Zoeloe Wikipedia
Zoeloe Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Zoeloe |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Outeur | Die gemeenskap |
Huidige status | Aktief |
URL | http://zu.wikipedia.org/ |
Die Zoeloe Wikipedia is die Zoeloe-weergawe van Wiki Baike, 'n gratis, ope-inhoud aanlynensiklopedie. Volgens die aantal artikels is dit die 162ste grootste Wikipedia-projek.[1]
Aangesien Zoeloe onderling verstaanbaar is deur Xhosasprekers (albei is Nguni-tale) is dit moontlik om artikels uit die Zoeloe-uitgawe maklik in Xhosa te vertaal vir die Xhosa Wikipedia. Soortgelyke transwikipogings is aangewend vir die Skandinawiese taaluitgawes, soos die Sweedse, Noorse en Deense Wikipedias.
Daar is in Januarie 2012 voorgestel dat die Zoeloe Wikipedia gesluit word weens 'n gebrek aan aktiwiteit, 'n voorstel wat verwerp is in Maart 2012.
Die Wikipedia het tans 25 059 bladsye, waarvan 11 265 artikels is. Dit het 20 839 geregistreerde gebruikers, waarvan 39 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 106 078 wysigings aangebring en 0 lêers opgelaai.