Yangtze

Die Yangtze (Chinees: 長江 / 长江 , letterlik "Lang rivier"; ou spelling: Jangtse) is ná die Nyl en die Amasone die wêreld se derde langste rivier. Die rivier, met 'n lengte van 6 300 km, is die langste rivier in die Volksrepubliek China en in Asië.

Yangtze
Skemeraand op die Yangtze naby die Drieklowe.
Skemeraand op die Yangtze naby die Drieklowe.
Skemeraand op die Yangtze naby die Drieklowe.

Die stroomgebied van die Yangtze.

OorsprongSaamvloei van Tuotuo He en Dam Chu in Yushu, Geladaindong-piek, Tanggula-gebergtes, Qinghai
Mondingnaby Sjanghai in die Oos-Chinese See
StroomgebiedVolksrepubliek China
Lengte6 300 km (3 915 myl)[1]
Oorspronghoogte5 042 m (16 542 voet)
Mondinghoogte0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop30 166 m/s³ (1 065 302 vt³/s)[2]
Stroomgebiedopp.1 808 500 km² (698 266 myl²)[3]
Kaart van die Yangtze-bekken in Asië.
Kaart van die Yangtze-bekken in Asië.
Die "Groot Buig van Shigu"
Die "Tierspringkloof"
Kuimen – Poort na die Qutang-kloof
Die Drieklowedam tussen Chongqing en Yichang

Die Yangtze ontspring aan die Geladaindong-piek in die Tanggula-gebergtes in die Chinese provinsie Qinghai, sowat 450 km wes van die Geelrivier se oorsprong. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidoostelike rigting. Net wes vloei die Mekong en die Salween. Hierdie beskermde gebied van drie parallelle riviere in Yunnan is deur UNESCO in 2003 as wêrelderfenisgebied gelys.[4]

Die bo- en middelloop van die Yangtze word tot by Yichang gekenmerk deur baie klowe. Die mees bekende daarvan is die "Drie klowe Qutang, Wuxia en Xiling", wat intussen deur die omstrede Driekloofdam oorstroom is. Sowat 1 500 km stroomaf van die Yangtze se oorsprong bereik die rivier die "Groot Buig van Shigu", waar die tot-hier-suidoosvloeiende rivier sy rigting verander en nou in noordoostelike rigting deur die "Tierspringkloof" vloei.

Naby Shiluoke verander die Yangtze weer sy rigting en vloei nou in 'n suidelike rigting tot by Chitian. Na 'n 90°-kurwe in 'n oostelike rigting bereik die Yangtze na sowat 55 km Rubeidi, vanwaar die rivier weer in 'n noordoostelike rigting vloei. Naby Gelipingzhen verander die vloeirigting na die ooste, wat die Yangtze tot by die monding van die vanuit die suide komende Xiao Jiang naby Yenjuping behou. Vanaf hier vloei die rivier oorwegend in noordoostelike rigting. Naby Xinshizhen is 'n 180°-lus met aansluitende rigtingsverandering na oossuidoos tot by Yibin. Hier mond die vanaf-die-noordweste-komende Min Jiang in die Yangtze (tot hier 金沙江, Jīnshājiāng; "Goldsandrivier" genoem) uit, wat vanaf hier verder in noordoostelike rigting tot by Chongqing vloei.

Die Yangtze word deur die Keiserkanaal met die Geelrivier verbind. Die grootste stede aan die rivier is Panzhihua, Yibin, Luzhou, Chongqing, Yichang, Jiangling, Shishou, Yueyang, Xianning, Wuhan, Ezhou, Huangshi, Jiujiang, Anqing, Tongling, Wuhu, Ma'anshan, Nanjing, Yangzhou, Zhenjiang, Nantong en Sjanghai.

Verwysingswysig

  1. (en) Encyclopaedia Britannica: Yangtze River. Besoek op 27 Februarie 2015.
  2. (en) "Main Rivers". National Conditions. China.org.cn. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 27 Februarie 2015.
  3. (en) Zhang Zengxin; Tao Hui; Zhang Qiang; Zhang Jinchi; Forher, Nicola; Hörmann, Georg. "Moisture budget variations in the Yangtze River Basin, China, and possible associations with large-scale circulation". Stochastic Environmental Research and Risk Assessment. Springer Berlin/Heidelberg. 24 (5): 579–589. doi:10.1007/s00477-009-0338-7.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. (en) (fr) whc.unesco.org: Three Parallel Rivers of Yunnan Protected Areas

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media