William, Prins van Wallis

William, Prins van Wallis[1][2] KG KT PC ADC(P) (volle naam: William Arthur Philip Louis; gebore 21 Junie 1982 in Paddington, Westminster), is die oudste seun van koning Charles III en wyle prinses Diana, wat in 1997 oorlede is. Hy is die regmatige erfgenaam van die Britse troon.

William, Prins van Wallis

Volle naamWilliam Arthur Philip Louis
EggenoteCatherine, Prinses van Wallis
TitelsHertog van Cornwall
Hertog van Rothesay
Prins van Wallis
HuisWindsor
VaderCharles III van die Verenigde Koninkryk
MoederDiana, Prinses van Wallis
Gebore21 Junie 1982 (1982-06-21) (41 jaar oud)
Paddington, Westminster
KindersPrins George
Prinses Charlotte
Prins Louis

William is in Londen gebore en het skoolgegaan aan Wetherby, Ludgrove en Eton-kollege. Hy het 'n deel van sy brugjaar in Belize en Chili deurgebring voordat hy 'n meestersgraad in geografie aan die Universiteit van Sint Andrews behaal het. Hy het daarna opleiding aan die militêre akademie Sandhurst ontvang voordat hy in die Blues and Royals diens gedoen het. Hy het in April 2008 aan die lugmagkollege Cranwell gegradueer en vroeg in 2009 by die Britse lugmag se Soek-en-reddingsmag aangesluit. Van Julie 2015 af was hy twee jaar lank 'n voltydse vlieënier in die Oos-Agliese Lugambulans.

Die prins voer amptelike pligte namens die koning uit.[3] Hy is beskermheer van meer as 30 welsyn- en militêre organisasies, met sy welsynwerk wat sentreer om geestesgesondheid, bewaring en noodwerkers. In Desember 2014 het hy die "United for Wildlife"-inisiatief gestig, wat daarop gemik is om onwettige wildhandel wêreldwyd te verminder. In April 2016 het die Cambridges en prins Harry die bewusmakingsveldtog "Heads Together" vir geestesgesondheid gestig om mense aan te spoor om oor hulle geestesgesondheidsprobleme te praat.

In 2011 is William die Hertog van Cambridge gemaak voor sy troue met Catherine Middleton. Hy het die Hertog van Cornwall en van Rothesay geword nadat sy pa, koning Charles III, die troon op 8 September 2022 bestyg het. Die volgende dag is hy die Prins van Wallis en Graaf van Chester gemaak, titels wat gebruik word deur die regmatige erfgenaam van 'n regerende monarg, en Catherine het die Prinses van Wallis geword.[4] Die egpaar het drie kinders: prins George, prinses Charlotte en prins Louis.

Lewensloop

Op die balkon van Buckinghampaleis ná die bruilof

Prins William het aan die skole Wetherby, Ludgrove en Eton-kollege skoolgegaan, daarna geografie aan die Skotse Universiteit van Sint Andrews gestudeer en sy militêre opleiding aan die militêre akademie Sandhurst voltooi.

Hy is op 29 April 2011 getroud met Kate Middleton (nou Catherine, Prinses van Wallis), wat hy in 2001 aan die Universiteit van Sint Andrews leer ken het. Hulle was sedert 2002 in 'n verhouding en het in Oktober 2010 verloof geraak. Sir Thomas Fairfax (c. 1475–1520), voorvader van die 17de-eeuse Engelse generaal sir Thomas Fairfax (1612–1671), is hul gemeenskaplike voorouer.[5]

Met sy troue het William die Hertog van Cambridge geword en op 8 September 2022, toe sy pa koning word, het hy ook die Hertog van Cornwall geword. Die volgende dag, op 9 September 2022, het hy Prins van Wallis geword. Op 22 Julie 2013 is William en Catherine se eersteling, prins George (volle name: George Alexander Louis),[6] gebore , op 2 Mei 2015 hul tweede kind, prinses Charlotte (Charlotte Elizabeth Diana), en op 23 April 2018 hul derde kind, prins Louis (Louis Arthur Charles). Dit is die eerste keer sedert 1894-1901, tydens die bewind van koningin Victoria, dat drie geslagte troonopvolgers gelyk lewend is.[7]

Prins William is 'n lid van die Kerk van Engeland, soos gebruiklik deur die Britse koninklike familie. Hy het 'n jonger broer, prins Harry (gebore 1984). Deur hul moeder stam hulle af van die 17de-eeuse Engelse koning Karel II.

William het saam met sy vader, stiefmoeder en broer in Clarence House gewoon. Tussen 2010 en 2013, toe William 'n Britse lugmagreddingsvlieënier was, het hy en Catherine by Anglesey, 'n eiland in die noordweste van Wallis gewoon.

Aanspreekvorm

  • 21 Junie 1982 - 29 April 2011: SKH Prins William van Wallis
  • 29 April 2011 - 8 September 2022: SKH die Hertog van Cambridge[8]
    • in Skotland: SKH die Graaf van Strathearn
  • 8 September 2022 - 9 September 2022: SKH die Hertog van Cornwall en Cambridge[9]
  • Sedert 9 September 2022: SKH die Prins van Wallis
    • in Skotland: SKH die Hertog van Rothesay
    • in Cornwall: SKH die hertog van Cornwall

Stamboom

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prins Andreas van Griekeland en Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
4. Prins Philip, Hertog van Edinburg
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Alice van Battenberg
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
2. Charles III
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
George VI van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
5. Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Elizabeth die koningin-moeder
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
1. William, Prins van Wallis
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
12. Albert Spencer, 7de graaf Spencer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
6. John Spencer, 8ste graaf Spencer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
13. Cynthia Hamilton
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
3. Diana Spencer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
14. Maurice Roche, 4de baron Fermoy
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
7. Frances Roche
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
15. Ruth Gill
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Verwysings

  1. Hughes, David (8 September 2022). "Will Prince William become Prince of Wales? How royal titles have changed after the death of the Queen". i. Londen. Besoek op 8 September 2022.{{cite news}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  2. Elston, Laura (8 September 2022). "How the royal family's titles have now changed after the death of the Queen". The Independent. Londen. Besoek op 8 September 2022.{{cite news}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  3. "The Duke of Cambridge". The Royal Family. 5 Februarie 2016. Besoek op 12 Desember 2020.
  4. "King Charles names William and Kate the Prince and Princess of Wales". Reuters. 9 September 2022.
  5. Reitwiesner, William Addams; Steward, Scott Campbell (2011). Child, Christopher Challender (red.). The Ancestry of Catherine Middleton (in Engels). Boston, Massachusetts: New England Historic Genealogical Society. pp. 9, 16. ISBN 978-0-88082-252-7.
  6. "Royal baby: Kate and William name their son George Alexander Louis". Yahoo News (in Engels). 24 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2018. Besoek op 24 Julie 2013.
  7. Saul, Heather (22 Julie 2013). "Royal baby: Three heirs to the throne in line for first time – and the fact it's a boy avoids gender issue". The Independent. Besoek op 23 Julie 2013.
  8. Newton, Jennifer (8 September 2022). "Prince William and Kate Middleton's new titles and roles as Charles becomes King". Daily Mirror. Londen. Besoek op 8 September 2022.{{cite news}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  9. Juneau, Jen (8 September 2022). "Prince William and Kate Middleton Change Social Media to Duke and Duchess of Cornwall Titles". People. Londen. Besoek op 8 September 2022.{{cite news}}: AS1-onderhoud: url-status (link)

Bronne

Eksterne skakels

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media