Gaan na inhoud

Tsongas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Sjangaans.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Tsonga

Totale bevolking:onbekend
Belangrike bevolkings  in:Suid-Afrika, Mosambiek.
Taal:Tsonga, Portugees
Geloofsoortuiging:Christene
Verwante etniese groepe:Ngoni, Zoeloe, Ndebele, Xhosa.

Die Tsonga is 'n bevolkingsgroep wat hoofsaaklik Tsonga as taal gebruik.

Geskiedeniswysig bron

Vroeë Portugese verslae dui aan dat die Tsonga alreeds in 1554 in die Maputo-gebied van Mosambiek woonagtig was. Aan die begin van die negentiende eeu was hulle egter nog beperk tot die sentrale en suidelike dele van Mosambiek tussen die Indiese Oseaan en die Lebomboberge. Volgens klassifikasie kan die Tsonga-groep in drie hoofgroepe verdeel word: die suidelike groep (Maputa, Mpfumo en Tembe, waarna saam verwys word as Ronga), 'n sentrale groep (Khosa, Kuna, Mavunda, Valoyi, Maluleke en Nhlanganu) en 'n noordelike groep (Hlengwe en Tswa).

Ons weet baie min van die vroeë geskiedenis van die Tsonga, en tradisies wissel van stamgroep tot stamgroep. Wat ons wel weet, is dat hulle 'n redelik geïsoleerde landboukundige volk was wat oor 'n lang tydperk in verspreide nedersettings gewoon het. Eers toe die Nguni-indringers hul vreedsame bestaan verwoes het, is baie van hulle uitgedryf na die Laeveld-gebiede van die Limpopo-provinsie naby die Nasionale Krugerwildtuin. Daarvandaan het party weswaarts na die binnelandse plato getrek, terwyl sommiges in Mosambiek gebly het. As gevolg van hierdie migrasies word daar deesdae na die Tsonga verwys as òf die Tsongas van Mosambiek òf die Tsongas van Suid-Afrika.

Vandagwysig bron

Kenmerkend van hierdie mense is dat hulle reeds honderde jare lank seelewe langs die strande van Maputaland oes. Hulle is nog steeds hoogs bekwame vissers en hul viskrale en -fuike dateer waarskynlik baie eeue terug. Die visdryfjag is een van hul mees fassinerende tradisies en vind gewoonlik in die wintermaande plaas, wanneer baie van die streek se panne opdroog.Wanneer die watervlakke laag was, sou die mans bymekaarkom en - gewapen met spiese en vismandjies - afsit na die panne toe. 'n Groep sou tot by die middel in die water inloop en die water "klop", waardeur hulle die vis oor die pan sou dryf. Wanneer hulle 'n skool visse geïsoleer het, sou hulle die vis in die mandjies vasvang. Deur 'n gat bo in die mandjie kon hulle dan die visse met die hand vang of met 'n spies steek.Die Tsonga-viskrale en -fuike, wat in hul eenvoudige prag byna na beeldhoukuns lyk, word nog steeds in die helder water van Kosibaai gebou. Dit bestaan uit 'n omheining van dun pale met riete vervleg, wat noukeurig in die waterweë geplaas word op so 'n wyse dat visse wat vanuit die see inswem, of die meer verlaat, in die ronde kraal ingelei en daar vasgekeer word. Hierdie unieke Tsonga-gebruik word van generasie tot generasie gehandhaaf, met elke familie wat sy eie fuik besit. Tsonga-mans is deskundige vlegters en vorm nie net hul eie fuike uit die blare van inheemse plante nie, maar ook ander vlegwerk.


Etniese groepe in Suid-Afrika

AfrikanersAnglo-AfrikaneAsiateGriekwasKaapse MaleiersKhoisanKleurlingeNdebelesNoord-Sotho'sSuid-Sotho'sSwazi'sTsongasTswanasVendasXhosasZoeloes

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media