Zoeloe

Taal van die Zoeloe volk
Hierdie artikel handel oor die Zoeloetaal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Zoeloes.

Zoeloe (isiZulu in Zoeloe) is die taal van die Zoeloes en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 11,6 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die meeste moedertaalsprekers in Suid-Afrika. Omtrent 15,7 miljoen mense gebruik Zoeloe as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die grootste aantal Zoeloesprekers woon in KwaZulu-Natal. Die taal is ook nouverwant aan Xhosa en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal beskou word.

Zoeloe
isiZulu
Gepraat in:Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Vlag van Lesotho Lesotho
Vlag van Malawi Malawi
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Flag of eSwatini Eswatini 
Gebied:KwaZulu-Natal, oostelike Gauteng
oostelike Vrystaat
suidelike Mpumalanga
Totale sprekers:12 miljoen (moedertaal, 2011)[1]
15,7 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] 
Rang:70
Taalfamilie:Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoïed
     Suidelike Bantoïed
      Bantoetale
       Suidelike Bantoetale
        Nguni
         Zoeloe 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Gereguleer deur:Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
Taalkodes
ISO 639-1:zu
ISO 639-2:zul
ISO 639-3:zul
Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Zoeloetaliges in 2011:
██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60%
██ 60–80% ██ 80–100%

Geografiese verspreiding van Zoeloe in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011:
██ <1 /km² ██ 1–3 /km² ██ 3–10 /km² ██ 10–30 /km² ██ 30–100 /km²
██ 100–300 /km² ██ 300–1000 /km² ██ 1000–3000 /km² ██ >3000 /km²

Drietalige apartheidsteken in Durban in Engels, Afrikaans en Zoeloe, wat aandui dat die strand gereserveer is vir gebruik deur die witrassegroep

Die taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos Prof. Dirk Ziervogel, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Zoeloe skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in 'n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit byna onmoontlik om geskrewe geskiedenis in Zoeloe te vind.

Woorde

Algemene woorde en frases:

AfrikaansZoeloe
WelkomUkwemukela (naamwoord) / Emukela (werkwoord)
DankieNgiyabonga
Goeiedag / HalloSawubona (enkelvoud) / Sanibonani (meervoud)
TotsiensSala kahle (bly wel) / Hamba kahle (gaan wel)
Rook verbodeAkubhenywa
Geen ingangAkungenwa
Pasop vir die trapQaphela isitebhisi
Pasop!Qaphela!
Veels geluk met jou verjaarsdagUsuku lokuzalwa oluhle
SeisoengroeteIzilokotho Ezinhle Zamaholide
Geseënde KersfeesUkhisimusi omuhle
Geseënde Kersfees en voorspoedige NuwejaarUkhisimusi omuhle nonyaka omusha onenjabulo

Sien ook

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Zulu" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 21 Januarie 2016.
  2. (en) Webb, Vic. 2002. "Language in South Africa: the role of language in national transformation, reconstruction and development." Impact: Studies in language and society, 14:78

Eksterne skakels

Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Zoeloe

Taalhulpmiddels

Sagteware in Zoeloe




Zoeloe: Taal van die Zoeloe volk

Zoeloe (isiZulu in Zoeloe) is die taal van die Zoeloes en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 11,6 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die meeste moedertaalsprekers in Suid-Afrika. Omtrent 15,7 miljoen mense gebruik Zoeloe as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die grootste aantal Zoeloesprekers woon in KwaZulu-Natal. Die taal is ook nouverwant aan Xhosa en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal beskou word.