Gaan na inhoud

Natrium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
11neonnatriummagnesium
Li

Na

K
Algemeen
Naam, simbool, getalnatrium, Na, 11
Chemiese reeksalkalimetale
Groep, periode, blok1, 3, s
Atoommassa22,98976928(2) g/mol
Elektronkonfigurasie3s1
Elektrone per skil2, 8, 1
CAS-registernommer7440-23-5
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Smeltpunt370,944 K
(97,794 °C)
Kookpunt1156,090 K
(882,940 °C)
Digtheid(0 °C, 101.325 kPa)
0,968 g/L
Voorkomssilwerwit, metaalagtig
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurkubies liggaamsgesentreerd
RuimtegroepIm3m  nommer: 229
Strukturbericht-kodeA2
Oksidasietoestande+1, -1 (sterk basis)
Ionisasie-energieë1ste: 495,8 kJ/mol
2de: 4 562 kJ/mol
3de: 6 910,3 kJ/mol
Atoomradius186 pm
Kovalente radius166 pm
Van der Waals-radius227 pm
Kristalstruktuurkubus (ruimtelik
gesentreerd
Verdampingswarmte96,96 kJ/mol
Smeltingswarmte2,598 kJ/mol
Spoed van klank3 200 m/s
Elektronegatiwiteit0,93 (Skaal van Pauling)
Geskiedenis
Ontdek1807
Ontdek deurHumphry Davy
Genoem nadie Egiptiese natron, ’n
natuurlike mineraalsout
Vernaamste isotope
Isotope van natrium
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
22Naspore2,602 yβ+γ0,545422Ne*
1,27453(2)[1]22Ne
ε→γ22Ne*
1,27453(2)22Ne
β+1,820022Ne
23Na100%Na is stabiel met 12 neutrone
Portaal Chemie

Natrium is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Na en atoomgetal van 11.

Natrium is 'n sagte, wasagtige, silwerwit, reaktiewe metaal wat aan die alkalimetale behoort en kom in oorvloed voor in natuurlike stowwe (veral in seewater en die mineraal haliet). Die vrye metaal is hoogs reaktief, brand met 'n geel vlam, word in lug geoksideer en reageer heftig met water wat meebring dat dit onder olie gestoor moet word.

Kenmerkende eienskappewysig bron

Soos die ander alkalimetale is natrium 'n sagte, baie ligte, silwerig wit, reaktiewe element wat nooit as 'n suiwer element in die natuur aangetref word nie. Natrium dryf in water, en ontbind dit ook om waterstofgas en hidroksied ione vry te stel. Wanneer dit fyn genoeg gemaal word sal natrium spontaan ontbrand in die teenwoordigheid van water. Dit ontbrand egter nie normaalweg spontaan in lug onder 338 Kelvin oftewel 64.85 °C nie.

Aanwendingswysig bron

Natrium in sy metaalvorm is 'n belangrike komponent vir die maak van esters en vir die vervaardiging van organiese verbindings. Hierdie alkalimetaal is ook 'n komponent van natriumchloried (NaCl) (gewone tafelsout) wat in volop in seewater voorkom en vir lewe noodsaaklik is. Ander gebruike sluit in:

  • Word gebruik in sekere legerings om hul struktuur te verbeter,
  • Word in seepvervaardiging gebruik (saam met vetsure)
  • Om metale se oppervlaktes blink en glad te maak
  • Die suiwering van gesmelte metale.
  • In natriumdamp-lampe, wat 'n effektiewe manier is om lig vanuit elektrisiteit te verkry.

NaK, 'n legering van natrium en kalium, is 'n belangrike hitte-oordrag materiaal.

Geskiedeniswysig bron

Natrium word al lank reeds as 'n komponent van verbindings geëien, maar is eers in 1807 deur Sir Humphry Davy geïsoleer deur die elektrolise van bytsoda. In Europa tydens die Middeleeue is 'n verbinding van natrium met die Latynse naam sodanum gebruik as pynstiller.

Verspreidingwysig bron

Natrium is volop in die sterre en die D spektraallyne van hierdie element is van die mees prominente in sterlig. Natrium maak ongeveer 2.6% van die Aardkors uit, wat dit die vierde mees volopste element daarin maak en die volopste alkalimetaal. Dit word tans kommersieel geproduseer deur die elektrolise van droë gesmelte natriumchloried. Die metode is minder duur as die proses van vervaardiging deur die elektrolise van natriumhidroksied. Metaalnatrium het ongeveer 0.30 tot 0.45 VS-dollar per kg gekos in 1997 en reagensgraad (ACS) natrium het in 1990 VS$75/kg gekos. Op 'n volume basis is dit dus die goedkoopste metaal beskikbaar.

Verbindingswysig bron

Natriumchloried, ook beter bekend as gewone tafelsout, is die mees algemene verbinding van natrium. Natrium kom egter ook in baie ander minerale, soos amfibool, krioliet, haliet, soda-niter, zeoliet ensovoorts voor. Natriumverbindings is belangrik vir die chemiese-, glas-, metaal-, papier-, petroleum-, seep- en tekstielnywerhede. Seep is gewoonlik 'n natriumsout van sekere vetsure.

Die belangrikste industriële natriumverbindings is gewone tafelsout (NaCl), soda-as (Na2CO3), koeksoda (NaHCO3), Bytsoda (NaOH), Chilisalpeter (NaNO3), die di- en trifosfate van natrium, natriumtiosulfaat (hipo, Na2S2O3 · 5H2O) en boraks (Na2B4O7 · 10H2O).

Isotopewysig bron

Daar is dertien isotope van natrium wat al geëien is. Die enigste stabiele isotoop is Na-23. Natrium het twee radio-aktiewe kosmogeniese isotope (Na-22, halfleeftyd = 2.605 jaar; Na-24, halfleeftyd = ~15 ure).

Die isotoop 22Na word as bron gebruik van positrone wat in die PALS-tegniek (Positron Annihilation Lifetime Spectroscopy) gebruik word. Dit is 'n kragtige manier om die moegheid en skade aan verskeie materiale te inspekteer en dop te hou.[2]

Voorsorgmaatreëlswysig bron

In sy poeiervorm is natrium plofbaar in water en 'n gif in verbinding of onverbind met baie ander elemente. Die metaal moet te alle tye versigtig gehanteer word. Natrium moet gestoor word in 'n inerte atmosfeer of onder minerale olie.

Fisiologie van natriumionewysig bron

Natriumione speel 'n diverse rol in vele fisiologiese prosesse. Prikkelbare selle maak byvoorbeeld staat op die inname van Na+ om 'n depolarisasie te bewerkstellig. 'n Voorbeeld hiervan is die seinoordrag in die menslike sentrale senuweestelsel.

Notaswysig bron

* = opgewekte toestand

Triviawysig bron

Die tweede kernaangedrewe duikboot ooit gebou, USS Seawolf is aanvanklik toegerus met 'n reaktor wat met vloeibare natrium gewerk het.

Verwysingswysig bron

  1. Endt, P.M. (1990). "Energy levels of A = 21–44 nuclei (VII)". Nuclear Physics A. 521: 1–400. Bibcode:1990NuPhA.521....1E. doi:10.1016/0375-9474(90)90598-G.
  2. Masato Yamawaki, Yoshinori Kobayashi, Kenji Ito, Mikio Matsumoto, Hidetake Ishizu, Akiyo Umino, Kanehisa Hattori, Yoshihiro Watanabe. "Sealed 22Na sources for positron annihilation lifetime spectroscopy" (PDF). shotpeener.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Bronnelyswysig bron

Eksterne skakelswysig bron


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend


🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media