Gaan na inhoud

Gilgamesj

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie bladsy bevat wigskrif. Sonder die regte lettertipe sal jy blokkies of snaakse tekens sien. Jy kan die regte lettertipe hier kry.
Gilgamesj in die Louvre, Parys.

Gilgamesj (Akkadies: 𒄑𒂆𒈦, Gilgameš, Sumeries: 𒄑𒉈𒂵𒈩, Bilgamesj) is die hoofkarakter in die Akkadiese epiese gedig Heldedig van Gilgamesj, wat beskou word as die eerste groot letterkundige werk,[1] asook in vroeëre Sumeriese gedigte. In die heldedig is Gilgamesj ’n halfgod met bomenslike krag wat die stadsmure van Uruk bou om sy volk te beskerm en op reis gaan om die ewige lewe te vind.

Gilgamesj word gewoonlik deur geleerdes as ’n historiese figuur beskou omdat geskrifte ontdek is wat sy bestaan en dié van ander mense in die heldedig bevestig. Hy was waarskynlik ’n koning iewers tussen 2800 en 2500 v.C.[2] Volgens die Sumeriese Koningslys het Gilgamesj 126 jaar lank oor Uruk regeer.

Volgens ’n uitgebreide koningslys het hy en sy seun Urlugal die godin Ninlil se tempel in Tummal, ’n heilige deel van die stad Nippur, herbou.

Verwysingswysig bron

  1. Keys, David (16 November 1998). "First lines of oldest epic poem found". The Independent (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 20 Augustus 2014.
  2. Dalley, Stephanie (2000). Myths from Mesopotamia (Hersiene uitg.). Oxford University Press. p. 40. ISBN 0-19-283589-0.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media