Wiki Baike:Kategorisering

Hoekom kategorieë?wysig

'n Kategoriseringstelsel is 'n geordende manier waarop al die artikels in die Afrikaanse Wikipedia deursoek kan word deur gebruikers en besoekers op soek na inligting, selfs al weet hulle nie of die inligting bestaan of wat die betrokke artikel se naam is nie. Dit is dus altyd belangrik om gebruikersvriendelikheid in gedagte te hou wanneer aan die huidige kategoriestelsel gewerk word.

Elke artikel behoort in minstens een kategorie te val. Kategorieë is hoofonderwerpe wat moontlik van nut is vir iemand wat die artikel lees en op soek is na soortgelyke artikels.

Byvoorbeeld:

Artikel: "Tafelberg"
Nuttige kategorieë: "Berge van Suid-Afrika", "Kaapstad"
Nuttelose kategorieë: "Plekke in Suid-Afrika", "Berge wat begin met T"

Algemene riglyne:wysig

  • Dit is waarskynlik dat 'n artikel tot meer as een kategorie sal behoort. Bly egter binne perke, die doeltreffendheid van 'n kategoriestelsel verminder hoe meer kategorieë aan 'n artikel toegewys word.
  • Slegs die noue kategorie moet vermeld word. Dus slegs "Suid-Afrikaanse dorp" en nie "Dorp" ook nie. "Eiffeltoring" is weer onder "Torings" gekategoriseer en hoef dus nie weer onder "Argitektuur" gekategoriseer te word nie.
  • Daar word aanbeveel dat gekyk word na die formaat van reeds bestaande kategorieë voor 'n nuwe een geskep word. Die geskiedenis van 'n land word byvoorbeeld altyd gekategoriseer as "Geskiedenis van X".
  • Behou neutraliteit met kategorisering. Vra jouself af of dit miskien omstrede of beledigend sal wees om sekere artikels in sekere kategorieë te plaas of 'n kategorie 'n sekere benaming te gee. 'n Kategorie soos "Hoere" is kru en onvanpas, terwyl "Prositute" of "Sekswerkers" 'n beter opsie sal wees. Waar moontlik, gebruik ook eerder 'n neutrale geslagsvorm, bv. "Monarge", in plaas van "Konings" en "Koninginne".
  • Vra as jy nie weet nie of onseker is.

Hoe nou is nou?wysig

Artikels moet so nou as moontlik gekategoriseer word. Dus eerder "Suid-Afrikaanse dorpe" as "Dorpe". Hou egter in gedagte dat die Afrikaanse Wikipedia nog klein is en dat kategorieë met slegs een of twee artikels sleg vertoon. Die kategorie "Afghanistan" bevat byvoorbeeld slegs 'n paar artikels; dus sal dit oorbodig wees om 'n kategorie soos "Museums in Afghanistan" te skep, indien daar 'n artikel sou wees wat tot die kategorie behoort. In so 'n geval is dit beter om die artikel in die hoofkategorie (in dié geval "Afghanistan") te laat.

Naamkeusewysig

Vir die riglyne vir die kies van titels vir artikels, sien Baike: Titelriglyne. Heelwat daarvan sal ook relevant wees vir kategorieë. Daar is egter verskille tussen kategorieë en artikels, en sake wat net relevant is vir kategorieë, en dié word dus hier bespreek:

  • Vakgebiede: As jy nie kennis oor 'n sekere vakgebied het nie, is dit beter om iemand wat weet te vra of die kategorisering aan hulle oor te laat.
  • Alhoewel artikelname in die enkelvoud is, bv. "Digter", "Rivier", gebruik ons, waar van pas, meervoude by die benaming van kategorieë, bv. "Digters", "Riviere".
  • Gebruik sinskas, d.w.s. gebruik slegs 'n hoofletter aan die begin van die kategorie en aan die begin van name en nie aan die begin van elke woord in die kategorie nie. Dus "Politieke figure" en nie "Politieke Figure nie", maar wel "Geskiedenis van China".
  • Vermy afkortings.
  • Mense word volgens nasionaliteit en beroep gekategoriseer, bv. "Skotse digters", maar nie "Natalse filosowe" nie.
  • Moenie kategorieë verdeel in "huidige" of "destydse" subkategorieë nie, bv. "Destydse kinderfilmsterre" of "Huidige Springbokrugbyspelers".

Kategorisering van dierewysig

Die kategorisering van diere vind as volg plaas

Artikel (genus, spesie of subspesie) -> Kategorie:Familie -> Kategorie:Klas

Hier volg 'n paar voorbeelde:

  1. Blouwalvis: gekategoriseer onder familie (Kategorie:Vinwalvisse) en die kategorie "Vinwalvisse" onder die betrokke klas (Kategorie:Soogdiere).
  2. Grootmalmok -> Kategorie:Albatrosse (familie) -> Kategorie:Voëls (klas)
  3. Roof-bottelneus -> Kategorie:Snawelvisse (familie) -> Kategorie:Visse (klas)

Gebruik waar moontlik idiomatiese (Afrikaanse) benamings en nie die wetenskaplike benamings nie, dus eerder "Insekte" as "Insecta". Dit is daarom belangrik om vertroud met Afrikaanse benamings te wees of toegang tot die nodige bronmateriaal te hê.

Daar is ook 'n paar internetdatabasisse waar mens idiomatiese en wetenskaplike benamings kan vergelyk.

Onthouwysig

Elke reël het 'n uitsondering.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media