Witkruisvleivalk

Die witkruisvleivalk (Circus maurus) is 'n medium-grootte (ongeveer 46 cm lank) roofvoël wat in Suid-Afrika, Botswana en Namibië voorkom.

Witkruisvleivalk
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Circus
Spesie:
C. maurus
Binomiale naam
Circus maurus
Temminck, 1828
     verspreiding

Wanneer hierdie voël sit, vertoon dit swart. In vlug is die wit kruisvere sigbaar. Sy liggaamsbou is vergelykbaar met dié van ander vleivalke. Dit het 'n skraal liggaam, smal vlerke en 'n lang stert. Manlike en vroulike voëls lyk eenders, maar mannetjies het gryser primêre vere en steenkoolswarter vere.[2] Onvolwasse voëls het dofgeel maagvere en kolle op die bors.

Soos ander vleivalke bou dit neste op die grond in hoë plantegroei, veral naby stroompies. Die wyfie lê een tot vyf eiers (meestal drie) en neem 35 dae om dit uit te broei.

Die witkruisvleivalk eet hoofsaaklik klein knaagdiere, voëls en soms reptiele. Hulle jag prooi deur laag oor die grond te vlieg.

Die meeste broeipare word in die Wes-Kaap provinsie in Suid-Afrika aangetref. Teling in Namibië word vermoed, maar is nie bevestig nie.

Die kuikens word vir die eerste paar weke van hulle lewens deur die wyfie versorg. Op vier weke begin die kuikens om in die plantegroei rondom die nes weg te kruip. Hulle verlaat die nes op ongeveer 36-41 dae en is twee weke later volledig onafhanklik.

Die witkruisvleivalk-bevolking het in die afgelope jaar tot minder as 1 000 gedaal. Dit word nou deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. Dit is as gevolg van die vernietiging van sy oorspronklike broeihabitat, Suid-Afrika se natuurlike struikveld, die fynbos.

Verwysingswysig

  1. BirdLife International (2012). "Circus maurus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton, Peter Ryan (2011). Birds of Southern Africa, Fourth Edition (in Engels). Struik Nature. p. 110. ISBN 978-1-77007-927-4.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media