Yorkshire terriër

Die Yorkshire terriër is 'n klein honderas van die terriërtipe, wat in die 19de eeu in Yorkshire, Engeland, ontwikkel is om rotte in die klerefabrieke te vang.[2] Die hoofkenmerk van die ras is sy maksimumgrootte van 3,2 kg (7 lb),[3] alhoewel sommige meer as dit kan weeg, tot 6,8 kg (15 lb). Dit word in die Speelding Terriërafdeling van die Terriërgroep geplaas deur die Federasie Cynologique Internationale en in die Speeldinggroep of Metgeselgroep deur ander kennelklubs, insluitend die Amerikaanse Kennelklub. As 'n gewilde metgeselhond, is die Yorkshire terriër ook deel van die ontwikkeling van ander rasse, soos die Australiese syagtige terriër. Dit het 'n grys, swart en bruin pels, en die ras se bynaam is Yorkie.

Yorkshire terriër
Alledaagse bynameYorkie
OorsprongEngeland
Kenmerke
Pelsglansend, sag, reguit
Lewensduur13 tot 20 jaar[1]
Klassifikasiestandaarde
FCIGroup 3, Section 4 Toy Terriers #86standaard
AKCToy Groupstandaard
ANKCGroep 1 (Toys)standaard
CKCGroep V, Toysstandaard
KC (UK)Toy Groupstandaard
NZKCToy Groupstandaard
UKCMetgeselgroep
Hond (Canis lupus familiaris)

Geskiedeniswysig

'n Yorkshire terriër in 1915

Die Yorkshire-Terriër (ook genoem 'n "Yorkie") het sy oorsprong in Yorkshire (en aangrensende Lancashire), 'n graafskap in Engeland.[4] In die middel van die 19de eeu, het werkers uit Skotland na Yorkshire gekom op soek na werk en bring met hulle verskillende variëteite van klein terriërs. Die teel van die Yorkshire terriër was hoofsaaklik deur mense—meestal koöperasies in katoen- en wolmeule—in die provinsies van Yorkshire en Lancashire uitgevoer.[5]

Pelswysig

'n Silwerblou en vaalroom Yorkshire terriër, met sy  karakteristieke lang hare.
Yorkshire terriër met 'n donker pels

Vir volwasse Yorkshire Terriërs word klem geplaas op pelskleur, kwaliteit, en tekstuur.[6] Die hare moet glansend wees, fyn, reguit, en syerig. Tradisioneel word die pels toegelaat om voluit uit te groei, maar moet nooit beweging belemmer nie.[7]

Die lang vag van die Yorkshire Terriër beteken dat die ras 'n gereelde uitborsel benodig.

Verwysingswysig

  1. O’Neill, D. G.; Church, D. B.; McGreevy, P. D.; Thomson, P. C.; Brodbelt, D. C. (2013). "Longevity and mortality of owned dogs in England". The Veterinary Journal. 198: 638–43. doi:10.1016/j.tvjl.2013.09.020. PMID 24206631.
  2. "Get to Know the Yorkshire", 'The American Kennel Club'. Besoek 19 Mei 2014
  3. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2017. Besoek op 7 Julie 2017.
  4. http://www.barkbytes.com/history/yorkie.htm.
  5. P. H. Combs in The American Book of the Dog, p 443, edited by G. O. Shields, Rand, McNally & Company, Publishers, Chicago and New York 1891 no ISBN
  6. American Kennel Club Standard
  7. "Kennel Club Standard". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2007. Besoek op 13 Augustus 2021.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media