in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders |
|
Internasionale Ruimtestasie bo Nieu-Seeland |
|
Die jaar 2000 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 100ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
- Amerikaanse akteurs/aktrises in 2000 gebore
- 4 Januarie – Alfred Bohrmann, 'n Duitse sterrekundige (* 1904).
- 7 Januarie – Bob McFadden, Amerikaanse akteur (* 1923).
- 19 Januarie – Hedy Lamarr, Amerikaanse aktrise en uitvinder (* 1914).
- 24 Januarie – Frank Waring, Suid-Afrikaanse politikus (* 1908).
- 19 Februarie – Friedensreich Hundertwasser, Oostenrykse skilder, grafikus en omgewingsaktivis (* 1928).
- 22 Februarie – Paula Styger, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1913).
- 24 Maart – Bles Bridges, Suid-Afrikaanse sanger (* 1947).
- 10 April – Peter Jones, Britse akteur (* 1920).
- 10 April – Larry Linville, Amerikaanse akteur (* 1939).
- 22 April – Margaret Singana, Suid-Afrikaanse sangeres (* 1838).
- 10 Mei – Roy Dryburgh, Suid-Afrika se agt-en-twintgste Springbokkaptein (* 1929).
- 14 Mei – Keizō Obuchi, Eerste Minister van Japan (* 1937).
- 21 Mei – Barbara Cartland, Britse skryfster (* 1901).
- 21 Mei – Sir John Gielgud, Britse akteur (* 1904).
- 15 Junie – Gawie Cillié, Suid-Afrikaanse komponis (* 1916).
- 1 Julie – Walter Matthau, Amerikaanse filmakteur (* 1920).
- 29 Julie – Kobie Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1931).
- 5 Augustus – Alec Guinness, Engelse akteur (* 1914).
- 7 Augustus – Tolla van der Merwe, Suid-Afrikaanse storieverteller en komediant (* 1943).
- 8 Augustus – Jaap Marais, leier van die Afrikanernasionalisties gesinde Herstigte Nasionale Party (* 1922).
- 12 Augustus – Loretta Young, Amerikaanse aktrise (* 1913).
- 19 Augustus – Harry Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat (* 1908).
- 14 September – Tini Vorster, voormalige presidentsvrou van Suid-Afrika (* 1917).
- 28 September – Pierre Trudeau, Kanadese politikus en premier (* 1919).
- 6 Oktober – Anna Rothmann, 'n Afrikaanse skrywer en die dogter van M.E.R. (* 1904).
- 15 Oktober – Cor Dirks, skoolhoof en Afrikaanse skrywer (* 1911).
- 12 November – Christo Coetzee, Suid-Afrikaanse skilder (* 24 Maart 1929).