Gaan na inhoud

Tale in Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Drietalige regeringsgebou-teken in Afrikaans, Engels en Xhosa in Stellenbosch

Daar word vele tale in Suid-Afrika gepraat. Daar is elf amptelike tale benewens nie-amptelike tale en die tale van immigrante en asielsoekers. Dit maak Suid-Afrika die land ter wêreld met die naasmeeste amptelike tale ná Indië. Terwyl Indië voorkeur gee aan Engels en Hindi, is al elf amptelike tale volgens die Grondwet van Suid-Afrika gelykwaardig. Twee van die amptelike tale (Afrikaans en Engels) is van Germaanse oorsprong, terwyl die ander nege deel vorm van die Bantoetaalfamilie.

Amptelike talewysig bron

Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van sprekers van Nguni-tale as eerste taal:

   0–20%

   20–40%

   40–60%

   60–80%

   80–100%

Geografiese verspreiding van Nguni-tale in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante:

   <1/km²

   1–3/km²

   3–10/km²

   10–30/km²

   30–100/km²

   100–300/km²

   300–1000/km²

   1000–3000/km²

   >3000/km²

Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van sprekers van Sotho-tale as eerste taal:

   0–20%

   20–40%

   40–60%

   60–80%

   80–100%

Geografiese verspreiding van Sotho-tale in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante:

   <1/km²

   1–3/km²

   3–10/km²

   10–30/km²

   30–100/km²

   100–300/km²

   300–1000/km²

   1000–3000/km²

   >3000/km²

Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van sprekers van Wes-Germaanse tale as eerste taal:

   0–20%

   20–40%

   40–60%

   60–80%

   80–100%

Geografiese verspreiding van Wes-Germaanse tale in Suid-Afrika met bevolkingsdigtheid per vierkante km:

   <1/km²

   1–3/km²

   3–10/km²

   10–30/km²

   30–100/km²

   100–300/km²

   300–1000/km²

   1000–3000/km²

   >3000/km²

Die elf ampstale volgens die grondwet is:

Daar word ook in die Grondwet van Suid-Afrika voorsiening gemaak vir die bevordering van die Khoisan en Namas se tale, asook vir gebaretaal. Ander nie-amptelike tale sluit in: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele en Phuthi. Ander Europese tale, veral Duits en Portugees, word ook wyd gebruik deur immigrante uit Europa. Portugees en Frans word ook gebruik deur immigrante uit oud-kolonies in Afrika. Nederlands (nl / nld) is die enigste taal wat sy amptelike status verloor het (sedert 1983).

Hoewel die ampstale grondwetlike beskerming geniet, word regeringsake byna eksklusief in Engels gevoer en wette word slegs in Engels gepubliseer. Die regering vertaal weinig, indien enige, materiaal in enige van die ander erkende amptelike tale.

Oorsprongewysig bron

Die tale kan volgens oorsprong as volg verdeel word:

  • Afrikaans ontstaan hoofsaaklik uit Nederlands.
  • Suid-Afrikaanse Engels stem baie nou ooreen met Britse Engels.
  • Zoeloe, Xhosa, Ndebele, en Swazi vorm deel van die Nguni-taalfamilie.
  • Sotho, Tswana en Noord-Sotho vorm deel van die Sotho-taalfamilie.
  • Tsonga en Venda behoort ook tot die Bantoetaalfamilie (soos die Nguni- en Sotho-tale), maar toon minder ooreenkomste met die ander amptelike Bantoetale.

Verspreidingwysig bron

'n Kaart wat die meerderheidstale in Suid-Afrika aandui:

   Afrikaans

   Engels

   Suid-Ndebele

   Xhosa

   Zoeloe

   Noord-Sotho

   Sotho

   Tswana

   Swazi

   Venda

   Tsonga

   Geen meerderheidstaal

Die tale kan losweg volgens streke verdeel word. Die tale word egter toenemed reg oor die land aangetref, veral in stedelike gebiede.

  • Afrikaans word oor feitlik die hele land gebruik (met mindere gebruik in KwaZulu-Natal en sommige stedelike gebiede).
  • Engels word baie algemeen gebruik (veral as tweede taal en vir onderrig onder swartes), maar het veral minder moedertaalsprekers in die Noord-Kaap, Wes-Kaap, die Vrystaat, Noordwes, en die meeste landelike gebiede.
  • Ndebele word veral in die westelike Mpumalanga gebruik.
  • Zoeloe word veral in KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga gebruik.
  • Xhosa word veral in die Oos- en Wes-Kaap gebruik.
  • Sotho word veral in die Vrystaat en naburige Lesotho gebruik.
  • Tswana word veral in die Noordwes, Noord-Kaap en naburige Botswana gebruik.
  • Noord-Sotho word veral in Gauteng en Limpopo gebruik.
  • Swazi word hoofsaaklik in Mpumalanga en naburige eSwatini gebruik.
  • Tsonga word hoofsaaklik in die Limpopoprovinsie gebruik.
  • Venda word hoofsaaklik in die Vhembedistrik van Limpopo gebruik.

2001 en 2011-sensuswysig bron

Taal
2001-sensus2011-sensusVerandering
Zoeloe23,8%22,7%-1,1%
Xhosa17,6%16,0%-1,6%
Afrikaans13,3%13,5%+0,2%
Engels8,2%9,6%+1,4%
Noord-Sotho9,4%9,1%-0,3%
Tswana8,2%8,0%-0,2%
Suid-Sotho7,9%7,6%-0,3%
Tsonga4,4%4,5%+0,1%
Swazi2,7%2,5%-0,2%
Venda2,3%2,4%+0,1%
Suid-Ndebele1,6%2,1%+0,5%
Ander tale0,5%2,1%+1,6%
Totaal100,0%100,0%

Ander talewysig bron

Van die ander tale wat algemeen in Suid-Afrika gepraat word, hoewel hulle nie in die grondwet vermeld word nie, sluit Fanagalo, Lobedu (Khilobedu), Noord-Ndebele (Sindebele) en Phuthi (Siphuthi) in. Lobedu word deur sommige gesien as 'n volwaardige taal, en deur ander as 'n dialek van Noord-Sotho. Fanagalo is 'n bastertaal wat in die mynwese ingespan word om kommunikasie tussen werkers te bevorder.

Beduidende getalle immigrante uit Europa, elders in Afrika en die Indiese subkontinent beteken dat 'n wye verskeidenheid van ander tale ook in dele van Suid-Afrika gepraat word. Van die ouer gemeenskappe van immigrante praat Grieks, Gujarati, Hindi, Portugees, Tamil, Oerdoe en Jiddisj, maar in kleiner getalle ook Nederlands, Frans en Duits.

Sien ookwysig bron

Eksterne skakelswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media