Gaan na inhoud

Wetenskaplike klassifikasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wetenskaplike klassifikasie:
Domein
Koninkryk
Filum of Divisie
Klas
Orde
Familie
Genus (geslag)
Spesie (soort)

Wetenskaplike klassifikasie of Taksonomie is 'n hulpmiddel wat in die biologie gebruik word om organismes te klassifiseer. 'n Verskeidenheid eienskappe, soos anatomiese, morfologiese, embriologiese en genetiese eienskappe, gedrag, ensovoorts kan gebruik word om die organismes in kategorieë in te deel.

Bioloë erken 7 basiese en onontbeerlike kategorieë, naamlik die ryk, phylum, klas, orde, familie, genus en spesie. 'n Verdere onderskeid kan tussen die kategorieë gemaak word deur hulle in super-, sub- of infra-eenhede in te deel. Dit is belangrik dat die groot verskeidenheid lewende organismes in groepe ingedeel word wat hulle onderlinge verwantskap toon en wat die groepe wat bymekaarhoort, bymekaargroepeer.

Die Griekse wysgeer Aristoteles het 'n stelsel ontwikkel wat 2 000 jaar lank in gebruik was. Carolus Linnaeus het in die 18e eeu 'n stelsel ontwikkel waarvan die basiese beginsels vandag nog gebruik word. Die doel van klassifikasie is om organismes so in te deel dat die evolusionêre en funksionele verwantskappe van die groepe duidelik blyk. Die indelingsproses berus op internasionaal aanvaarde standaarde en reëls, wat vereis dat organismes na 'n deeglike studie van die eienskappe of in 'n reeds bestaande groep of in 'n nuwe groep ingedeel word.

Die eienskappe wat gebruik word, kan baie uiteenlopend wees, soos anatomies, morfologies, embriologies, geneties (chromosoomgetalle) of biochemies (aminosuurvolgordes, ensovoorts). Die eienskappe van die organismes word met ander verwante organismes vergelyk en dan word dit in die betrokke groep geplaas. Bioloë gebruik 7 basiese groepe vir die indeling van organismes.

Alle lewende organismes word deur die meeste bioloë in 5 ryke ingedeel: die diere behoort tot die ryk Animalia, plante tot die ryk Plantae, eensellige plante en diere tot die ryk Protista, swamme en gisse tot die ryk Fungi en die bakterieë en ander prokariote tot die ryk Monera. Die indeling is egter voortdurend onderhewig aan veranderings. Daarna word 'n ryk gewoonlik in phyla (in die geval van diere) of afdelings (in die geval van plante) ingedeel.

'n Voorbeeld van so ʼn indeling is die geleedpotiges (phylum Arthropoda) of die weekdiere (phylum Mollusca). 'n Phylum kan verder onderverdeel word in subphyla, byvoorbeeld die Chordata, wat in onder meer die subphyla Cephalachordata en Vertebrata ingedeel word. Die daaropvolgende indeling is die klas. Die werweldiere, byvoorbeeld, word in 'n aantal klasse ingedeel, soos die beenvisse (klas Osteichthyes), kraakbeenvisse (klas Chondrichthyes), amfibieë (klas Amphibia), reptiele (klas Reptilia), voëls (klas Aves) en soogdiere (klas Mammalia).

Klasse word nou onderverdeel in ordes, byvoorbeeld die soogdiere, wat ingedeel word in die roofdiere of vleiseters (orde Carnivora), die knaagdiere (orde Rodentia), ensovoorts. Die ordes word in families ingedeel, soos die Carnivora, wat onder meer die volgende families, bevat: familie Mustelidae (die otters, muishonde, ensovoorts), die Viveridae (sivette, muskeljaatkatte) en die Felidae (leeus, luiperds, tiere, katte, ensovoorts).

Elkeen van die taxa kan verder gekwalifiseer word deur byvoorbeeld 'n superklas te skep, soos die superklas Pisces, wat al die visse, lewend en uitgestorwe, akkommodeer. Die taxa kan ook tot 'n subeenheid, byvoorbeeld 'n subklas, en ʼn taksonomiese eenheid daaronder, die infraklas, ingedeel word. Die voorvoegsels super-, infra- en sub is op al bogenoemde taxa van toepassing. 'n Aantal ander eenhede soos kohorte of tribus kan ook gebruik word, maar dit is nie baie algemeen nie.

Individuele groepe organismes word gewoonlik aan die hand van hul genus en spesiename aangedui en die metode word die binominale stelsel genoem. 'n Genus is 'n versameling van 'n aantal baie nouverwante soorte of spesies. Spesies kan op verskillende maniere gedefinieer word en die spesiedefinisies van plante en diere verskil. 'n Dierspesie kan gedefinieer word as ʼn groep diere waarvan die lede kan paar en nasate produseer wat kan voortplant. 'n Alternatiewe metode is om spesies te beskou as diere wat 'n gemeenskaplike, spesifieke maatuitkenningstelsel deel, wat beteken dat 'n mannetjie in natuurlike omstandighede net met 'n wyfie van sy eie spesie paar.

Die onderstaande lys wys hoe lewende dinge geklassifiseer word:

'n Organisme se wetenskaplike naam is 'n kombinasie van sy genus en spesie. 'n Hond se wetenskaplike naam is byvoorbeeld Canis familiaris en 'n perd is Equus caballus. Die wetenskaplike naam word gewoonlik kursief (skuinsgedruk) geskryf. Die genus word met 'n hoofletter geskryf en die spesie met 'n kleinletter.

Die volgende tabel is 'n lys van die verskillende koninkryke met ooreenstemmende filums/afdelings (die wetenskaplike naam is soms tussen hakies):

KoninkrykFilum (diere) / afdeling (plante)(1)Voorbeelde
DiereGewerweldes (Vertebrata) / rugstringdiere (Chordata)Vierpotiges (Tetrapoda)Soogdiere, voëls, reptiele, amfibieë
Visse met kakeTuna, haaie, pylsterte
Kaaklose visse (Agnatha)Slymprik, lamprei
Ongewerweldes (Invertebrata)Wurms, slakke.
Ongewerweldes – geleedpotiges (Arthropoda)Spinnekoppe, skerpioene, duisendpote, krappe, insekte
Stekelhuidiges (Echinodermata)Seelelies, seesterre
Protosoë (Protozoa])AmoebozoaAmoeba
PlanteBlomplante (Angiospermae)
Varingplante (Pteridophyta)Varings
Denne (Pinophyta)Dennebome
Bakterieë
Skimmels/swamme (Fungi)Paddastoele
Protiste (Protista)
Eensellige mikro-organismes (Archaea)

Nota:
Sien Filum vir 'n redelik volledige lys van verskillende filums/afdelings.

Die volgende tabelle van die verskillende filums bou voort op die boonste tabel:

Gewerweldes, rugstringdiere; superklas: vierpotigeswysig bron

KlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
Soogdier (Mammalia)PrimateAap/mensHomosapiensMens
PantroglodytesSjimpansee
Roofdiere (Carnivora)Hondagtiges (Canidae)CanislupisWolf
familiarisAlle honde
Katagtiges (Felidae)PantheraleoLeeu
pardusLuiperd
UrsidaeBere
Onewehoewiges (Perissodactyla)Perd (Equidae)EquuscaballusPerd
zebraSebra
E. africanusDonkie
Ewehoewiges (Artiodactyla)WildsbokOryxgazellaGemsbok
taurotragusEland
Horingdraers (Bovidae)BosBees
OvisSkaap
Kameelagtiges (Camelidae)CamelusdromedariusDromedaris
Walvisagtiges (Cetaceans)Seedolfyne (Delphinidae)Dolfyne
OrcinusMoordvis
Rivierdolfyne (Platanistoidea)Rivierdolfyne
PhocoenidaeSeevarke
Vinwalvis (Balaenopteridae)Walvisse
KnaagdiereMuridaeApodemussylvaticusBosmuis
Rotte
SciuridaeEekhorings
HystricidaeYstervarke
CastoridaeBewers
CaviidaeKapibara (wartervark)
HaasagtigesLeporidaeHase
LepusKonyn
OchotonidaePika
VinvoetigesOtariidaeArctocephaluspusillusKaapse pelsrob
OdobenidaeOdobenusWalrusse
ChiropteraVlermuise
MonotremataOrnithorhynchidaeOrnithorhynchusanatinusEendbekdier
Soogdiere – buideldiere (Marsupialia)DiprotodontiaMacropodidaeKangaroe
PhascolarctidaeKoala
Buidelrotte (Possum)
DidelphimorphiaDidelphidaeBuidelrot (Opossum)
Reptiele (Reptilia)CrocodiliaCrocodylidaeCrocodylusniloticusNyl-krokodil
SquamataViperidaeBitisarietansPofadder
Landskilpaaie (Testudinidae)EmydidaeLandskilpaaie
Seeskilpaaie (Cheloniidae)

Seeskilpaaie

Amfibieë (Amphibia)AnuraPaddas
Voëls (Aves)FalconiformesAccipitridaeHaliaeetusvociferVisarend
FalconidaeFalcoValke

Columbiformes

ColumbidaeDuiwe

Gewerweldes, rugstringdiere; superklas: visse met kakewysig bron

KlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
Osteichthyes(1)Actinopterygii (2)PerciformesScombridaeThunnusTuna
XiphiidaeXiphiasgladiusSwaardvis
AmiiformesAmiidaeBowfin
ClupeiformesClupeidaeHaring
OsteichthyesSarcopterygii (3)CoelacanthiformesSelakant
Chondrichthyes (4)Batoidea (5)LamniformesLamnidaeCarcharodoncarchariasGrootwithaai
OdontaspididaeSaagtandhaai
Chondrichthyes – ElasmobranchiiBatoidea – MyliobatiformesPylstertvis
MyliobatidaeDuiwelvis
Batoidea – RajiformesRajidaeRog/vleet

Notas:

  1. Osteichthyes: Gebeende vis – visse wat gebeende skelette het, teenoor Chondrichthyes wat 'n skelet van kraakbeen het.
  2. Actinopterygii: Straal-/stekelgevinde vis: vinne bestaan uit webbe van vel wat ondersteun word deur beenagtige of horingagtige stekels, teenoor die vlesige, lobbige vinne soos Sarcopterygii.
  3. Sarcopterygii: Lobgevinde
  4. Chondrichthyes: visse wat kake met gepaarde vinne, gepaarde neusgate, skubbe, 'n hart met hartkamers in serie en skelet van kraakbeen het eerder as been, soos Osteichthyes.
  5. Batoidea: Straalvis: Alle visse met vinne wat ondersteun word deur lang beenstroke.

Gewerweldes, rugstringdiere; superklas: kaaklose vissewysig bron

SuperklasKlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
Cyclostomes (1)MyxiniMyxiniformesMyxinidaeSlymprik
HyperoartiaPetromyzontiformesLamprei
Ostracoderms (2)Pteraspidomorphi
Thelodonti
Anaspida
Cephalaspido

Notas:

  1. Cyclostomes: Kaaklose visse met ronde monde met terugtrekbare tande.
  2. Ostracoderms: Kaaklose visse met harde doppe as vel

Ongewerweldeswysig bron

KlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
Gesegmenteerde wurms (Annelida)HaplotaxidaMegascolecidaeAmynthasErdwurms
WeekdiereSpiraalvormigHelicidaeHelixaspersaTuinslak

Ongewerweldes – geleedpotigeswysig bron

KlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
Spinagtiges (Arachnida)AraneaeTheridiidaeLatrodectusL. cinctus
L. indistinctus
L. karooensis
L. renivulvatus
en andere
Knopiespinnekop
TheraphosidaeBobbejaanspinnekop
ScorpionesSkerpioene
DiplopodaDuisendpoot
ChilopodaHonderdpoot
Insekte (Insecta)LepidopteraSkoenlapper
HymenopteraMiere
ColeopteraKewers
OdonataNaaldekoker
MantodeaHottentotsgot

Ongewerweldes – geleedpotiges – skaaldierewysig bron

KlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
MalacostracaDecapodaGrapsidaeKrappe
NephropidaeKreef
PenaeidaeGarnaal
Varswater kreef
MerostomataXiphosuraLimulidaeHoefysterkrap

Nota:
Skaaldiere (Crustacea) vorm 'n baie groot groep van die geleedpotiges en word gewoonlik as 'n subfilum hanteer. Dit sluit bekende diere soos krappe, krewe, varswaterkrewe, garnale, planktonkrefies en eendmossels in.

Stekelhuidigeswysig bron

KlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
OphiuroideaBros sterre
CrinoideaSeelelie
AsteroideaSeesterre
EchinoideaEchinoidaEchinometridaeGriffelseekastaiing

Cnidariawysig bron

SubfilumKlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
AnthozoaKorale
CubozoaCubozoaBoksjellievisse
Hydrozoa
ScyphozoaJellievisse
Staurozoa(stalked jellyfish)

Amoebozoawysig bron

KlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
TubulineaTubulinidaAmoebidaeAmoeba

Amoeba

Plante en bome (kyk by Filum vir 'n lys)wysig bron

AfdelingKlasOrdeFamilieGenusSpesieAlgemene naam
Blomplante (Angiospermae)Magnoliids (2 blare rondom elke saad)LaurelsLauraceaeSassafrasalbidumSassafras
RosalesRosaceaeRose
LilialesLiliaceaeLelies (Lillies)
FagalesFagaceaeAkkerboom
MalpighialesSalicaceaePopulier
FabalesFabaceaeAcaciaDoringboom
Venus-vlieëvanger
BryophytaMosplante
Pteridophyta(1)CaryophyllalesDroseraceaeDionaeamuscipulaVaringplante
Pinophyta(2)PinophytaPinalesPinaceae / PinoideaePinusDenneboom
CycadophytaPalmplante
GinkgophytaGinkgoplante
SphenophytaWigplante

Notas:

  1. Pteridophyta het nie blomme of sade nie en versprei deur spore.
  2. Pinophyta is die gom-/pikplante of kegeldraende plante.

Eksterne skakelswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media