Yochai Benkler

Amerikaanse regsgeleerde

Yochai Benkler (gebore 1964 in Givatayim) is die Jack N. en Lillian R. Berkman Professor in Entrepreneur Regstudies aan die Harvard Skool vir Regte en skrywer van The Wealth of Networks.

Yochai Benkler
Yochai Benkler in 2006
Gebore1964
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Israel Israel
BeroepProfessor, Harvard Skool vir Regte
Direkteur, Berkman Sentrum vir Internet en Samelewing
skrywer
Bekend virThe Wealth of Networks
EggenootDeborah Schrag
Kinders2
Webwerfwww.benkler.org

Biografiewysig

Benkler ontvang sy LL.B. van die Tel-Aviv Universiteit in 1991 en sy doktorsgraad van die Harvard Skool vir Regte in 1994. Hy werk by die Regsfirma Ropes & Gray van 1994 tot 1995. Hy doen sy klerkskap by die VSA Hooggeregshof onder regter Stephen G. Breyer van 1995 tot 1996.

Hy was ’n professor aan die New York Universiteit Skool vir Regte van 1996 tot 2003, besoekende professor aan die Yale Skool vir Regte en Harvard Skool vir Regte (gedurende 2002 tot 2003), voordat hy by die Yale Skool vir Regte aansluit in 2003. In 2007 aanvaar Benkler ’n senior pos by die Harvard Skool vir Regte.

Werkewysig

Benkler se navorsing fokus op gemeenskaplik gebaseerde benaderings tot die bestuur van hulpbronne in netwerkomgewings. Hy skep die term burgerygebaseerde eweknieproduksie (Engels: commons-based peer production) ten einde medewerkende skeppings te beskryf soos ’n gratis en oopbronsagteware en sosiale netwerk produkte soos Wiki Baike wat ontstaan weens die gemeenskaplike deel van inligting en kennis.

Hy gebruik ook die term genetwerkte informasie ekonomie wat hy defineer as ’n "stelsel van produksie, verspreiding en verbruik van informasiegoedere wat gekenmerk word deur gedesentraliseerde indiwiduele aksie wat uitgevoer word deur ongetemde verspreiding, nie-markgerigte metodes wat nie afhanklik is van markstrategieë nie" (Benkler 2006, p. 3). Benkler se boek The Wealth of Networks (Benkler 2006) ondersoek die wyses waarop informasietegnologie uitgebreide vorms van samewerking toelaat wat potensieel transformatiewe gevolge vir die gemeenskap en ekonomie mag hê. Wikipedia, Creative Commons, oopbronsagteware en die webjoernaalsfeer is voorbeelde waarna Benkler verwys. (The Wealth of Networks is gepubliseer onder ’n Creative Commons lisensie).

Benkler argumenteer dat webjoernale en ander metodes van deelnemende kommunikasie kan lei tot "’n meer kritiese en self-peinsende kultuur," waarin burgers bemagtig word deur hul vermoë om hul eie opinies te publiseer oor ’n reeks onderwerpe. ’n Groot gedeelte van The Wealth of Networks word aangebied in ekonomiese terme, en Benkler opper die moontlikheid dat ’n kultuur waarin informasie meer vryelik gedeel word moontlik meer ekonomies doeltreffend is as een waarin innovasie dikwels deur patente en kopiereg beskerm word, aangesien die marginale koste om die meerderheid van informasie te reproduseer effektief niks is nie.

Volgens Benkler het die mens toenemend toegang tot goedkoop proseseerders wat die manipulasie van informasie, storing, kommunikasie binne die bereik van baie mense bring. Dit is die kombinasie van lae-koste persoonlike rekenaars en die internet wat dié tipe gesamentlike optrede moontlik maak. Sake wat normaalweg sleg sou verdwyn as sosiale gebare het nou ’n vashoudenheid as ekonomiese produkte. Dit verskil radikaal van enigiets sedert die industriële revolusie.

Benkler stel dit dat indiwidue vandag platforms en gereedskap kan gebruik wat aanneem dat wat jy doen fasilitering en deelname is in teenstelling daarmee om ’n finale produk vir die verbruiker daar te stel. Benkler verwys na die voorbeeld van Skype. ’n Platform is geskep wat indiwidue in staat stel om persoonlike rekenaars se oorskot vermoë te benut om geskakeldheid te produseer. Niemand het ’n netwerk geskep vir Skype nie, alhoewel die miljoen of 2 milljoen mense aanlyn hulpbronne beskikbaar gestel het. Daar is ook geen komersiële transaksie tussen die deelnemers nie.

Geselekteerde publikasieswysig

  • The Wealth of Networks: How Social Production Transforms Markets and Freedom (Yale University Press 2006) [1]
  • Rules of the Road for the Information Superhighway: Electronic Communications and the Law (West Publishing, 1996 & 1997)

Verwysingswysig

  1. "www.benkler.org". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2006. Besoek op 1 Desember 2007.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media