William Holden

Amerikaanse akteur

William Holden (17 April 191812 November 1981) was ’n Amerikaanse akteur. Hy was een van die rolprentteaters se grootste trekpleisters en word beskou as een van die gewildste en bekendste akteurs van alle tye. Hy het in 1953 die Oscar vir beste akteur gewen vir sy rol in Stalag 17, en ’n Primetime Emmy vir die 1973-TV-prent The Blue Knight.

William Holden
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Publisiteitsfoto van William Holden, 1954

GeboortenaamWilliam Franklin Beedle Jr.
Geboorte(1918-04-17)17 April 1918
O'Fallon, Illinois, VSA
Sterfte12 November 1981 (op 63)
Santa Monica, Kalifornië
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur
Aktiewe jare1938-'81
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Holden het in van die grootste rolprenttreffers van alle tye gespeel, soos Sunset Boulevard, The Bridge on the River Kwai, The Wild Bunch, The Towering Inferno en Network. Hy is ses keer gekies as een van die top-10 sterre van die jaar (1954–1958, 1961) en was no. 25 op die American Film Institute se lys van top-100 sterre.

Vroeë lewewysig

Holden is as William Franklin Beedle Jr. gebore in O'Fallon, Illinois, as die seun van William Franklin Beedle Sr., ’n bedryfskeikundige, en Mary Blanche Ball, ’n onderwyseres.[1] Hy het twee jonger broers, Robert en Richard, gehad.

Sy gesin het na South Pasadena in Kalifornië getrek toe hy drie jaar oud was. Ná sy skoolopleiding aan die Hoërskool South Pasadena is hy na die Junior Kollege Pasadena, waar hy by plaaslike radiospele betrokke geraak het. Hy is in 1937 in ’n skoolopvoering deur Paramount Pictures raakgesien in die rol van ’n 80-jarige man, Marie Curie se skoonpa. Sy eerste rolprent was Prison Farm die volgende jaar.

Saam met Lee J. Cobb in Golden Boy (1939).
Saam met George Raft in Invisible Stripes (1939).

Loopbaanwysig

Sukseswysig

Saam met Audrey Hepburn in Sabrina (1954).

Holden se eerste groot rol was in Golden Boy (1939), as ’n vioolspeler wat ’n bokser word. Dit is gevolg deur die rol van George Gibbs in die rolprentweergawe van Our Town.[2]

Nadat Columbia Pictures die helfte van sy kontrak oorgeneem het, het hy in ’n paar klein prente vir Paramount en Columbia gespeel voordat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n 2de luitenant in die lugmag geword het. Sy loopbaan het in 1950 ’n hupstoot gekry toe Billy Wilder hom gebruik in Sunset Boulevard, saam met Gloria Swanson, waarvoor hy die eerste keer benoem is vir ’n Oscar vir beste akteur.[3]

Hierna het hy ’n paar rolle gespeel wat sy aantreklike voorkoms met siniese afsydighied gekombineer het, onder meer as ’n oorlogsgevangene-entrepreneur in Stalag 17 (1953), waarvoor hy ’n Oscar gewen het, ’n jong ingenieur en gesinsman onder druk in Executive Suite (1954), ’n bitter verhoogregisseur in The Country Girl (1954), ’n sorgelose plesiersoeker in Sabrina (1954) en ’n oorlogskorrespondent in Love Is a Many-Splendored Thing (1955). Sy bekendste rol was dié van ’n gevangene met slegte geluk in The Bridge on the River Kwai (1957). In The Horse Soldiers (1959) het hy saam met John Wayne gespeel.

Hy het ook ’n paar vroliker rolle gespeel in The Moon Is Blue (1953), Born Yesterday (1950) en Forever Female (1953). Hy het Humphrey Bogart se jonger broer gespeel in Sabrina (1954), waarin ook Audrey Hepburn was. In 1954 was hy op die voorblad van die tydskrif Life.

Sy loopbaan het in 1957 ’n hoogtepunt bereik met die enorme sukses van The Bridge on the River Kwai, maar hy het in die volgende paar jaar in ’n paar prente gespeel wat nie ’n groot sukses was nie.[4] Teen die middel 1960's het die gehalte van sy rolle en prente aansienlik afgeneem.

Latere loopbaanwysig

In 1969 het Holden ’n terugkeer gemaak in die regisseur Sam Peckinpah se gewelddadige en hoog aangeskrewe western The Wild Bunch. In dieselfde jaar het hy ook in die regisseur Terence Young se gesinsprent L'Arbre de Noël gespeel saam met die Italiaanse aktrise Virna Lisi. Die prent is aanvanklik in Amerikaanse teaters uitgereik as The Christmas Tree en op video as When Wolves Cry.[5]

Vyf jaar later het hy saam met Paul Newman en Steve McQueen gespeel in die rampfliek The Towering Inferno, wat ’n groot treffer was en een van Holden se rolprente wat die meeste geld gemaak het. Hy is ook geprys vir sy rol in Sidney Lumet se klassieke Network (1976), waarvoor hy ’n Oscar-benoeming gekry het.

In 1974 het hy ’n Emmy gewen vir sy uitbeelding van ’n siniese, rowwe veteraanpolisieman in die TV-prent The Blue Knight. In 1980 het hy saam met die gewilde kinderakteur Ricky Schroder verskyn in The Earthling. Sy laaste prent, Blake Edwards se S.O.B., is vir ’n Golden Globe benoem as beste prent.

Persoonlike lewewysig

Die bruidsmeisie, Brenda Marshall, en strooijonker, William Holden, was die enigste gaste op die troue van Ronald en Nancy Reagan.
Saam met Gloria Swanson in Sunset Boulevard (1950).
In The Revengers (1972).

Terwyl hy in 1966 in Italië was, het Holden ’n ander motorbestuurder se dood veroorsaak terwyl hy onder die invloed was. Hy het ’n opgeskorte vonnis van agt maande gekry vir manslag.[6]

Hy was van 1941 tot 1971 met die aktrise Ardis Ankerson (verhoognaam Brenda Marshall) getroud. In hul huwelik was hulle baie van mekaar af weg. Hulle het twee seuns, Peter Westfield en Scott Porter, gehad. Hy het ook sy vrou se dogter uit ’n vorige huwelik, Virginia, aangeneem.

Hy was in 1952 die strooijonker by die troue van sy groot vriend Ronald Reagan en sy vrou Nancy Davis; hy het egter nooit by politiek betroke geraak nie.

Holden het die Franse aktrise Capucine in die vroeë 1960's ontmoet en hulle het saam verskyn in The Lion (1962) en The 7th Dawn (1964). Hulle het ’n verhouding van twee jaar begin wat na bewering geëindig het weens Holden se alkoholisme.[7] Hulle het egter vriende gebly tot met sy dood in 1981.[8]

In 1972 het hy ’n verhouding met die aktrise Stefanie Powers begin en dit het haar belangstelling gewek in dierebeskerming.[9] Sy het ná sy dood die William Holden Wildlife Foundation by Holden se Mount Kenya Game Ranch gestig.[10]

Doodwysig

Volgens die Los Angeles-lykskouersverslag was Holden op 12 November 1981 alleen en besope in sy woonstel in Santa Monica toe hy gly, sy kop teen ’n bedtafeltjie stukkend stamp en doodbloei. Dit is onbekend of hy nie besef het hoe ernstig hy beseer is en of hy nie in staat was om hulp te ontbied nie. Sy liggaam is vier dae later gevind.[11] Hy het in sy testament bepaal dat hy sonder ’n begrafnis- of gedenkdiens veras word en dat sy as in die Stille Oseaan gestrooi word.[12]

In 2007 het sy stiefdogter, Virginia Holden Gaines, die boek Growing Up with William Holden: A Memoir geskryf waarin sy haar herinneringe aan haar lewe saam met Holden deel.

Filmografiewysig

Film
JaarTitelRolNotas
1938Prison FarmGevangeneNie op naamrol
1939Million Dollar LegsGegradueerdeNie op naamrol
1939Golden BoyJoe Bonaparte
1939Invisible StripesTim Taylor
1940Our TownGeorge Gibbs
1940Those Were the Days!P.J. "Petey" Simmons
1940ArizonaPeter Muncie
1941I Wanted WingsAl Ludlow
1941TexasDan Thomas
1942The Fleet's InCasey Kirby
1942The Remarkable AndrewAndrew Long
1942Meet the StewartsMichael Stewart
1943Young and WillingNorman Reese
1943Reconnaissance PilotHomselfKortprent
1943Wings UpHomselfKortprent
1947Blaze of NoonColin McDonald
1947Dear RuthLt. William Seacroft
1947Variety GirlHomself
1948The Man from ColoradoKapt. Del Stewart
1948Rachel and the StrangerDavid Harvey
1948Apartment for PeggyJason Taylor
1948The Dark PastAl Walker
1949Streets of LaredoJim Dawkins
1949Miss Grant Takes RichmondDick Richmond
1949Dear WifeBill Seacroft
1950Father Is a BachelorJohnny Rutledge
1950Sunset BoulevardJoe GillisBenoem vir ’n Oscar
1950Union StationLt. William Calhoun
1950Born YesterdayPaul Verrall
1951Force of ArmsSers. Joe "Pete" Peterson
1951Submarine CommandLt.kmdr. Ken White
1952Boots MaloneBoots Malone
1952The Turning PointJerry McKibbon
1953Stalag 17Sers. J.J. SeftonOscar vir beste akteur
1953The Moon Is BlueDonald Gresham
1953Die Jungfrau auf dem DachToerisKameerol
1953Forever FemaleStanley Krown
1953Escape from Fort BravoKapt. Roper
1954Executive SuiteMcDonald WallingSpesiale prys op die Venesiese Rolprentfees vir gesamentlike toneelspel
1954SabrinaDavid Larrabee
1954Samurai I: Musashi MiyamotoVertellerNie op naamrol
1954The Country GirlBernie Dodd
1954The Bridges at Toko-RiLt. Harry Brubaker
1955Love Is a Many-Splendored ThingMark Elliott
1955PicnicHal CarterBenoem vir BAFTA
1956The Proud and ProfaneLt.kol. Colin Black
1956Toward the UnknownMaj. Lincoln Bond
1957The Bridge on the River KwaiShears
1958The KeyKapt. David Ross
1959The Horse SoldiersMaj. Henry Kendall
1960The World of Suzie WongRobert LomaxLaurel-prys (2de plek)
1962Satan Never SleepsVader O'Banion
1962The Counterfeit TraitorEric Erickson
1962The LionRobert Hayward
1964Paris When It SizzlesRichard Benson/Rick
1964The 7th DawnMaj. Ferris
1966Alvarez KellyAlvarez Kelly
1967Casino RoyaleRansome
1968The Devil's BrigadeLt.kol. Robert T. Frederick
1969The Wild BunchPike Bishop
1969The Christmas TreeLaurent Ségur
1971Wild RoversRoss Bodine
1972The RevengersJohn Benedict
1973BreezyFrank Harmon
1974Open SeasonHal Wolkowski
1974The Towering InfernoJim Duncan
1976NetworkMax SchumacherNational Society of Film Critics-prys vir beste akteur (2de plek), New York Film Critics Circle-prys (3de plek), Oscar-benoeming, BAFTA-benoeming
1978FedoraBarry "Dutch" Detweiler
1978Damien: Omen IIRichard Thorn
1979Escape to AthenaGevangeneNie op naamrol
1979AshantiJim Sandell
1980When Time Ran OutShelby Gilmore
1980The EarthlingPatrick Foley
1981S.O.B.Tim Culley

Verwysingswysig

  1. "Ancestry of William Holden." Geargiveer 22 Februarie 2008 op Wayback Machine Genealogy.com. URL besoek op: 13 November 2011.
  2. Capua 2009, pp. 16–17.
  3. Capua 2009, pp. 54–55.
  4. "Film Ratings." IMDb. URL besoek op 6 Desember 2012.
  5. Capua 2009, pp. 135–136, 141.
  6. Brown, Andrew M. "When Alcoholics drink themselves to death." Geargiveer 27 Augustus 2013 op Wayback Machine The Telegraph, 7 April 2011.
  7. The Lion (gasheer: Robert Osborne); uitgesaai: 4 November 2012 op Turner Classic Movies
  8. Strodder 2000, p. 112.
  9. Capua 2009, p. 165.
  10. Bacon, Doris Klein. "For Love of Bill." Geargiveer 10 Desember 2013 op Wayback Machine People, Vol. 17, No. 21, 31 Mei 1982.
  11. Bennett, Bruce. "William Holden's Unscripted Fall From Grace." Geargiveer 23 September 2013 op Wayback Machine New York Sun, 2 Julie 2008.
  12. Capua 2009, p. 164

Bibliografiewysig

  • Capua, Michelangelo. William Holden: A Biography. Jefferson, Noord- Carolina: McFarland Press, 2010. ISBN 978-0-7864-4440-3.
  • Gaines, Virginia Holden. Growing Up with William Holden: A Memoir. Newark, Notts, VK: Strategems, 2007. ISBN 978-0-9741304-5-3.
  • Phillips, Gene D. Some Like It Wilder: The Life and Controversial Films of Billy Wilder. Lexington, Kentucky: University Press of Kentucky, 2010. ISBN 0-8131-2570-7.
  • Quirk, Lawrence J. The Complete Films of William Holden. Sacramento, Kalifornië: Citadel Press, 1986. ISBN 978-0-8065-0998-3.
  • Quirk, Lawrence J.The Films of William Holden. Sacramento, Kalifornië: Citadel Press, 1973. ISBN 978-0-8065-0375-2.
  • Strodder, Chris. Swingin' Chicks Of the Sixties. San Rafael, Kalifornië: Cedco Publishing Company, 2000. ISBN 0-7683-2232-4.
  • Thomas, Bob. Golden Boy: The Untold Story of William Holden. New York: St. Martin's Press, 1983. ISBN 978-0-312-33697-4.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media