in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2 Oktober is die 275ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (276ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 90 dae in die res van die jaar.
313 – Die eerste Lateraanse sinode vind plaas.1316 – Pous Johannes XXII neem sy intrek in Avignon .1529 – Martin Luther en Ulrich Zwingli ontmoet in Marbach. ’n Geskil oor die gebruik van die nagmaal lei daartoe dat Switserse en Duitse Protestante nie verenig nie.1623 – Pous Urbanus VIII stel sy neef Francesco Barberini sr. aan as kardinaal.1730 – Pous Clemens XII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Alessandro Aldobrandini, titulêr aartsbiskop van Rodi.1756 – Gregorio Barnaba Chiaramonti , later Pous Pius VII , word Benediktyner-monnik.1758 – Pous Clemens XIII stel Antonio Marino Priuli, biskop van Vicenza , en François-Joachim de Pierres de Bernis, kanunnik van Lyon , aan as kardinale.1826 – Pous Leo XII stel tien nuwe kardinale aan, waaronder Pietro Caprano, titulêr aartsbiskop van Iconio.1835 – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog begin.1847 – Pous Pius IX stel munisipale bestuur van Rome in.1901 – Die Britse Vloot laat hul eerste duikboot te water.1954 – Die Maria van Riebeeck-standbeeld word deur prins Bernhard van Lippe-Biesterfeld onthul.1958 – Guinee ontvang onafhanklikheid van Frankryk 1981 – Switserse elektronika en tegnologie maatskappy Logitech gestig deur ingenieurs Daniel Borel, Pierluigi Zappacosta en Giacomo Marini.1990 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR), wat sedert 7 Oktober 1949 op die grondgebied van die voormalige Sowjet -besettingsone in Oos-Duitsland en die Sowjet-sektor van (Oos-)Berlyn bestaan het, kom tot ’n einde.2004 – Parkrun word deur Paul Sinton-Hewitt gestig by Bushy Park in Londen , Engeland .Gandhi in 1929 1452 – Richard III , koning van Engeland († 1485 ).1627 – Patriarg Adriaan van Moskou , laaste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland († 1700 ).1852 – Curt von François , die stigter van Windhoek († 1931 ).1852 – William Ramsay , Skotse chemikus en Nobelpryswenner († 1916 ). 1857 – MT Steyn , president van die Vrystaat († 1916 ).1867 – James Stevenson-Hamilton , Suid-Afrikaanse wild- en natuurbewaarder en (Britse) soldaat († 1957 ).1869 – Mahatma Gandhi , Indiese massa-bewegingsleier († 1948 ).1897 – Bud Abbott , Amerikaanse akteur en komediant († 1974 ).1926 – Jan Morris , Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer († 2020 ).1929 – Lorrae Desmond , Australiese aktrise († 2021 ).1936 − Sandra Seacat , Amerikaanse aktrise en leermeesteres († 2023 ).1944 − Ton Koopman , Nederlandse dirigent, orrelis, klavesimbelspeler en musikoloog.1951 – Sting , Britse akteur en sanger.829 – Michael II , keiser van die Bisantynse Ryk (* 770 ).1264 – Pous Urbanus IV , 182ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1195 ).1919 – Alfred Geist, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1863 ).1920 – Max Bruch , Duitse komponis (* 1838 ).1927 – Svante Arrhenius , Sweedse chemikus , fisikus en Nobelpryswenner (* 1859 ).1985 – Rock Hudson , Amerikaanse akteur (* 1925 ).1998 – Gene Autry , Amerikaanse akteur (* 1907 ).1999 – Sarel Hayward , Suid-Afrikaanse politikus (* 1924 ).1999 – Heinz G. Konsalik , Duitse outeur (* 1921 ). 1999 – Georg Tintner , Oostenrykse dirigent (* 1917 ). 2016 – Neville Marriner , Engelse violis en dirigent (* 1924 ).2023 – Trienke Laurie , Suid-Afrikaanse skrywer ((* 1946 ).Vakansies, vierings, en waarnemingsdae wysig bron