Die Ongeronde naby-oop-voorklinker is 'n soort klinkerklank wat in sommige gesproke tale gebruik word. Die simbool in die Internasionale Fonetiese Alfabet wat die klank voorstel is [æ], en die ekwivalente X-SAMPA simbool is {.
Die IFA simbool is die kleinletter ae ligatuur. As 'n letter in die Oud Engelse alfabet, is die simbool æsc 'ash tree' (esboom) genoem na die Anglo-Saksiese Futhark runeᚫ wat gebruik is vir die transliterasie daarvan; die tradisionele naam in Engels is steeds ash (æʃ).
Die klinkerhoogte is naby-oop, wat beteken dat die tong in soortgelyke posisie is as by 'n oop klinker maar effens meer geslote.
Die klinkerposisie is voor, wat beteken dat die tong so ver vorentoe as moontlik in die mond geposisioneer word sonder om 'n versperring te veroorsaak wat dit as 'n konsonant sou veroorsaak dat dit as 'n konsonant geklassifiseer sou word.
Die ronding is ongerond, wat beteken dat die lippe nie gerond is nie.