit 'n vloeibare deel, die bloedplasma, en verskillende bloedliggame wat daarin dryf. Die bloedplasma is saamgestel uit water, proteïene, anorganiese soute, organiese bestanddele, gasse en sekresies. Die bloedliggame is saamgestel uit rooibloedselle (eritrosiete), witbloedselle (leukosiete) en plaatjies (trombosiete).

'n Paar rooibloedselle
'n Bloeiende vinger
'n Bloedskenker

Sien ook

Bron

  • Senior Biologie, Du Toit, Van Rensburg, Du Toit, Botha, Van der Merwe, Volschenk, Van der Westhuyzen, De Kock, Niebuhr. Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Beperk, 1989.

Eksterne skakels


Bloed

Bloed is \'n vloeibare, sirkulerende weefsel en \'n klewerige, donkerrooi, ondeursigtige vloeistof met \'n souterige smaak. Hoewel dit na \'n homogene vloeistof lyk, bestaan dit in werklikheid uit \'n vloeibare deel, die bloedplasma, en verskillende bloedliggame wat daarin dryf. Die bloedplasma is saamgestel uit water, proteïene, anorganiese soute, organiese bestanddele, gasse en sekresies. Die bloedliggame is saamgestel uit rooibloedselle (eritrosiete), witbloedselle (leukosiete) en plaatjies (trombosiete).