Gaan na inhoud

Statebondspele

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kenteken van die Statebondspelevereniging, organiseerder van die Statebondspele
Posseël ter herdenking van die Statebondspele van 1958

Die Statebondspele of Gemenebesspele (Engels: Commonwealth Games) is 'n sporttoernooi wat al om die vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Somerspele, vir lidlande van die Britse Statebond aangebied word. Ongeveer 4 500 tot 5 000 atlete neem hieraan deel, wat dit na die Olimpiese Somerspele die grootste sportbyeenkoms ter wêreld maak.

Alhoewel die Britse Statebond 56 lidlande het, is daar 74 deelnemende spanne by die Statebondspele, omdat 'n aantal Britse oorsese gebiede onder hul eie vlae meeding. Die vier lande van die Verenigde KoninkrykEngeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland – stuur ook aparte spanne.

Net ses lande het aan elke Statebondspele deelgeneem: Australië, Kanada, Engeland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Suid-Afrika neem tans, na hulle hertoetrede in 1994, aan hierdie Statebondspele deel. Die volgende Statebondspele sal in 2026 in die Australiese deelstaat Victoria aangebied word.

Geskiedeniswysig bron

Kaart van die boikot tydens die Statebondspele 1986

Die idee vir 'n kompetisie tussen die lande van die Britse Ryk is vir die eerste keer in 1891 deur ds. Astley Cooper voorgestel. Die eerste Britse Rykspele is daarna is 1930 aangebied. Die geleentheid se naam in 1954 na die Britse Ryk en Statebondspele verander. Daarna verander die naam na die Britse Statebondspele in 1970 en na die huidige naam van Statebondspele in 1978.

Nege nasies het die Statebondspele tot dusver aangebied. 19 stede in sewe lande het die geleentheid aangebied. Australië het vyf Statebondspele (1938, 1962, 1982, 2006 en 2018) aangebied. Kanada het vier Statebondspele (1930, 1954, 1978 en 1994) aangebied. Twee stede het die Statebondspele meer as een keer aangebied: Auckland (1950, 1990) en Edinburg (1970, 1986).

Die Statebondspele is twee keer aan Suid-Afrikaanse stede toegeken (1934 aan Johannesburg en 2022 aan Durban), maar albei geleenthede is gekanselleer, in 1934 weens die diskriminasie teen Swart en Asiatiese Atlete deur die Suid-Afrikaanse regering en in 2022 weens die gebreek aan finansiële middels deur die gasheer. Hierdie Statebondspele is aan Londen (1934) en Birmingham (2022) toegewys.

Twee uitgawes van die Statebondspele is deur verskeie lande geboikot. Nigerië het die Statebondspele van 1978 in Edmonton in protes teen Nieu-Seeland se sportkontakte met apartheid-Suid-Afrika geboikot. Uganda het ook nie aan hierdie spele deelgeneem nie in protes teen beweerde Kanadese vyandigheid teen die regering onder Idi Amin. In 1986 het 32 van die 50 kwalifiserende lande die Statebondspele in Edinburg geboikot in protes teen die sportkontakte van die Verenigde Koninkryk onder Margaret Thatcher met apartheid-Suid-Afrika.

Uitslaewysig bron

Uitslae volgens jarewysig bron

UitgaweJaarGasheerGeopen deurBeginEindeSporteGebeureNasiesDeelnemersBeste nasie
Inter-Ryk Kampioenskappe
1911Vlag van Engeland Londen, EngelandGeorge V12 Mei1 Junie494OnbekendVlag van Kanada Kanada
Britse Rykspele
I1930Vlag van Kanada Hamilton, KanadaLord Willingdon16 Augustus23 Augustus65911400Vlag van Engeland Engeland
II1934Vlag van Engeland Londen, Engeland[1]4 Augustus11 Augustus66816500Vlag van Engeland Engeland
III1938Vlag van Australië Sydney, AustraliëLord Wakehurst5 Februarie12 Februarie77115464Vlag van Australië Australië
1942Vlag van Kanada Montreal, KanadaGekanselleer as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog[2]
1946Vlag van Wallis Cardiff, Wallis
IV1950Vlag van Nieu-Seeland Auckland, Nieu-SeelandBernard Freyberg4 Februarie11 Februarie98812590Vlag van Australië Australië
Britse Ryk en Statebondspele
V1954Vlag van Kanada Vancouver, KanadaHarold Alexander30 Julie7 Augustus99124662Vlag van Engeland Engeland
VI1958Vlag van Wallis Cardiff, WallisPhilip, Hertog van Edinburg18 Julie26 Julie994361122Vlag van Engeland Engeland
VII1962Vlag van Australië Perth, Australië22 November1 Desember910435863Vlag van Australië Australië
VIII1966Vlag van Jamaika Kingston, Jamaika4 Augustus13 Augustus9110341050Vlag van Engeland Engeland
Britse Statebondspele
IX1970Vlag van Skotland Edinburg, SkotlandPhilip, Hertog van Edinburg16 Julie25 Julie9121421383Vlag van Australië Australië
X1974Vlag van Nieu-Seeland Christchurch, Nieu-Seeland24 Januarie2 Februarie9121381276Vlag van Australië Australië
Statebondspele
XI1978Vlag van Kanada Edmonton, KanadaElizabeth II3 Augustus12 Augustus10128461474Vlag van Kanada Kanada
XII1982Vlag van Australië Brisbane, AustraliëPhilip, Hertog van Edinburg30 September9 Oktober10142461583Vlag van Australië Australië
XIII1986Vlag van Skotland Edinburg, SkotlandElizabeth II24 Julie2 Augustus10163261662Vlag van Engeland Engeland
XIV1990Vlag van Nieu-Seeland Auckland, Nieu-SeelandEdward, Graaf van Wessex24 Januarie3 Februarie10204552073Vlag van Australië Australië
XV1994Vlag van Kanada Victoria, KanadaElizabeth II18 Augustus28 Augustus10217632557Vlag van Australië Australië
XVI1998Vlag van Maleisië Kuala Lumpur, MaleisiëMahathir Mohamad11 September21 September15213703633Vlag van Australië Australië
XVII2002Vlag van Engeland Manchester, EngelandElizabeth II25 Julie4 Augustus17281723679Vlag van Australië Australië
XVIII2006Vlag van Australië Melbourne, Australië15 Maart26 Maart16245714049Vlag van Australië Australië
XIX2010Vlag van Indië Delhi, IndiëPratibha Patil3 Oktober14 Oktober17272716081Vlag van Australië Australië
XX2014Vlag van Skotland Glasgow, SkotlandElizabeth II23 Julie3 Augustus17261714947Vlag van Engeland Engeland
XXI2018Vlag van Australië Goudkus, AustraliëCharles, Prins van Wallis4 April15 April19275714426Vlag van Australië Australië
XXII2022Vlag van Engeland Birmingham, Engeland[3]28 Julie8 Augustus20280725054Vlag van Australië Australië
XXIII2026Vlag van Australië Victoria17 Maart29 Maart1675

Nota: Die Inter-Ryk Kampioenskappe van 1911 in Londen word as 'n voorloper vir die moderne Statebondspele beskou, maar word gewoonlik nie as 'n amptelike uitgawe van die Spele self beskou nie.[4]

Statebondspele volgens gasherewysig bron

Ligging van die spele en die deelnemende lande:

   Gasheerlande of beplande gasheerlande

   Ander lande, wat by die spele aangesluit het

   Lande, wat by die spele aangesluit en dit weer verlaat het

00 Gasheerstede met jaar van die spele
No.LandVastelandGetalJaar(e) aangebied
1Vlag van Australië AustraliëOseanië61938, 1962, 1982, 2006, 2018, 2026
2Vlag van Kanada KanadaAmerikas41930, 1954, 1978, 1994
3Vlag van Engeland EngelandEuropa4(1911), 1934, 2002, 2022
4Vlag van Nieu-Seeland Nieu-SeelandOseanië31950, 1974, 1990
Vlag van Skotland SkotlandEuropa31970, 1986, 2014
6Vlag van Indië IndiëAsië12010
Vlag van Maleisië MaleisiëAsië11998
Vlag van Jamaika JamaikaAmerikas11966
Vlag van Wallis WallisEuropa11958

Verwysingswysig bron

  1. Oorspronklik aan Johannesburg, Suid-Afrika, toegeken
  2. (en) The Complete Book of The Commonwealth Games (Gold Coast Edition) by Graham Groom (2017)
  3. Oorspronklik aan Durban, Suid-Afrika, toegeken
  4. (en) "The Story of the Commonwealth Games". Commonwealth Games Federation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2018. Besoek op 16 April 2018.

Eksterne skakelswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media