Winchester

Winchester is 'n historiese katedraalstad en die hoofstad van die Suid-Engelse graafskap Hampshire met 'n bevolking van 45 184. Die stad is aan die oewer van die Itchen-rivier en teen die westelike rand van die South Downs, 'n reeks van lae krytheuwels, geleë. Administratief behoort Winchester aan die groter City of Winchester, 'n distrik met 'n bevolking van 116 000.

Winchester
Stad
Winchester is in Engeland
Winchester
Winchester
Koördinate: 51°1′00″N 1°5′00″W / 51.01667°N 1.08333°W / 51.01667; -1.08333
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
LandVlag van Engeland Engeland
GraafskapHampshire
Bevolking
 • Totaal116 600
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)

Winchester het sy oorsprong in 'n Ystertydse oppidum. In die Romeinse tydperk het die nedersetting as Venta Belgarum bekendgestaan en tot 'n florerende nedersetting ontwikkel. Ná die onttrekking van Romeinse troepe was die stad eeue lank aan verval blootgestel. Koning Alfred die Grote van Engeland (omstreeks 849-899) het met die heropbou van Winchester begin en dit tot hoofstad van sy koninkryk verhef. Die heerser lê ook hier begrawe. Die middeleeuse straatrooster in Winchester se historiese middestad dateer nog uit die Angel-Saksiese tyd.[1]

Vandag staan Winchester veral bekend vir sy middeleeuse boukuns, die plaaslike universiteit en Winchester College, 'n befaamde privaat skool. Winchester se katedraal, een van die grootstes in Europa, is die belangrikste besienswaardigheid. Sy kerkskip is die langste van alle Gotiese katedrale, en ook sy totale lengte is ongeëwenaar.

Die eerste katedraal is in 648 gebou. Tussen 852 en 862 was Swithun biskop van Winchester; hy het sy laaste rusplek buite die katedraal gevind. Met die bou van die huidige katedraal is in 1073 begin, die boutyd was sestien jaar. Bekende persoonlikhede, wat hier begrawe lê, sluit Willem II van Engeland en die skryfster Jane Austen in.[2]

Besienswaardighede in Winchester
Groot saal van Winchester Kasteel. Volgens legendes is die ronde tafel in die saal deur Koning Artus gebruik.
Groot saal van Winchester Kasteel. Volgens legendes is die ronde tafel in die saal deur Koning Artus gebruik.
Groot saal van Winchester Kasteel. Volgens legendes is die ronde tafel in die saal deur Koning Artus gebruik. 
Standbeeld van Alfred die Grote
Standbeeld van Alfred die Grote
Standbeeld van Alfred die Grote 
Westgate - een van die middeleeuse stadspoorte
Westgate - een van die middeleeuse stadspoorte
Westgate - een van die middeleeuse stadspoorte 

Verwysingswysig

  1. www.visitwinchester.co.uk: History & heritage
  2. "Winchester Cathedral: Our history" (in Engels). Dean and Chapter of Winchester. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2014. Besoek op 2 Junie 2014.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media