Gaan na inhoud

Vorm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Vorm is die uiterlike voorkoms van iets. Vorms sluit in driehoeke, vierhoeke, vierkante, reghoeke, pentagone, heksagone en heptagone.

Plat, geslote vorms met drie sye word driehoeke genoem. Driehoeke kan in verskillende groepe groepeer deur die lengtes van hulle sye te vergelyk. Plat vorms wat geslote is met slegs reguit sye en geen lyne wat kruis nie, word poligone genoem. Poligone met vier sye word vierhoeke genoem.

In Wiskunde is vorms dieselfde as die aantal en grootte van hulle sye en hoeke dieselfde is. Dit maak nie saak hoe die vorm gedraai word nie. Ons noem vorms wat dieselfde is identies.

’n Vierhoek is enige geslote viersydige vorm. ʼn Mens kan net een vierkant met elke lyn maak, maar baie verskillende reghoeke met elke lyn. ’n Reghoek is ’n viersydige vorm. Alle hoeke van ’n reghoek is regte hoeke en die teenoorstaande sye is ewe lank. ’n Vierkant is ook ’n viersydige vorm. Alle hoeke van ’n vierkant is ook regte hoeke. Al vier sye van ’n vierkant is ewe lank. Vierkante en reghoeke is almal viersydig. So, vierkante en reghoeke is soorte van vierhoeke.

Tweedimensionele vormswysig bron

ʼn Tweedimensionele vorm is ’n plat vorm wat op papier geteken word. ʼn Hoek is die hoeveelheid draaiing tussen twee lyne wat by dieselfde punt bymekaarkom en die bene van ’n hoek is die twee lyne wat bymekaarkom om die hoek te maak.

Reëlmatige veelhoekewysig bron

Al die sye is ewe lank en al die hoeke is ewe groot:

  • Gelyksydige driehoek: Drie gelyke sye. Drie ewe groot hoeke elk 60˚
  • Vierkant: Vier gelyke sye. Vier ewe groot hoeke elk 90°
  • Reëlmatige pentagoon: Vyf gelyke sye. Vyf ewe groot hoeke elk 180°
  • Reëlmatige heksagoon: Ses gelyke sye. Ses ewe groot hoeke elk 120°
  • Reëlmatige heptagoon: Sewe gelyke sye. Sewe ewe groot hoeke elk 128,57°
  • Reëlmatige oktagoon: Agt gelyke sye. Agt ewe groot hoeke elk 135°

Onreëlmatige veelhoekewysig bron

Die sye het verskillende lengtes en die hoeke het verskillende groottes.

Eienskappe van tweedimensionele vormswysig bron

Veelhoekewysig bron

’n Veelhoek is ’n figuur met meer as twee hoeke.

  • Reëlmatige veelhoeke: Reëlmatig beteken dat al die sye van die figuur ewe lank is.
  • Onreëlmatige veelhoeke: Onreëlmatig beteken dat die sye nie ewe lank is nie.

’n Reëlmatige vyfhoek beteken al vyf sye is ewe lank en ’n onreëlmatige seshoek beteken die ses sye is verskillende lengtes.

Soorte veelhoekewysig bron

Driehoek

3 sye

Vierkant

4 sye

Reghoek

4 sye

Parallelogram

4 sye

Pentagoon (vyfhoek)

5 sye

Heksagoon (seshoek)

6 sye

Heptagoon (sewehoek)

7 sye

Oktogoon (agthoek)

8 sye

Reghoeke en Parallelogrammewysig bron

Daar is ’n paar ooreenkomste tussen ’n reghoek en ’n parallelogram. Albei het vier sye en vier hoeke en die teenoorstaande sye is ewe lank. Die hoeklyne halveer mekaar en die teenoorstaande sye is eweredig of parallel. Die hoeklyne halveer ook albei in twee driehoeke wat ewe groot is.

Die reghoek verskil egter van die parallelogram deurdat al vier sy hoeke regte hoeke (90 grade) en die hoeklyne ewe lank is, terwyl die parallelogram se teenoorstaande hoeke gelyk en sy hoeklyne nie ewe lank is nie.

Driehoekewysig bron

Hoeksoortewysig bron

Vierhoekewysig bron

Vierkantwysig bron

  • Het vier sye en vier hoeke.
  • Al vier sye is ewe lank.
  • Al vier hoeke is regte hoeke (90 grade).
  • Hoeklyne is ewe lank.
  • Hoeklyne halveer mekaar.
  • Hoeklyne sny mekaar loodreg (90 grade).
  • Hoeklyne halveer die vierkant in twee ewe groot driehoeke.
  • Teenoorstaande sye is ewewydig of parallel.
  • ‘n Vierkant is simmetries t.o.v. enige hoeklyn.
  • ‘n Vierkant is simmetries t.o.v. die lynstukke wat die middelpunt van die teenoorstaande sye verbind.
  • Alle vierkante is ook ‘n reghoek.

Reghoekwysig bron

  • Het vier sye en vier hoeke.
  • Teenoorstaande sye is ewe lank.
  • Al vier hoeke is regte hoeke (90 grade).
  • Hoeklyne is ewe lank.
  • Hoeklyne halveer mekaar.
  • Hoeklyne sny mekaar nie loodreg (90 grade) nie.
  • Hoeklyne halveer die reghoek in twee driehoeke wat ewe groot is.
  • Teenoorstaande sye is eweredig of parallel.
  • ‘n Reghoek is nie simmetries t.o.v. die hoeklyne nie.
  • ‘n Reghoek is simmetries t.o.v. die lynstukke wat die middelpunt van die teenoorstaande sye verbind.
  • ‘n Reghoek is nie ‘n vierkant nie.

Ruitwysig bron

  • Al vier sye is ewe lank.
  • Beide pare teenoorstaande sye is ewewydig.
  • Beide pare teenoorstaande hoeke is gelyk.
  • Daar is twee stomphoeke en twee skerphoeke.
  • Die hoeklyne halveer die teenoorstaande hoeke.
  • Die hoeklyne sny mekaar loodreg (90 grade).

Parallelogramwysig bron

  • Het vier sye en vier hoeke.
  • Teenoorstaande sye is ewe lank.
  • Teenoorstaande sye is eweredig of parallel.
  • Teenoorstaande hoeke is gelyk.
  • Hoeklyne halveer mekaar.
  • Daar is twee skerphoeke en twee stomphoeke.
  • Hoeklyne verdeel die parallelogram in twee driehoeke wat ewe groot is.

Vlieërwysig bron

  • Twee pare aangrensende sye se lengtes is ewe lank.
  • Slegs een paar teenoorstaande hoeke is gelyk (die hoeke tussen die ongelyke sye).
  • Een hoeklyn halveer die ander hoeklyn en hierdie hoeklyn halveer ook een paar teenoorstaande hoeke.
  • Hoeklyne sny mekaar loodreg (90 grade) en halveer die basislyn.

Trapesiumwysig bron

  • Een paar oorstaande sye is ewewydig of parallel.

Driedimensionele vormswysig bron

  1. Driehoekige prisma
  2. Piramide met ‘n vierkantige basis
  3. Kubus
  4. Piramide met ‘n driehoekige basis
  5. Silinder
  6. Keël of kegel
  7. Seshoekige prisma
  8. Reghoekige prisma of kuboïed

Bronnewysig bron

  • Almal verstaan Wiskunde Graad 5 Leerderboek. 2012. Northlands: Macmillan South Africa
  • Almal verstaan Wiskunde Graad 6 Leerderboek. 2012. Northlands: Macmillan South Africa
  • Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media