YouTube

Webwerf wat gebruikers in staat stel om video's te kyk

YouTube is 'n webwerf wat gebruikers in staat stel om video's op te laai, koers, kommentaar, deel, en na ander opgelaaide video's te kyk. Die webwerf behels films, musiek videos, nuus, opvoedkundige programme, sowel as video blogs, skyfievertonings, humoristiese video's, en nog baie meer te kyk. YouTube is tans die grootste video webwerf op die Internet.

YouTube
TipeFiliaalmaatskappy
Gestig14 Februarie 2005
HoofkantoorSan Bruno, KaliforniëVerenigde State
SleutelpersoneSusan Wojcicki (hoofuitvoerendebeampte)
Chad Hurley (raadgewer)
Gebied bedienWêreldwyd, behalwe vir afkeurende lande
IndustrieInternet
ProdukteVideooplaaidiens
MoedermaatskappyAlphabet Inc.
SlagspreukBroadcast Yourself (2005–2012)
Webwerfyoutube.com
Van links na regs: Chad Hurley, Steve Chen en Jawed Karim.
YouTube se hoofkantoor in San Bruno, Kalifornië
YouTube
Taal(e)Veeltalig, onder andere Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Pools, Russies, Spaans, Italiaans, Portugees, Koreaans, Chinees en Nederlands.
RegistrasieOpsioneel
EienaarGoogle
Opgerig15 Februarie 2005
Huidige statusAktief
URLwww.youtube.com

YouTube is in Februarie 2005 opgerig deur drie voormalige PayPal medewerkers. 'n Groot verskil met ander video webwerwe in die tyd was dat alle video's outomaties omgeskakel word na een formaat wat vir baie mense toeganklik is, Flash video (.flv). Dit, gekombineerd daarmee dat die hele webwerf gratis vir gebruik is, het daarvoor gesorg dat YouTube nou die grootste videowebwerf op die internet geword het, en één van die grootste webwerwe op die internet in sy geheel.

Die meerderheid van die video's op YouTube word deur indiwiduë uit die publiek uit opgelaai, alhoewel sommige mediamaatskappye soos CBS, BBC, VEVO, Hulu en andere ook van hulle eie materiaal beskikbaar stel. Ongeregistreerde YouTube gebruikers kan gratis na video's kyk, terwyl geregistreerde gebruikers video's kan oplaai. Sommige video's wat as moontlik beledigend of aanstootlik beskou word, kan slegs deur geregistreerde gebruikers van ouer as 18 jaar gekyk word. In November 2006 is YouTube deur Google oorgeneem, teen 'n bedrag van 1.65 miljard Amerikaanse dollar. YouTube is dus tans as 'n onderafdeling van Google.

Daar word nie baie statistieke uitgegee nie, maar in Julie 2006 het YouTube 'n berig uitgegee dat daar elke dag meer as 100 miljoen video's gekyk word, en in die hele maand was uiteindelik 2,5 miljard video's afgelaai. Net in Januarie 2008 is daar al 3 miljard video's deur slegs 79 miljoen mense afgelaai.

Gevolg van die sukses van YouTube

wysig

Voor die loods van hierdie webwerf, was daar baie min geleenthede gewees om video's op die Internet te laai. Ná YouTube begin is, het daar 'n hele aantal ander webwerwe opgespring wat ook gebruikers in staat gestel het om video's op die Internet te laai.

Kopiereg

wysig

In ruil vir die stoor van die video's moet die oplaaier van alle outeursregte afstand doen. Dit beteken dat jy nie iemand anders se werk mag oplaai indien dit onder kopiereg beskerm word nie. In sommige gevalle bevat opgelaaide video's wel materiaal wat onder kopiereg staan, en kan hulle soms deur YouTube geblokkeer word.

Die skending van kopiereg deur YouTube gebruikers het al tot verskeie regsgedinge gelei. In Maart 2007 het Viacom in 'n saak teen Google, die YouTube eienaar, 'n bedrag van 1 miljard dollar geëis omdat daar 160 000 van sy video's op YouTube beskikbaar was. In September 2007 is YouTube deur 20th Century Fox gedwing om honderde video's te verwyder. Verskeie mediagroepe, waaronder Sony BMG, BBC en Samsung het egter al ooreenkomste met YouTube bereik waarvolgens hulle video- en klankmateriaal wel in sommige gevalle gebruik mag word.

Hoe dit werk

wysig

Op YouTube mag gebruikers video's oplaai met 'n maksimum grootte van 1 024 MB, maar elke video mag slegs 10 minute lank wees. Formate soos .avi (XviD met MP3), .mp4 (H.264 met AAC+,) .mov, .mpeg word aanvaar. Die video's word omgeskakel na .flv, met daarin die H.263 videoenkodering en 64kbit/s MP3 monogeluid. Die datastroom het 'n totale bitrate van +/- 330 kbit/s, die resolusie is 320x240. Sedert Maart 2008 gee YouTube ook die keuse om die video's in hoër gehalte af te laai. Die resolusie is verhoog van 320x240 na 480x360.

Daar is twee moontlikhede: tik jy &fmt=6 agter die adres van die video in jou webblaaier, dan kry jy 'n H.263 stroom van +/- 600kbit/s met 96kbit/s MP3 mono. Met &fmt=18 kan jy luister na 'n stereostroom, die formaat is dan nie .flv nie, maar .mp4. Die .mp4 bestaan uit 'n H.264-beeldstroom van 300-400kbit/s en +/- 128kbit/s AAC-geluid.

Lokalisasie

wysig
Lande met YouTube-lokalisering
YouTube se status volgens lande: ██ Plaaslike YouTube-weergawe ██ Geblokkeer ██ Voorheen geblokkeer ██ Toeganklik

Op 19 Junie 2007 was Eric E. Schmidt in Parys om die nuwe lokaliseringstelsel van stapel te stuur. In die volgende lande is die stelsel al in werking gestel:

LandTaleOprigtingsdatum
 Verenigde State (en wêreldwyde bekendstelling)Engels15 Februarie 2005[1]
 BrasiliëPortugees19 Junie 2007[1]
 FrankrykFrans en Baskies19 Junie 2007[1]
 IerlandHiberno-Engels19 Junie 2007[1]
 ItaliëItaliaans19 Junie 2007[1]
 JapanJapannees19 Junie 2007[1]
 NederlandNederlands19 Junie 2007[1]
 PolePools19 Junie 2007[1]
 SpanjeSpaans, Galicies, Katalaans en Baskies19 Junie 2007[1]
 Verenigde KoninkrykEngels19 Junie 2007[1]
 MeksikoSpaans11 Oktober 2007[2]
 HongkongChinees en Engels17 Oktober 2007[3]
 Republiek van ChinaChinees18 Oktober 2007[4]
 AustraliëEngels22 Oktober 2007[5]
 Nieu-SeelandEngels22 Oktober 2007[5]
 KanadaKanadese Frans en Kanadese Engels6 November 2007[5]
 DuitslandDuits8 November 2007[6]
 RuslandRussies13 November 2007[7]
 Suid-KoreaKoreaans23 Januarie 2008[8]
 IndiëHindi, Bengaals, Engels, Gujarati, Kannada, Malayalam, Marathi, Tamil, Telugu en Oerdoe7 Mei 2008[9]
 IsraelHebreeus16 September 2008
 TsjeggiëTsjeggies9 Oktober 2008[10]
 SwedeSweeds22 Oktober 2008[11]
 Suid-AfrikaAfrikaans, Zoeloe en Engels17 Mei 2010[1]
 ArgentiniëSpaans8 September 2010[12]
 AlgeriëFrans en Arabies9 Maart 2011[13]
 EgipteArabies9 Maart 2011[13]
 JordaniëArabies9 Maart 2011[13]
 MarokkoFrans en Arabies9 Maart 2011[13]
 Saoedi-ArabiëArabies9 Maart 2011[13]
 TunisiëFrans en Arabies9 Maart 2011[13]
 JemenArabies9 Maart 2011[13]
 KeniaSwahili en Engels1 September 2011[14]
 FilippyneFilippyns en Engels13 Oktober 2011[15]
 SingapoerEngels, Maleis, Chinees en Tamil20 Oktober 2011[16]
 BelgiëFrans, Nederlands, en Duits16 November 2011[1]
 ColombiaSpaans30 November 2011[17]
 UgandaEngels2 Desember 2011[18]
 NigeriëEngels7 Desember 2011[19]
 ChiliSpaans20 Januarie 2012[20]
 HongaryeHongaars29 Februarie 2012[21]
 MaleisiëMaleis en Engels22 Maart 2012[22]
 PeruSpaans25 Maart 2012[23]
 Verenigde Arabiese EmirateArabies en Engels1 April 2012[24]
 GriekelandGrieks1 Mei 2012
 IndonesiëIndonesies en Engels17 Mei 2012[25]
 GhanaEngels5 Junie 2012[26]
 SenegalFrans en Engels4 Julie 2012[27]
 TurkyeTurks1 Oktober 2012[28]
 OekraïneOekraïens13 Desember 2012[29]
 DenemarkeDeens1 Februarie 2013[30]
 FinlandFins en Sweeds1 Februarie 2013[31]
 NoorweëNoors1 Februarie 2013[32]
 SwitserlandDuits, Frans en Italiaans29 Maart 2013[33]
 OostenrykDuits29 Maart 2013[34]
 RoemeniëRoemeens18 April 2013[35]
 PortugalPortugees25 April 2013[36]
 SlowakyeSlowaaks25 April 2013[37]
 BahreinArabies16 Augustus 2013[38]
 KoeweitArabies16 Augustus 2013[38]
 OmanArabies16 Augustus 2013[38]
 KatarArabies16 Augustus 2013[38]
 Bosnië en HerzegowinaBosnies, Kroaties en Serwies17 Maart 2014
 BulgaryeBulgaars17 Maart 2014[39]
 KroasiëKroaties17 Maart 2014[40]
 EstlandEstnies17 Maart 2014[41]
 LetlandLets17 Maart 2014[42]
 LitaueLitaus17 Maart 2014
 MontenegroSerwies en Kroaties17 Maart 2014
 Noord-MasedoniëMacedonies, Serwies en Turks17 Maart 2014
 SerwiëSerwies17 Maart 2014
 SloweniëSloweens17 Maart 2014[43]
 ThailandThai1 April 2014[44]
 LibanonArabies1 Mei 2014[38]
 Puerto RicoSpaans en Engels23 Augustus 2014
 YslandYslands?, 2014
 LuxemburgFrans en Duits?, 2014
 ViëtnamViëtnamees1 Oktober 2014
 LibiëArabies1 Februarie 2015
 TanzaniëSwahili en Engels2 Junie 2015
 ZimbabweEngels2 Junie 2015
 AzerbeidjanAzerbeidjans12 Oktober 2015[45]
 BelarusRussies12 Oktober 2015[45]
 GeorgiëGeorgies12 Oktober 2015[45]
 KasakstanKasaks12 Oktober 2015[45]
 NepalNepalees12 Januarie 2016[46]
 PakistanOerdoe en Engels12 Januarie 2016[47]
 Sri LankaSingalees en Tamil12 Januarie 2016[46]
 IrakArabies?, 2016
 JamaikaEngels?, 2016

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 Sayer, Peter (19 Junie 2007). "Google launches YouTube France News" (in Engels). PC Advisor. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2011. Besoek op 3 Augustus 2009.
  2. "Presentan hoy YouTube México" (in Spaans). El Universal. 11 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2009. Besoek op 9 September 2008.
  3. "中文上線 – YouTube 香港中文版登場!" (in Chinees). Stanley5. 17 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 2 Januarie 2012.
  4. "YouTube台灣網站上線 手機版再等等" (in Engels). ZDNet. 18 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2010. Besoek op 2 Januarie 2012.
  5. 5,0 5,1 5,2 Nicole, Kristen (22 Oktober 2007). "YouTube Launches in Australia & New Zealand" (in Engels). Mashable. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 3 Augustus 2009.
  6. Ostrow, Adam (8 November 2007). "YouTube Germany Launches" (in Engels). Mashable. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 3 Augustus 2009.
  7. "YouTube перевелся на русский" (in Russies). Kommersant Moscow. 14 November 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 22 Maart 2012.
  8. Williams, Martyn (23 Januarie 2008). "YouTube Launches Korean Site" (in Engels). PC World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2012. Besoek op 22 Maart 2012.
  9. Joshi, Sandeep (8 Mei 2008). "YouTube now has an Indian incarnation". The Hindu (in Engels). Chennai, India. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2013. Besoek op 3 Augustus 2009.
  10. Bokuvka, Petr (12 Oktober 2008). "Czech version of YouTube launched. And it's crap. It sucks". The Czech Daily Word (in Engels). Wordpress.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2020. Besoek op 3 Augustus 2009.
  11. "Launch video unavailable when YouTube opens up in Sweden" (in Engels). 23 Oktober 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Desember 2012.
  12. "YouTube launches in Argentina" (in Engels). 9 September 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2010. Besoek op 9 September 2010.
  13. 13,0 13,1 13,2 13,3 13,4 13,5 13,6 "YouTube Launches Local Version For Algeria, Egypt, Jordan, Morocco, Saudi Arabia, Tunisia and Yemen" (in Engels). ArabCrunch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 13 Maart 2011.
  14. Jidenma, Nmachi (1 September 2011). "Google launches YouTube in Kenya" (in Engels). The Next Web. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 22 Maart 2012.
  15. (en) Nod, Tam (13 Oktober 2011). "YouTube launches 'The Philippines'". The Philippine Star. Besoek op 13 Oktober 2011.
  16. "YouTube Launches Singapore Site" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2011. Besoek op 23 September 2015.
  17. "YouTube launches localized website for Colombia" (in Engels). 1 Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 1 Desember 2011.
  18. (en) "Google Launches YouTube Uganda". 2 Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2012. Besoek op 15 Januarie 2012.
  19. (en) "Google to Launch YouTube Nigeria Today". 7 Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2012. Besoek op 15 Januarie 2012.
  20. "Google launches YouTube Chile" (in Engels). 19 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2012. Besoek op 22 Maart 2012.
  21. (en) "Google Launches Hungarian YouTube". 12 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2013. Besoek op 22 Maart 2012.
  22. "YouTube Launches Local Domain For Malaysia" (in Engels). 22 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2017. Besoek op 22 Maart 2012.
  23. "YouTube Peru Launched, Expansion continues" (in Engels). 27 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2017. Besoek op 1 April 2012.
  24. Bindu Suresh Rai (2 April 2012). "UAE version of YouTube launched" (in Engels). Emirates 247. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 14 Februarie 2014.
  25. (en) "YouTube Launches Indonesian Version". 15 Junie 2012. Besoek op 8 Julie 2012.
  26. "Google launches YouTube in Ghana" (in Engels). 22 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2017. Besoek op 8 Julie 2012.
  27. "YouTube launches local portal in Senegal"" (in Engels). 16 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2012. Besoek op 25 Julie 2012.
  28. (en) "YouTube's Turkish version goes into service". 1 Oktober 2012. Besoek op 1 Oktober 2012.
  29. Tarasova, Maryna (13 Desember 2012). "YouTube приходить в Україну!" (in Oekraïens). Oekraïne: Google Ukraine Blog. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2016. Besoek op 23 April 2017.
  30. "YouTube lanceres i Danmark" (in Deens). Denemarke: iProspect. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2013. Besoek op 17 April 2013.
  31. Sormunen, Vilja (6 Februarie 2013). "YouTube Launches in the Nordics" (in Engels). Nordies: KLOK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 11 Februarie 2013.
  32. (no) "YOUTUBE LAUNCHED IN NORWAY". Noorweë: TONO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2013. Besoek op 17 April 2013.
  33. "YouTube goes Swiss" (in Engels). Switserland: swissinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 17 April 2013.
  34. "YouTube.at seit Donnerstag online" (in Duits). Oostenryk: Wiener Zeitung. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2018. Besoek op 17 April 2013.
  35. "Youtube România se lansează într-o săptămână" (in Roemeens). Roemenië: ZF.ro. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2014. Besoek op 14 Mei 2013.
  36. (pt) "Google lança versão lusa do YouTube". Portugal: Luso Noticias. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 14 Mei 2013.
  37. Tomáš Švec (21 Mei 2013). "Slováci už môžu oficiálne zarábať na tvorbe videí pre YouTube" (in Slowaaks). Vat Pravda. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 24 Februarie 2014.
  38. 38,0 38,1 38,2 38,3 38,4 Nick Rego (16 September 2013). "YouTube expands monetization and partnership in GCC" (in Engels). tbreak Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2018. Besoek op 14 Februarie 2014.
  39. Ивелина Атанасова (18 Maart 2014). "YouTube рекламата става достъпна и за България" (in Bulgaars). New Trend. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2017. Besoek op 5 April 2014.
  40. "Oglašavanje na video platformi YouTube od sad dostupno i u Hrvatskoj" (in Kroaties). Lider. 19 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2016. Besoek op 5 April 2014.
  41. (et) Siiri Oden (19 Maart 2014). "Youtube reklaamid – uued võimalused nüüd ka Eestis!". Meedium. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2014. Besoek op 5 April 2014.
  42. Marta (19 Maart 2014). "Tagad reklāmas iespējas Youtube kanālā iespējams izmantot arī Latvijā" (in Litaus). Marketing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2014. Besoek op 5 April 2014.
  43. (sl) STA (18 Maart 2014). "Na Youtube prihajajo tudi slovenski video oglasi" (in Sloweens). Dnevnik. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 5 April 2014.
  44. (en) Asina Pornwasin (3 April 2014). "YouTube introduces homepage especially". The Nation. Besoek op 4 April 2014.
  45. 45,0 45,1 45,2 45,3 Stephen Hall (22 Oktober 2015). "YouTube continues global expansion w/ versions of its site in 7 new locales" (in Engels). 9to5 Google. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 18 Maart 2016.
  46. 46,0 46,1 (en) "YouTube launches Nepal, Pakistan, Sri Lanka-specific homepages". The Himalayan Times. 13 Januarie 2016. Besoek op 31 Januarie 2016.
  47. (en) "YouTube launches country-specific homepage for Pakistan". The Express Tribune. 12 Januarie 2016. Besoek op 31 Januarie 2016.

Eksterne skakels

wysig