Gaan na inhoud

Sukkulente Karoo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sukkulente Karoo
Ekostreek
WWF-kodeAT1322
BioomWoestyn en droë struikveld
EkosoneAfrotropiese gebied
FlorarykCapensis
Oppervlakte  102 800  km²
Beskerm%
Portaal  Portaalicoon  Biologie

Die Sukkulente Karoo[1] is ’n WWF-ekostreek wat behoort tot 'n woestynagtige bioom in Suid-Afrika en Namibië. Dit strek al met die kuslyn van Suidwes-Namibië en die Noord-Kaap in Suid-Afrika langs, waar die koue Benguelastroom dikwels mis veroorsaak. Die streek strek verder na die binneland van Suid-Afrika se Wes-Kaap. Dit word in die suide begrens deur die fynbosbioom, in die ooste deur die Nama-Karoo, met sy meer uiteenlopende temperature en wisselvallige reënval, en in die noorde deur die Namibwoestyn.

Florawysig bron

Vetplantewysig bron

Die Sukkulente Karoo word gekenmerk deur die wêreld se grootste verskeidenheid vetplante en bevat sowat ’n derde van die wêreld se sowat 10 000 vetplantspesies.

Op die kwartsvelde van die Knersvlakte en die Klein Karoo is daar baie endemiese vygies van die genera Argyroderma en Gibbaeum en in kalksteengedeelte van die Knersvlakte van die genus Antimima.

Galerywysig bron

Geofietewysig bron

Die streek is besonders ryk aan geofiete, met sowat 630 spesies, soos byvoorbeeld die bobbejaantjies. In die Kamiesbergstreek is dit veral geofietspesies van die Iridaceae soos die genera Babiana, Lapeirousia, Moraea en Romulea wat dikwels endemies is. Die aanwesigheid van vetplantspesies uit die Crassulaceae, soos Tylecodon sp. het dikwels krimpsiekte ten gevolge onder die skape en bokke waarmee hier geboer word.

Galerywysig bron

Faunawysig bron

Die spikkelde padloper[2], 'n endemiese skildpad[3]

Die streek bevat uiteenlopende reptiele en baie ongewerweldes. Van die 50 skerpioenspesies is 22 inheems. Kewers van die tribus Hopliini, wat grootliks inheems aan Suider-Afrika is, is in die Sukkulente Karoo gekonsentreer en is belangrike bestuiwers van die flora – so ook vliesvlerkiges, perdebye en bye.

Sowat 15 amfibieë word ook hier aangetref, waarvan drie inheems is. Van die streek se 115 reptielspesies is 48 inheems. In die Sperrgebiet word ’n ongewone skilpad, die Nama-padloper, aangetref. Minder van die streek se voël- en soogdierspesies is endemies.[4]

Verwysingswysig bron

  1. Van Lill, Dawid. Sien Suid-Afrika: Visuele Feite. Human en Rousseau, Kaapstad. ISBN 978-0-624-05443-6
  2. "Reptile list" (PDF). African snakebite institute.
  3. "Succulent Karoo". CEPF.
  4. Wêreldnatuurfonds-streek Sukkulente Karoo URL besoek op 29 Januarie 2016

Eksterne skakelswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media