Gaan na inhoud

Virginia Rappe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Virginia Rappe
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
GeboortenaamVirginia Caroline Rappe
Geboorte(1891-07-07)7 Julie 1891
Sterfte9 September 1921 (op 30)
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Virginia Caroline Rappe (7 Julie 18919 September 1921) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Paradise Garden (1917) en An Adventuress (1920).

Virginia Rappe is in 1891 in Chicago gebore. Haar ma was ongetroud en het gesterf toe Rappe 11 jaar oud was, waarna sy deur haar ouma grootgemaak is. Sy het op 14-jarige ouderdom as model begin werk. In 1916 verhuis sy na San Francisco om haar loopbaan as naakmodel te volg. Sy het verloof geraak met die klereontwerper Robert Moscovitz, wat kort nadat sy verloof geraak het, in 'n motorongeluk gesterf het. Daarna verhuis sy na Los Angeles en verkry deur regisseur Fred Balshofer in 1917 'n rol in die rolprent Paradise Garden. In daardie jaar het sy saam met die destydse onbekende Rudolph Valentino in die film Over the Rine opgetree, maar die film is eers weer in 1920 onder die naam An Adventuress en later in 1922 as The Isle of Love uitgereik. In 1919 begin sy 'n verhouding met regisseur-produsent Henry Lehrman. Sy het in minstens vier van Lehrman se films verskyn. Aangesien baie van Lehrmans-films verlore gegaan het, is dit nie presies bekend hoeveel rolle sy vertolk het nie.

Rappe was op 5 September 1921 by 'n partytjie in 'n hotel in San Francisco wat deur Roscoe 'Fatty' Arbuckle aangebied is. Sy het daar ernstig siek geword, wat volgens die hoteldokter hoofsaaklik te wyte was aan oormatige drinkery. Sy is morfien gegee vir verdowing. Rappe het al baie swak gesondheid gehad: sy het aan chroniese sistitis gely, wat in kombinasie met haar alkoholmisbruik ernstige pyn veroorsaak het. Twee dae na die voorval moes sy in die hospitaal opgeneem word, waar 'n vriendin met die naam Bambina Maude Delmont beweer het dat Rappe deur Roscoe Arbuckle verkrag is. Geen bewyse hiervan kon egter tydens 'n mediese ondersoek gevind word nie. Rappe is na een dag in die hospitaal dood aan peritonitis (buikvliesontsteking) wat veroorsaak is deur haar blaas wat gebars het. Arbuckle is van verkragting en moord aangekla, maar is later vrygespreek.

Filmografiewysig bron

Rolprentewysig bron

  • The Foolish Virgin (1916)
  • Paradise Garden (1917)
  • Fantasy (1919)
  • His Musical Sneeze (1919)
  • A Twilight Baby (1920)
  • The Isle of Love (1920)
  • The Kick in High Life (1920)
  • An Adventuress (1920)
  • Wet and Warmer (1920)
  • The Punch of the Irish (1921)
  • A Game Lady (1921)

Eksterne skakelswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media