Gaan na inhoud

Stroombaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

’n Stroombaan is ’n stelsel om elektrisiteitsenergie te vervoer. Om ’n elektrisiteitstroom te laat vloei, vereis ’n bron van energie (byvoorbeeld ’n battery), geleiers, ’n doelgemaakte toestel en ’n geslote stroombaan. Skakelaars kan gebruik word om die stroombaan aan te skakel (geslote stroombaan) of af te skakel (oop stroombaan).

Elektrisiteitsenergie kan in 'n doelgemaakte toestel vloei wanneer dit aangeskakel word.

Elektrisiteitsbegrippewysig bron

  • ’n Elektriese stroom is die tempo waarteen elektriese ladings in ’n stroombaan vloei. Die eenheid waarmee dit gemeet word, is ampère (coulomb/sekonde). Die stroom word met ’n ammeter gemeet, waar ’n naald die sterkte op die meter aandui. Indien die stroombaan groot is, byvoorbeeld 10 ampère, beweeg die stroom vinnig in die stelsel. Die tempo is laag indien die stroom slegs 0,001 ampère is.
  • Die verskil in potensiële energie tussen enige punte in die stroombaan word in volt gemeet (joule/coulomb). ’n Stroom in ’n metaaldraad is in ooreenstemming met die potensiaalverskil: dit is twee keer so sterk wanneer dit aan ’n 12 volt-battery gekoppel is as wanneer dit aan ’n 6 volt-battery gekoppel is.
  •  Weerstand is die begrip wanneer die vloei van ’n elektriese lading in ’n stroombaan verhinder word en dit word in ohm gemeet (een volt per ampère).
  • In koperdraad is van die elektrone vry om te beweeg en wanneer ’n stroom deur die koperdraad beweeg, beteken dit eenvoudig dat die elektrone van die negatiewe terminaal (van byvoorbeeld ’n battery) na die positiewe terminaal beweeg.
  • ’n Stroom kan slegs beweeg wanneer daar ’n volledige stroombaan is – sonder enige onderbrekings.

Geleiers en isolatorswysig bron

Soos bekend, is daar goeie en swak geleiers en isolators, laasgenoemde nie-geleidende stowwe wat tussen twee geleidende stowwe geplaas word om te voorkom dat die elektriese stroom van die een na die ander vloei.

Koperdraad is 'n sterk geleier van 'n elektriese stroom.

Metale (waaronder koper, staal en aluminium) is die beste geleiers, koolstof en silikon is voorbeelde van matige geleiers en water en mense is swak geleiers. Rubber plastiek, perspeks en lug is isolators.

Dit is interessant dat die mens se liggaam vol ione (atome wat ’n elektron verkry of verloor het) is. Dit beteken dat jy elektrisiteit kan gelei en dus geskok kan word.

Tweerigting-elektriese skakelaarswysig bron

Terwyl die werking van ’n gewone skakelaar eenvoudig is, is die werking van tweerigting-elektriese skakelaars meer ingewikkeld om ’n stroombaan moontlik te maak.

Tweeerigtingskakelaars het nie net ’n kombinasie van aan-en-af-posisies nodig om ’n stroomkring te voltooi nie, maar drie terminale (bo, middel en onder). As dit in die boonste posisie aangeskakel is, is dit af in die onderste posisie; as dit in die boonste posisie afgeskakel is, is dit aan in die onderste posisie.

Indien die posisie by albei skakelaars in ’n gang van ’n huis – wat byvoorbeeld ’n daklig in die gang aan- of afskakel – by die onderste of boonste terminale is, sal die lig nie brand nie. Indien die skakelaars in die teenoorgestelde posisies is, sal die lig wel brand.

Elektriese skokkewysig bron

Hoewel die mens se liggaam nie een van die goeie geleiers van elektrisiteit is nie, kan iemand doodgeskok word deur ’n sterk stroom elektrisiteit.

Wanneer iemand ’n persoon wat geskok word kan help, moet die persoon nie aangeraak word wanneer die elektriese stroom nie verbreek is nie: skakel die krag af of trek die muurprop uit. Indien dit nie moontlik is nie, beweeg die persoon met ’n swak geleier van elektrisiteit (soos hout of rubber) van die kragbron af. Moet ook nie in water staan nie.

Bronnewysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media