Gaan na inhoud

Truk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (afgekort as Truk of TRUK) is op 3 Januarie 1963 gestig nadat die Nasionale Teaterorganisasie (NTO) ontbind en deur vier provinsiale rade vervang is.[1] Die doel was om die uitvoerende kunste in die Transvaal te bevorder (die gebied wat nou beslaan word deur Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo). Die raad het ’n subsidie van die staat gekry om verskillende kunsvorms aan te bied en ’n teater te bedryf.

Dit is geregistreer as ’n niewinsgewende vereniging en is bestuur deur ’n raad wat verteenwoordig is deur die provinsiale administrateur en verteenwoorigers van die provinsie, die stede Johannesburg en Pretoria, die departement van nasionale opvoeding, die sakesektor en kunstenaars. Dit het al die fisieke bates van die ou NTO geërf, onder meer verskeie teaters. In die 1980's het die Staatsteater in Pretoria ook bygekom.

Truk het vier kunsvorms aangebied: musiek, opera, ballet en toneel. Dit het klein begin met ’n personeel van omtrent 80 (kunstenaars, tegnici en skoonmakers ingesluit) en het gegroei tot ’n groot administratiewe en tegniese infrastruktuur met ’n aantal permanente geselskappe, insluitende vier toneelgeselskappe in een stadium. Tussen 1963 en 1981 het Truk 484 toneelstukke opgevoer met 18 957 optredes en ’n bywoningsyfer van byna 4,5 miljoen.[1] Van dié stukke was plaaslik, ander was groot oorsese klassieke en moderne werke.

In die 1980's het die administrasie steeds gegroei, maar die permanente kunstenaars is geleidelik vervang met akteurs wat op ’n kontrak aangestel is.

Bibliografiewysig bron

  • TRUK is mondig! Lantern, Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 34, nr. 1, Januarie 1985.

Verwysingswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media