Anale seks

Inplasing van die penis in die anus of ander seksuele aktiwiteit wat die anus betrek

Anale seks, of anale omgang, is 'n vorm van menslike seksuele omgang. Alhoewel daar verskeie seksuele aktiwiteite is wat die anus, anale holte, sluitklep en/of rektum betrek, verwys die term "anale seks" na die gebruik waar die penis in die anus geplaas word. Hierdie wyse van seksuele omgang word beskou as een wat 'n hoë risiko dra te wyte aan die kwesbaarheid van die anale weefsel en die septiese geaardheid van die anus.[1]

Voorstelling van Hadrianus wat in Egipte anale omgang met Antinous het deur die skilder Édouard-Henri Avril

Kultuurwysig

Hierdie tipe seksuele omgang is al vanaf vroegtyd in 'n wye verskeindenheid kulture opgeteken. In gevalle waar dit geskied tussen twee mans is dit in sommige lande onwettig en is deur alle eeue deur sommige veroordeel, selfs voor die Christen-tydperk.[2] Anale seks word beoefen deur mense met enige seksuele identiteit of oriëntasie. Alhoewel dit meer gereeld onder manlike pare voorkom, is daar meer heteroseksuele paartjies wat anale seks beoefen in absolute terme.[3]

Shunga, Suzuki Harunobu

Tegniek, veiligheidwysig

Gewoonlik word een of ander vorm van kunsmatige smering tydens anale omgang gebruik. Daar is twee sluitspiere by die ingang en net binne-in die anus geleë. Hulle is gewoonlik gesluit. Die buitenste sluitspier kan na willekeur ontspan of saamgetrek word, maar die binneste is minder onder bewustelike beheer. Die persoon wat tydens anale omgang aan die ontvangkant is, moet leer om die buitenste sowel as die binneste sluitspier te ontspan ten einde pyn tydens anale gemeenskap te vermy. Hoewel kunsmatige hulpmiddels hiervoor gebruik kan word, is dit waar van die meeste passiewe vennote in anale omgang dat die spiere albei ontspan wanneer hulle op hulle gemak is met hulle maat. Wanneer die penis verby die sluitspiere beweeg het, bereik dit die rektum, wat wyd is en nie pyn registreer nie. Stimulering van die prostaatklier lei tot 'n besonder intense en soms ook langdurige orgasme by die passiewe vennoot, oftewel die ontvanger.

Die gebruik van 'n kondoom tydens anale omgang is veral belangrik, omdat die wand van die anus makliker skeur as dié van die vagina. 'n Smeermiddel met 'n waterbasis moet gebruik word, aangesien dié met oliebasis die struktuur van 'n kondoom aftakel en tot die oordrag van seksueel oordraagbare siektes kan lei. Boonop is die slymwand van die anus hoogs absorberend en kan oliegebaseerde smeermiddels tot probleme lei.

Die algemene reël by anale omgang is om op te hou wanneer daar pyn óf bloed aanwesig is.[4]

Beswarewysig

Besware daarteen om die passiewe vennoot in anale gemeenskap te wees, sluit die vrees van "onderwerping" en "vervrouliking" in, maar in gay verhoudings word die rolle gereeld omgeruil ("veelsydigheid" genoem in die populêre kultuur) sodat daar nie 'n oorheersende en 'n ondergeskikte rol kan ontwikkel nie en ook nie sielkundige stereotipering nie. Die beswaar teen pyn hang af van hoe goed die aktiewe vennoot bedeeld is, watter tegniek gebruik word en of die passiewe vennoot op sy of haar gemak is.

Bronnewysig

Diagram Group, Man's Body – An Owner's Manual, Bantam Books, London et. al., 1983.

Verwysingswysig

  1. Centers for Disease Control and Prevention
  2. "Do Something". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2012. Besoek op 19 April 2012.
  3. "Tscali.co.uk". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2007. Besoek op 22 Februarie 2007.
  4. Ses geheime van gay anale omgang[dooie skakel]

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: PornhubTuisbladSpesiaal:SoekCarles PuigdemontSpesiaal:Onlangse wysigingsMarie AntoinetteBernice WestWikibaike: Gebruikersportaal1936Wikibaike: GeselshoekieSwangerskapSeksposisieGordelroosSeksAleksandr SolzhenitsynMarcus Furius CamillusWally AlbrightGlareolidaeSkildklierRyan Lane1120BessieTom SkerrittGretchen CorbettSara Jean UnderwoodThe VerveSpraak1400Al-InfitarSuid-AfrikaWikibaike: HulpEngelsHartversakingCleopatra VIIPornografieAlizée1885Lys van myne in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteSeksuele penetrasieWikibaike: Welkom nuwelingeGianna MichaelsWiki BaikePampoentjiesWikibaike: Nuus vir gebruikersVaginaEjakulasieAfrikaansBosluisbytkoorsGolf van OmanLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Lêer:Pornhub-logo.svgNierversakingSlag van BloedrivierWikibaike: OmtrentDie GelofteJoodse kalenderAbstraksie (rekenaarwetenskap)OmanDemi Lee MooreSlotmasjienPornografiese subgenresLisby LarsonThys die Bosveldklong7de LaanMarion HolmWaterpokkiesVingerseksWikibaike: Algemene spelfouteKategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeuKersfeesPornografiese akteurAppel (sanger)BloeddrukBreinvliesontstekingWikibaike: GebruikersbladOutismeAngina pectorisPeach van PletzenMenstruasieKersliedjies in AfrikaansJaco du PlessisWikibaike: VoorbladartikelSeksueel oordraagbare infeksieWenera 5PenisNarsistiese persoonlikheidsteuringMasturbasieAviva PelhamLyciumKankerNarsismeOnse VaderRoekelose DadeDiepaartromboseHuisvliegKategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeuBorskankerOrale seks