Wikipedia:Voorbladartikel

Voorbladartikels: die beste van Wikipedia

Cscr-featured.svg

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.

Tans is daar 525 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 104 873. Dus verskyn een uit elke 199 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.

Calendar-nl.png

Nuwe toevoegings

’n Neanderdallerkopbeen.

Die Neanderdallers of Neanderdalmense is ’n uitgestorwe spesie van argaïese mense in die genus Homo, moontlik ’n subspesie van Homo sapiens, wat tot omtrent 40 000 jaar gelede in Eurasië voorgekom het.

Hoewel daar konsensus is dat die redes vir hulle uitsterwing "hoogs betwisbaar" is, word demografiese faktore soos klein bevolkings, verbastering en lukrake skommelings as waarskynlike faktore beskou. Ander redes wat aangevoer word, is opname in die moderne menslike samelewing, groot klimaatsveranderings, siektes of 'n kombinasie van dié faktore.

Hulle word gewoonlik geklassifiseer as die spesie Homo neanderthalensis, maar sommige wetenskaplikes beskou hulle as Homo sapiens neanderthalensis, ’n subspesie van Homo sapiens. Dit is onduidelik wanneer die Neanderdallers van die menslike lyn afgeskei het; studies dui op verskillende intervalle wat wissel van 315 000 jaar tot meer as 800 000 jaar gelede. Die tyd toe hulle van hulle voorouer H. heidelbergensis afgeskei is, is ook onduidelik. Die oudste moontlike Neanderdallerbene dater van 430 000 jaar gelede, maar die klassifikasie is onseker. Neanderdallers is bekend van talle fossiele, veral van ná 130 000 jaar gelede. Die tipespesimen, "Neanderthal 1", is in 1856 in die Neanderdal in die hedendaagse Duitsland ontdek. Vir 'n groot deel van die 20ste eeu het navorsers die Neanderdallers uitgebeeld as primitief, onintelligent en dierlik. Hoewel kennis en die persepsie van hulle sedertdien aansienlik verander het in die wetenskaplike gemeenskap, is die beeld van die onontwikkelde grotman-argetipe steeds gewild in die volkskultuur.

In vergelyking met die mens het Neanderdallers 'n robuuste liggaamsbou gehad met proporsioneel kort ledemate. Navorsers skryf dit dikwels toe aan aanpassing om hitte in 'n koue klimaat te bewaar, maar dit kon ook aanpassings gewees het om te hardloop in die warmer woudstreke waar hulle dikwels voorgekom het. Hulle het egter wel aanpassings vir die koue gehad, soos gespesialiseerde vetstoring en 'n vergrote neus om lug warm te maak. Die mans was gemiddeld 165 cm lank en vroue 153 cm, nes moderne mense voor die industriële tydperk. Die breinholtes van mans en vroue was onderskeidelik sowat 1 640 cm3 en 1 460 cm3, wat binne die omvang van moderne menslike breine is.

...lees verder
Kaart van grondgebiede tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog.

Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, ook bekend as die Namibiese Vryheidsoorlog, en soms in Suid-Afrika as die Angolese Bosoorlog aangedui, was 'n grootliks asimmetriese konflik wat vanaf 26 Augustus 1966 in Namibië (destyds Suidwes-Afrika), Zambië en Angola plaasgevind het, tot 21 Maart 1990. Dit is geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en die People's Liberation Army of Namibia (PLAN), 'n gewapende vleuel van die South West Africa People's Organisation (SWAPO). Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog het gelei tot van die grootste veldslae op die Afrika-kontinent sedert die Tweede Wêreldoorlog en was nou verweef met die Angolese Burgeroorlog.

Na etlike jare van onsuksesvolle petisie deur die Verenigde Nasies en die Internasionale Geregshof vir Namibiese onafhanklikheid van Suid-Afrika, het SWAPO die PLAN in 1962 gevorm met wesenlike bystand van die Sowjetunie, Volksrepubliek van China en simpatieke Afrika-state soos Tanzanië, Ghana, en Algerië. Gevegte het tussen PLAN en die Suid-Afrikaanse owerhede in Augustus 1966 uitgebreek. Tussen 1975 en 1988 het die SAW massiewe konvensionele klopjagte in Angola en Zambië uitgevoer om PLAN se voorwaartse bedryfsbasisse uit te skakel. Dit het ook spesialis-teeninsurgensie-eenhede soos Koevoet en 32-Bataljon ontplooi wat opgelei is om eksterne verkenning uit te voer en guerrillabewegings op te spoor.

Suid-Afrikaanse taktiek het toenemend aggressief geword namate die konflik gevorder het. Die SAW se invalle het Angolese ongevalle opgelewer en soms gelei tot ernstige kollaterale skade aan ekonomiese installasies wat as noodsaaklik vir die Angolese ekonomie beskou is. Oënskynlik om hierdie strooptogte te stop, maar ook om die groeiende alliansie tussen die SAW en die National Union for the Total Independence for Angola (UNITA), wat eersgenoemde met gebuite PLAN-toerusting bewapen het, te ontwrig, het die Sowjetunie die People's Armed Forces of Liberation of Angola (FAPLA) deur 'n groot kontingent van militêre adviseurs en tot vier miljard dollar se moderne verdedigingstegnologie in die 1980's gesteun. Vanaf 1984 was gereelde Angolese eenhede onder Sowjetbevel selfversekerd genoeg om teen die SAW te veg. Hulle posisies is ook deur duisende Kubaanse troepe versterk. Die toestand van oorlog tussen Suid-Afrika en Angola het kortstondig geëindig met die kortstondige Lusaka-ooreenkomste, maar het in Augustus 1985 hervat, aangesien beide PLAN en UNITA die wapenstilstand benut het om hul eie guerrilla-aktiwiteite te versterk, wat gelei het tot 'n hernieude fase van FAPLA-gevegsoperasies gekulmineer in die Slag van Cuito Cuanavale. Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog is grootliks beëindig deur die Drieparty-akkoord, bemiddel deur die Verenigde State, wat die partye verbind het tot 'n onttrekking van Kubaanse en Suid-Afrikaanse militêre personeel uit onderskeidelik Angola en Suidwes-Afrika. PLAN het sy finale guerrilla-veldtog in April 1989 van stapel gestuur. Suidwes-Afrika het 'n jaar later, op 21 Maart 1990, formeel onafhanklikheid as die Republiek van Namibië ontvang.

Ten spyte daarvan dat dit grootliks in buurstate geveg is, het die Suid-Afrikaanse Grensoorlog 'n fenomenale kulturele en politieke impak op die binnelandse Suid-Afrikaanse samelewing gehad. Die land se apartheidsregering het baie moeite gedoen om die oorlog as deel van 'n inperkingsprogram teen streeks-Sowjetekspansionisme aan te bied en dit gebruik om openbare anti-kommunistiese sentiment aan te wakker. Dit bly 'n integrale tema in kontemporêre Suid-Afrikaanse letterkunde in die breë en veral Afrikaanstalige werke, wat aanleiding gegee het tot 'n unieke genre bekend as grensliteratuur.

...lees verder

Aardrykskunde

Japan

Aarde - Alabama - Alexandrië - Alpe - Amsterdam - Andorra - Antarktika - Argentinië - Arktiese Oseaan - Arles - Armenië - Australië - Azerbeidjan - Belfast - België - Berg Athos - Berlyn - Bergen - Bernau bei Berlin - Bieszczady - Bordeaux - Botswana - Brasilië - Bredasdorp - Bremen - Bretagne - Brussel - Buenos Aires - Bulgarye - Carcassonne - Chicago - Chili - Costa Rica - Darmstadt - Denemarke - Duitsland - Durban - Estland - Ethiopië - Faroëreilande - Frankfurt am Main - Frankryk - Frans-Guyana - Genua - Georgië - Glasgow - Gotenburg - Hamburg - Hawaii - Helsinki - Hesse - Ierland - Iran - Istanboel - Italië - Japan - Johannesburg - Kaapse Plooigordel - Kaapstad - Kaliningrad - Kambodja - Kamtsjatka-skiereiland - Kanada - Kasakstan - Keulen - Krim - Krugerwildtuin - Leiden - Libië - Litaue - Londen - Los Angeles - Madagaskar - Malawi - Malta - Meksiko - Milwaukee - Moldowa - Monaco - Mont-Saint-Michel - Montreal - Montreux - Moskou - Namibië - Nederland - Nedersakse - Nieu-Seeland - Noord-Ierland - Noord-Masedonië - Noorweë - Normandië - Nyldelta - Oekraïne - Paaseiland - Papoea-Nieu-Guinee - Parys - Perth - Pireneë - Pole - Port Elizabeth - Potsdam - Pretoria - Provence - Quebec - Réunion - Reykjavik - Riga - Rio de Janeiro - Rusland - Sachalin - São Paulo - Senegal - Siberië - Sjanghai - Skerryvore - Skotland - Slowakye - Straatsburg - Suid-Afrika - Svalbard - Swartwoud - Swede - Switserland - Sydney - Tafelberg - Tahiti - Thailand - Tirus - Tornado - Treviso - Tsoenami - Turyn - Uruguay - Valencia - Venesië - Verenigde Koninkryk - Verenigde State van Amerika - Vermont - Vilnius - Vulkaan - Waalse Gewes - Wallis - Warskou - Washington, D.C. - Wes-Australië - Ysland - Zambië - Zürich


Geskiedenis

Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog

Akkadiese Ryk - Amerikaanse Rewolusie - Andries Pretorius - Anne Frank - Antieke Egipte - Antieke Hawaii - Apartheid - Asjantiryk - Assirië - Berlynse Lugbrug - Boeing B-17 Flying Fortress - Boerekrygsgevangenes - Centurion - Cetshwayo kaMpande - Cicero - Cité de Carcassonne - Cleopatra VII - Duitse Demokratiese Republiek - Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk - Etruskers - Fenisië - Francis William Reitz - Fritz Joubert Duquesne - Gallië - Goelag - Heinz Guderian - Homeros - Hongaarse Rewolusie van 1956 - Indusvalleibeskawing - Jan Christian Smuts - Jesus van Nasaret - Johanna van Arkel - Kathaar - Khmer-ryk - Kiëf-Roes - Kosakke - Koue Oorlog - Koesj - Kruistog - Kulturele Rewolusie - Legendariese Sweedse konings - Li Bai - Memphis - Mesopotamië - Middeleeuse kookkuns - Militêre geskiedenis van Suid-Afrika - Mongoolse Ryk - Bernard Montgomery - Moord op die Romanofs - Adriaan Moorrees - Namibiese volksmoord 1904-1908 - Fridtjof Nansen - Neanderdaller - Neolitiese Omwenteling - Nikolaas II van Rusland - Nyabêla - Operasie Entebbe - Opstand in die Warskou-ghetto - Paleolitikum - Palmyra - Partiese Ryk - Perikles - Plinius die ouere - Pitia - Pous Pius IX - Pous Silvester II - Rosettasteen - Russies-Japannese Oorlog - Russiese Rewolusie 1917 - William Philip Schreiner - Seerowery - Sesdaagse Oorlog - Sherman Firefly - Slag van Magersfontein - Slag van Stalingrad - Hans Strijdom - Suid-Afrikaanse Grensoorlog - Helen Suzman - Tiger I-tenk - Trojaanse Oorlog - Tweede Wêreldoorlog - USS Constitution - USS Maryland (BB-46) - Victoria van die Verenigde Koninkryk - Vlad Dracula - Voorlaaier - Wêreldgeskiedenis - Winteroorlog


Kultuur en samelewing

'n Glas rooiwyn

Afrikaanse kerkbou in die Karoo - Hennie Aucamp - Chris Barnard - Barnsteen - Simone de Beauvoir - Bewussyn - Christiaan Frederik Beyers - Boeddhisme - Borsjt - Breyten Breytenbach - André P. Brink - Ted Bundy - Byeboerdery - Petrus Coetzee - Cristina Fernández de Kirchner - Dagbreek - Joachim Nikolaus von Dessin - Marie Koopmans-De Wet - Reza de Wet - Die Transvaler - Die Vaderland - Egiptiese mitologie - Ekonomie van Suid-Afrika - Frans Engelenburg - Ganesja - Geestesteuring - Gereformeerde kerk Humpata - Geskiedenis van erotiese afbeeldings - Groot Markplein van Brussel - Hadj - Carl Otto Hager - Hiernamaals - Hindoeïsme - Adriaan Hofmeyr - Jan Hendrik Hofmeyr - Jannie Hofmeyr - Interseks - Jode in Suid-Afrika - Ingrid Jonker - Elsa Joubert - Kaas - Kleurlingstemregvraagstuk - Etienne Leroux - Mabel Malherbe - Maori-kultuur - Johannes Meintjes - Middeleeuse kookkuns - Andrew Murray - Nederduits (skoolvak) - NG gemeente Fordsburg - NG gemeente Rondebosch - Oktoberfest - Oosters-Ortodokse Kerk - Paryse Metro - Plafon van die Sixtynse kapel - Posseël - Dirk Postma - Reinheitsgebot - Rooiplein - P.D. Rossouw - Jean-Jacques Rousseau - SACS - Seks - Seksualiteit in antieke Rome - Seksuele oriëntasie - Sider - Sisiliaanse Mafia - Slawiese mitologie - Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003- - Swabies-Alemanniese Karnaval - Swastika - Elizabeth Taylor - Anton Tsjechof - Herman van Broekhuizen - Verenigde Party - Vlag van Argentinië - Vlag van Armenië - Vlag van Australië - Vlag van Azerbeidjan - Vlag van Brasilië - Vlag van Chili - Vlag van Denemarke - Vlag van die Filippyne - Vlag van die Republiek China - Vlag van die Verenigde Koninkryk - Vlag van die Verenigde State - Vlag van die Volksrepubliek China - Vlag van Duitsland - Vlag van Europa - Vlag van Frankryk - Vlag van Hongkong - Vlag van Indië - Vlag van Israel - Vlag van Japan - Vlag van Kanada - Vlag van Meksiko - Vlag van Namibië - Vlag van Nieu-Seeland - Vlag van Puerto Rico - Vlag van Singapoer - Vlag van Suid-Afrika - Webjoernaal - Wladimir Poetin - Wyn


Sport

'n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit 'n harde duikslag deur 'n Australiër

Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Pakistanse nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Proteas - Rugby - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - Tafeltennis - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan


Biologie

Seekoei

Afrika-rotsluislang - Berghaan - Blouwalvis - Bonobo - Buffel - Dier - Dinosourus - Fotosintese - Gewone luislang - Gordeldier - Jagluiperd - Javaanse tier - Kat - Koraal - Kryt-Paleogeen-uitwissing - Leeu - Lewensiklus van die tier - Mens - Menslike evolusie - Mos - Oorsprong van voëls - Pikkewyn - Poema - Pylsterteend - Rot - Saffraan - Seekoei - Sekretarisvoël - Senuweestelsel - Slaap - Swangerskap - Tierluislang - Wolf - Ysbeer


Taal- en letterkunde

Padteken in Wallies

Afrikaans - Fins - Frans - Hamlet - Henry James - Italiaans - Mabel Jansen - Adam Mickiewicz - Misdaad en Straf - Nederlands - William Shakespeare - Sweeds - Taal - Verskille tussen Afrikaans en Nederlands - Wallies


Die Kunste

'n Strokiesverhaal

Ingmar Bergman - Bucchero - Samuel Cronwright - Salvador Dalí - Marlene Dietrich - documenta - Paul Gauguin - Katedraal van Vilnius - Klooster - Krugerstandbeeld - Kuns - Leonardo da Vinci - Modernisme - Marita Napier - Oscar Niemeyer - Jacobus Hendrik Pierneef - Johan de Ridder - Leni Riefenstahl - Staafkerk van Borgund - Sosialistiese realisme - Strokiesverhaal - Topkapi-paleis - Tuin van Wellus - Rembrandt van Rijn - Leonore Veenemans - Andy Warhol - Wat Phra Kaew


Sterrekunde en ruimtevaart

Saturnus

Aarde - Alpha Centauri - Andromeda-sterrestelsel - Asteroïde - Buiteaardse lewe - Europese Suidelike Sterrewag - Hubble-ruimteteleskoop - James Webb-ruimteteleskoop - Komeet - Kuipergordel - Maan - Maanlanding - Mariner 4 - Mars - Melkweg - Neptunus - Opsporing van eksoplanete - Pioneer 11 - Pluto - Proxima Centauri - Saturnus - Sonnestelsel - Ster - Sterrestelsel - Triton - Uranus se ringe - Veranderlike ster - Waarneembare heelal


Wetenskap en tegnologie

Wankelenjin

Aardverwarming - Airbus A380 - Apple Inc. - Binnebrandenjin - Concorde - Differensiaalrekening - Doebai Internasionale Lughawe - Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting - Geskiedenis van die Aarde - Glas - Maria Goeppert-Mayer - Goud - Hardeskyf - Hernubare energie - Jaar - Kamera - Karoo-supergroep - Laser - Manhattan-projek - Parasetamol - Patent - Pi - Poolkoördinatestelsel - Qantas - James Randi - San Francisco Internasionale Lughawe - Ignaz Semmelweis - TGV - Tegnesium - Edward Teller - Tempelhof-lughawe - Toekoms van die Aarde - Turboskroef - Uraan - Wankelenjin - Waterstof - Wright-broers - Yster


Voorbladartikels 2005Voorbladartikels 2006Voorbladartikels 2007Voorbladartikels 2008Voorbladartikels 2009Voorbladartikels 2010Voorbladartikels 2011Voorbladartikels 2012Voorbladartikels 2013Voorbladartikels 2014Voorbladartikels 2015Voorbladartikels 2016Voorbladartikels 2017Voorbladartikels 2018Voorbladartikels 2019Voorbladartikels 2020Voorbladartikels 2021Voorbladartikels 2022




Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerus hier klik sodat dit verfris word.


Wikipedia:Voorbladartikel

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.