Wit-Nyl

(Aangestuur vanaf Wit Nyl)

Die Wit-Nyl (Arabies: النيل الأبيض, an nīl al 'abyaḍ) is die grootste sytak van die Nylrivier in Afrika. Dit is saam met die Blou-Nyl een van twee bronriviere van die Nyl.[1] Weens sy lengte, meer as twee keer dié van die Blou-Nyl, word die Wit-Nyl as die Nylrivier se hoofloop beskou, terwyl die Blou-Nyl as die Nylrivier se grootste sytak beskou word.

Wit-Nyl
Die Wit-Nyl in Joeba, Suid-Soedan.
Die Wit-Nyl in Joeba, Suid-Soedan.
Die Wit-Nyl in Joeba, Suid-Soedan.

Die stroomgebied van die Wit- en Blou-Nyl.

OorsprongLuvironza (Burundi)
Mondingsaamvloei met die Blou Nyl naby Khartoem, Soedan
StroomgebiedKongo (Demokratiese Republiek), Tanzanië, Burundi, Rwanda, Uganda, Suid-Soedan, Soedan
Lengte3 762 km (2 338 myl)
Oorspronghoogte2 700 m (8 858 voet)
Mondinghoogte380 m (1 247 voet)
Gemiddelde afloop878 m³/s (31 006 vt³/s)
Stroomgebiedopp.1 800 000 km² (694 984 myl²)
Kaart van die Wit-Nylbekken in Afrika.
Kaart van die Wit-Nylbekken in Afrika.
Saamvloei van die Blou- en Wit-Nyl naby Khartoem
Satellietbeeld van die Blou- en Wit-Nyl se saamvloei naby Khartoem

Die twee bronriviere van die Wit-Nyl ontspring in die gebergtes van Burundi en Rwanda net oos van die grens tot die Demokratiese Republiek van die Kongo. Aansluitend vloei die rivier in 'n noordoostelike rigting en mond naby die grens tussen Tanzanië en Uganda in die Victoriameer uit. Naby Jinja verlaat die Wit-Nyl, nou Victoria-Nyl genoem, die Victoriameer en vloei in 'n noordelike rigting deur die Kyogameer. Die rivier, hier Kyoga-Nyl genoem, vloei in 'n noordoostelike rigting en mond in die Albertmeer uit. Aansluitend vloei die Albert-Nyl in 'n noordelike rigting en kruis die grens tot Suid-Soedan, waar die rivier deur dié land se hoofstad, Joeba, vloei. Hier staan die rivier as Berg-Nyl (Arabies: بحر الجبل, Baḥr al-Jabal of Baḥr el-Jebel; letterlik "Bergrivier" of "Rivier van die Berg") bekend en vorm die Sudd, een van die wêreld se grootste vleilande en die grootste binnedelta in Afrika.[2] Die Wit-Nyl vloei verder in 'n noordelike rigting en bereik die grens van Soedan, waar dit Bahr al-Abiad genoem word.[3] In dié land se hoofstad, Khartoem, vloei die Wit-Nyl en die Blou-Nyl saam en die hoofloop van die Nylrivier ontstaan.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) T.S. McCarthy, 1993. The great inland deltas of Africa, Journal of African Earth Sciences, vol. 17, nr. 3, bl. 275–291
  3. (en) "Nile" in die Encyclopædia Britannica, 11th ed., Vol. 19. 1911.

Eksterne skakelswysig

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wit-Nyl.
  • (en) "White Nile River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Augustus 2019.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media