Wodka

Wodka (afgelei van die Slawiese vodka, eintlik watertjie, die verkleinwoord van voda - dus "water") is 'n meestal kleurlose alkoholiese drank met 'n alkoholgehalte van tussen 37,5[1] en 80 persent. Wodka uit Rusland, Litaue en Pole het 'n alkoholgehalte van 40 persent.

Wodka-museum in Mandrogi, Russiese Federasie
Pan Tadeusz-wodka uit Pole
Die lande van die "vodka-gordel" in Noord-, Sentraal- en Oos-Europa is die historiese oorsprongslande van vodka en het ook die hoogste vodkaverbruik ter wêreld

Wodka word hoofsaaklik van gefermenteerde graan en aartappels gestook. Die drank word deur 'n byna neutrale smaak en die afwesigheid van foeselolies, geure of ander gefermenteerde stowwe (behalwe alkohol) gekenmerk. Wodka word skoon gedrink of as gemengde drank geniet.

Etimologiewysig

Die term "vodka" is 'n verkleinwoord van die Slawiese woord voda ("water") wat as "klein water" of "watertjie" geïnterpreteer word: die wortel вод- (vod-) [water] + -к- (-k-) [diminutief-agtervoegsel, naas ander grammatikale funksies] + -a [agtervoegsel van die vroulike geslag].[2][3]

Die oudste historiese rekord van die woord "wodka" is hoofse dokumente van die Poolse Sandomierz-palatinaat uit die jaar 1405; in hierdie vroeë periode het die term nog na geneesmiddels en kosmetika verwys. So bevat 'n aantal Russiese lyste met farmaseutiese produkte die terme "wodka of broodwyn" (водка хлебного вина vodka chlebnogo vina) en "wodka met die helfte broodwyn" (водка полу хлебного вина vodka polu chlebnogo vina).[4] Siende dat alkohol al lank as 'n basis vir geneesmiddels gebruik is, is die substantief wodka moontlik van die werkwoord vodit’, razvodit’ (водить, разводить, "met water verdun") afgelei.

Broodwyn was 'n alkoholiese drank wat van graan gestook is (in teenstelling met "druiwewyn") sodat "wodka van broodwyn" as 'n verdunde drank beskou kan word wat van gedistilleerde graanalkohol gemaak is.

Terwyl die woord in handskrifte en in loebok (лубок, Russiese strokiesverhale met verklarende teks) voorkom, het dit eers vanaf die middel van die 19de eeu in Russiese woordeboeke begin verskyn.

'n Ander moontlike samehang tussen "wodka" en "water" is die naam van 'n Middeleeuse alkoholiese drank, aqua vitae (Latyn, letterlik "water van die lewe") - soos weerspieël in die Poolse okowita, Oekraïense оковита of die Wit-Russiese акавіта. Die Engelse Whiskey het 'n vergelykbare etimologie - dit is afgelei van die Iers- en Skots-Gaeliese uisce beatha/uisge-beatha.

Mense in die beweerde oorsprongsgebied van wodka gebruik 'n reeks ander benamings vir die drank - met wortels wat "brand" beteken:Pools: gorzała, berbelucha, bimber; Oekraïens: горілка, horilka; Wit-Russies: гарэлка, harelka; Slawies: arielka; Litaus: degtinė; Samogities: degtėnė, word sowel in die omgangstaal asook in spreekwoorde gebruik; Lets: degvīns; Fins: paloviina. In 17de en 18de eeuse Russies is горящее вино (gorjašči vino, "wyn brand") algemeen gebruik. Vergelykbar terme in Germaanse tale is Duits Branntwein; Deens brændevin; Nederlands brandewijn Afrikaans brandewyn; Sweeds brännvin; Noors brennevin (alhoewel die laasgenoemde terme na enige alkoholiese drank kan verwys).

'n Ander argaïese Baltiese en Slawiese term vir sterk alkoholiese dranke was "groen wyn" (Litaus žalias vynas, Russies zeljonoje vino).

Verwysingswysig

  1. Verordening (EG) nr. 110/2008 van die Europese Parlement en die Europese Raad, 15 Januarie 2008, aanhangsel II, 15. Wodka
  2. Etimologiese aanlyn-woordeboek
  3. Etimologie van die woord “vodka” in Черных П. Я.: Историко-этимологический словарь современного русского языка. Москва, Русский язык-Медиа 2004
  4. William Pokhlebkin en Renfrey Clarke (vertaler): A History of vodka. Verso 1992

Eksterne skakelswysig

Media

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media