Gaan na inhoud

Zulfah Otto-Sallies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Zulfah Otto-Sallies is ’n rolprentregisseur en jeugboekskrywer van Kaapstad. Sy is veral bekend vir haar jeugverhaal “Diekie van die Bo-Kaap”.

Lewe en werkwysig bron

Zulfah Otto-Sallies is op 28 Mei 1961 in Port Elizabeth gebore, maar trek op ouderdom vyf na die Bo-Kaap waar sy groot word en skoolgaan. Haar vader, die bouer Moegammad Yusuf Otto, is lid van die Kaapse Maleier-koorraad en die Rangers-singkoor. In 1978 matrikuleer sy aan die Hoërskool Vista Senior Sekondêr in die Bo-Kaap, waarna sy verder studeer in Maatskaplike Werk aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Vanaf die ouderdom van dertien skryf sy Afrikaanse woorde op maat van bekende wysies vir haar pa se koor, omdat twee nuwe liedjies (’n massakoorlied en ’n solo) elke jaar vir die koorwedstryd geskryf moet word. Hulle wen saam-saam baie pryse. Hierdie passie vir woorde en musiek lei tot die skryf van ’n musiekspel wanneer sy in 1990 deur haar man se jongste suster gevra word om haar te help met ’n skoolprojek. Hierdie musiekspel gaan oor Diekie en die mense van die Bo-Kaap en is ook haar eerste musiekspel wat opgevoer word in onder andere die Baxter Teater, by die Grahamstad Kunstefees en ook die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Sy skryf die verhaal, liedjies en die lirieke en verwerk die verhaal ook in ’n jeugroman.

In 1994 neem sy ’n Kaapse kulturele groep na Maleisië vir ’n kunstefees waar hulle haar musiekblyspel “Rosa” met groot sukses opvoer en hierdie stuk word in 1996 ook in die Baxter Teater opgevoer. Saam met haar man stig sy Bo-Kaap Produksies, waar sy as regisseur en skrywer werk. Sy lewer ook werk vir Community Video Education Trust, waar sy in die negentigerjare direkteur is, en Cape Film and Video Foundation, waar sy regisseur is. Hierdie betrokkenheid lei daartoe dat sy hierna meeste van haar aandag aan die maak van films gee. Sy maak verskeie hoofsaaklik dokumentêre kortfilms wat op SABC, e-tv en Duitse Televisie uitgesaai word. Hierdie kortfilms sluit in “Moods of the city”, “Clearing the road”, “Houses for the people by the people”, “Help to help yourself”, “The jazz greats”, “Whispers from the Cape Flats”, “From Zambian soil”, “Skills revolution for the Nation”, “Do you want to build a house?”, “I can see tomorrow”, “Framed”, “The Cape Minstrels”, “Isivivane Solwazi” (vir die Robbeneiland Museum), “In die matrix” en “Through the eyes of my daughter”.

Hierna begin sy om haar talente ook tot die maak van kreatiewe films te wend. Sy behaal aan die einde van 2000 ’n meestersgraad by Das Art, ’n nagraadse teaterskool in Amsterdam, waar sy haar toespits op digitale tegnologie in die teater en die rolprent- en televisiebedryf. Vanaf 1998 dien sy as hoof-eksaminator vir die SA Film and Publications Board en sy word ook ’n vennoot in O’dacity Films. Sy is in 2003 kurator van die Cape Town World Cinema Festival en in 2007 word sy aangestel as die hoof van die video tegnieke opleiding van die Apollo Filmfees in Victoria in Australië. Sy is getroud met Shahied en hulle het drie kinders Muneera, Moegammad Gasan en Moegammad Junaid. Haar man tree ook op as direkteur van fotografie in sommige van haar films. In 2001 wen sy ’n Goue Toekenning hy die Stone Awards vir haar filmkuns.

Skryfwerkwysig bron

Haar eerste kortverhaal, “A better life for moms”, word in 1995 gepubliseer, met haar eie Afrikaanse weergawe “’n Beter lewe vir Mams” wat dieselfde jaar in die versamelbundel “Keerpunt” opgeneem word. Die jeugverhaal[1]Diekie van die Bo-Kaap[2]behandel die bedreiging van die tradisionele Moslem leefwyse en die saambindende geloofsidentiteit teen die agtergrond van bendes en dwelms. Diekie en Ice word saam groot, maar ontdek mekaar later en raak verlief. Newe-temas is hulle somtyds stormagtige verhouding met hulle ouers, daggarokery, Ice se swangerskap en hoe hulle en die gemeenskap dit hanteer en die wyse waarop hulle by die tradisies inpas. Die musiekdrama van hierdie verhaal word onder andere by die Baxter-teater in Kaapstad en by die Grahamstad Nasionale Kunstefees opgevoer. Ander produksies soos “Koesister Mentality”, “Echoes from the ghettos” en “Rainbow and the Moon Princess” volg, wat almal by die Victoria & Alfred-teater in die Kaapse Waterfront opgevoer word. Van haar kortverhale word opgeneem in die versamelbundels “Keerpunt” en “Biltong en Barakat”.

Haar kortfilm “Raya” wen ’n toekenning by die Apollo Filmfees in 2000 en word in 2002 op DVD uitgegee saam met twee ander kortfilms uit Afrika onder die titel “Mama Africa”. Hierin word drie geslagte Moslem-vroue behandel en die emosionele groei ondersoek van ’n vrou wat eers die pyn en verantwoordelikhede van ouerskap werklik besef wanneer sy in die tronk geboorte gee aan ’n baba dogtertjie. Hierdie sukses volg sy op met haar eerste vollengte rolprent, naamlik “Don’t touch”, wat in 2006 uitgegee word. Hierdie film vertel die storie van die sestienjarige Layla wat uitvind dat haar vader ingevolge Moslemwette met ’n tweede vrou getrou het. Sy voel bedrieg hierdeur en bevraagteken vir die eerste keer die onbeperkte magte van die patriarg.

Publikasieswysig bron

JaarPublikasies
1997Diekie van die Bo-Kaap

Bronnelyswysig bron

Boekewysig bron

  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
  • Otto-Sallies, Zulfah “Diekie vannie Bo-Kaap” Tafelberg-Uitgewers Kaapstad Eerste uitgawe 1997
  • Rode, Linda en Gerwel, Jakes (samestellers) “Keerpunt” Kwela Boeke Kaapstad Eerste uitgawe Eerste druk 1995
  • Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006
  • Willemse, Hein “Aan die ander kant” Protea Boekhuis Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 2007
  • Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) “Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom” Lapa-Uitgewers  Eerste uitgawe Tweede druk 2005

Tydskrifte en koerantewysig bron

  • Anoniem “‘Raya’ of sunshine” “Star” 9 Mei 2002
  • Botma, Gabriël “Die Burger” 24 Oktober 1992
  • Jenkins, Riana “Deur die oë van my kind” “Die Burger” 18 Junie 2004
  • Medewerker “Filmwêreld gereed vir agtste Sithengi” “Die Burger” 7 November 2003
  • Nieuwoudt, Una “Zulfah vannie Bo-Kaap” “Sarie” 9 April 1997
  • Otto-Sallies, Zulfah “Toe almal geluister het as Ouma praat” “Afrikaans Vandag” Junie 1997
  • Truter, Suzette “Zulfah van die Bo-Kaap” “Sarie” 6 Maart 2002

Internetwysig bron

Verwysingswysig bron

  1. Le Roux, Marina Die Burger: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/1997/04/30/18/6.html Geargiveer 15 November 2012 op Wayback Machine
  2. Whitebooi, Melvin “Rapport” 6 April 1997
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media