Wikipedia:Geselshoekie


Kom praat met ons, ons kuier lekker saam!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Crystal Clear app file-manager.png
Argief
04-0620072008
200920102011
201220132014
201520162017
201820192020
2020.220212022
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Opgedateerde boomlys

Gemeenskap, die Dendrologiese Vereniging het die Nasionale boomlys hersien. Ek is nou op hulle eposlys, wie soek 'n kopie? Groete! Oesjaar (kontak) 17:04, 22 Oktober 2022 (UTC)

100% publisiteitsfoefie en nie die digitale papier werd waarop dit gratis versprei word nie. As daar iets aan was sou jy moet betaal vir 'n ordentlik gedrukte boek. Met "hersien" bedoel hulle dat 'n paar bossies en rankers met houtagtige stamme (vgl. Lopholaena coriifolia) nou bome genoem word, hulle sinnelose en onnodige boomnommers wil populariseer sodat jy elke keer na hulle moet verwys as daarvan gebruik maak, swak deurdagte genusname wil afdwing (vgl. Vachellia met nuwe tipespesie, in plaas van Acacia met sinvolle tipespesie), en na my mening oningeligde lede met wikipedia se hulp wil werf sodat Sasol en kie hulle meer geld gee. Daar is wel 'n Ochna-spesie wat bykom wat seker weer die fopnommers opdons. Nie aan te beveel as verwysing nie. Ons moet onafhanklik daarvan bly. JMK (kontak) 15:56, 23 Oktober 2022 (UTC)

"Skin"

Is die 2022-skin nou die verstek? Ek dog daar is nog 'n bespreking daaroor, of is ek verkeerd? ~ Burgert (kontak) 17:09, 25 Oktober 2022 (UTC)

Iemand luister nie na ons nie. Het persoonlik teruggeskuif na die 2010-weergawe. JMK (kontak) 22:55, 25 Oktober 2022 (UTC)
Ek het ook teruggeskuif na die 2010-weergawe, kan nie op so 'n smal bladsy werk nie!   Aliwal2012 18:43, 26 Oktober 2022 (UTC)
Ek ok! Oesjaar (kontak) 18:45, 26 Oktober 2022 (UTC)
Tabelle en galerye word beïnvloed, vertoon minder netjies, omdat teks meer vou of fotos nie meer ewe groot is nie. Wysingsblad benut soms 1/3 van die bladsy, soms wel hele bladsy. Die soekraampie moet nou fotos wys, weereens wyd gespasieer sodat dit oor die onderrand van my bladsy gaan. En dit praat nog Engels: "Loading search options". Voorgestelde tale sluit gereeld Zazaki en Hindi in om een of ander rede. Die Asiatiese tale 'n warboel van kolomme omdat hulle volgens skriftipes gesorteer word, en dié ook wyd uitmekaar, sodat jy ver moet scroll. Afrikatale volg darem tweede laaste op die lys van streke. Ek glo nie hul statistiek nie – as hulle doof is vir ons, dan ook doof vir ander klagtes. JMK (kontak) 21:06, 26 Oktober 2022 (UTC)
Hello @JMK, thanks for writing about these problems. Let me see what we can do:
  • "Voorgestelde tale sluit gereeld Zazaki en Hindi in om een of ander rede", "Die Asiatiese tale 'n warboel van kolomme omdat hulle volgens skriftipes gesorteer word, en dié ook wyd uitmekaar, sodat jy ver moet scroll. Afrikatale volg darem tweede laaste op die lys van streke" - I believe this was all true before the change, too. This has been part of the Universal Language Selector developed by the Language team. This is a good few/several years old. I don't know how exactly the suggestion functionality works, but I can ask a friend who might help (@UOzurumba (WMF)). Regarding the sorting aspect - traditionally, with the alphabetical order, there was chaos, too. For example, there was no clear answer to the question if Spanish should be between R and T, or D and F. This applied to a number of languages.
  • About things not belonging to other teams:
    • "Tabelle en galerye word beïnvloed, vertoon minder netjies, omdat teks meer vou of fotos nie meer ewe groot is nie" - if I'm correct, you're referring to a problem what has been existing for many years. Indeed, sometimes, we, Wikipedians, "design" articles to look good - in our opinion, on our screens. But this only works for certain resolutions. I don't have a simple solution. Even some technically-skilled volunteers tell that the solution would be a different approach to writing articles :/
    • "Wysingsblad benut soms 1/3 van die bladsy, soms wel hele bladsy" - would you be able to elaborate on that? I don't quite understand what wysingsblad is and what issue you're referring to.
    • "Die soekraampie moet nou fotos wys, weereens wyd gespasieer sodat dit oor die onderrand van my bladsy gaan" - could you perhaps share a screenshot? I'd like understand better what it looks like on your screen.
    • "En dit praat nog Engels: Loading search options" - here you can add interface translations.
SGrabarczuk (WMF) (kontak) 04:18, 10 November 2022 (UTC)

8,8 cm Flak 18/36/37/41

Museumname

Gemeenskap, kan ek maar die museumname so in Engels in kursief gebruik? Groete! Oesjaar (kontak) 18:32, 30 Oktober 2022 (UTC)

Nee. 8,8 cm-Flak 18/36/37/41. ~ Burgert (kontak) 11:56, 31 Oktober 2022 (UTC)
@Burgert Behr:, help asb met die laaste paar in vreemde tale... Groete! Oesjaar (kontak) 18:34, 31 Oktober 2022 (UTC)
Ek weet nie wat jy bedoel nie, maar die artikel se naam moet wees 8,8 cm-Flak 18/36/37/41, amper soos in Duits en Nederlands, maar volgens Afrikaanse spelreëls. ~ Burgert (kontak) 19:39, 31 Oktober 2022 (UTC)
Al die name moet ook nie elke keer vet wees nie. ~ Burgert (kontak) 19:43, 31 Oktober 2022 (UTC)
@Burgert Behr:, die vet is weg. Ek soek asb hulp onder die hoofstuk Museumstukke. Groete! Oesjaar (kontak) 07:40, 1 November 2022 (UTC)

Die FAK se FB blad

Uit die FAK se FB die volgende oor Eric Nobss:Hy is op Nuwejaarsdag in 1954 gebore, maar ondanks sy bekendheid bestaan daar geen Wikipedia-bladsy oor hom nie en geen verdere biografiese inligting oor hom is bekend nie. terwyl Eric Nobbs bestaan! Niemand is so blind as hulle wat nie wil sien nie. Ek wonder hoeveel van die FAK se lede lewer 'n bydra hier by ons? Is dit erkenning van die FAK se kant af? Ek wonder maar net... Groete! Oesjaar (kontak) 14:43, 31 Oktober 2022 (UTC)

Pioneer 3

Gemeenskap, ek sukkel met die term: Injection angle uit die Engels [1]. Ek vermoed dit is die hoek waarmee die vuurpyl die aarde mee verlaat. Enige hulp is welkom! Groete! Oesjaar (kontak) 05:37, 2 November 2022 (UTC)

Die Engelse artikels se beskywings van "orbitale oordrag" (transfer orbit) en "orbitale injeksies" (orbital injections) is so lendelam uiteengesit dat 'n leser nie maklik uitmaak wat hulle bedoel nie. En vg. natuurlik ongedefinieerde Afrikaanse "terme". Vir "injection angle" is "orbitale invalshoek" miskien intuitief verstaanbaar, waar "orbitale" 'n oordrag-wentelbaan impliseer, waarin die "oordrag" die oordrag van die tuig uit die aarde na maan se invloedsfeer is. JMK (kontak) 19:18, 3 November 2022 (UTC)

Voorstel: Staatshoof-sjabloon vir elke land

Wat dink julle as ons 'n Staatshoof-sjabloon skep vir elke land? B.v. {{Staadshoof-ZA}} = Skakel na Ramaphosa. Elke keer as 'n land se staatshoof verander, dan moet dit by 'n klomp plekke verander word, en sommige van hulle vergeet mense om te verander. Elke land se kantbalk, G8, G20, ens. sjablone kan dit gebruik, en dan kan ons dit net in een plek verander. - Rooiratel (kontak) 07:58, 7 November 2022 (UTC)

Klink goed. ~ Burgert (kontak) 09:46, 7 November 2022 (UTC)

WikimediaZA

Gemeenskap, so tussen al die pille en dinge: tydens die laaste AJV was ek weer verkies as 'n Direkteur op die WikimediaZA raad met die portefeulje Afrikaans. Ek is ook nou deel van die Finansiële komitee, dit sal verseker dat ons ons regmatige deel van die beskikbare fondse kry. Groete! Oesjaar (kontak) 14:58, 8 November 2022 (UTC)

Jy kan ook daar aanspraak maak op meer outonomie vir Afrikaanse wikipedia, Afrikaanse wikiquote ensomeer. Daar is op die oomblik mense van die WMF wat vir ons voorskryf en niks na ons luister nie. Ons moet ons eie lot kan bepaal wat programmering, aanstelling van admins, velle en alle ander sake betref, solank dit net nie die ethos van wikipedia te buite gaan nie. En dit weens ons ervaring die laaste tyd. JMK (kontak) 09:15, 9 November 2022 (UTC)

Ons word 21!!!

Gemeenskap, ons word op 16 November 21 jaar jonk! Ek kon daarin slaag om 'n paar rand in die hande te kry en daar sal dus 'n klein funksie by die SAAWK wees. Enige gebruikers in Gauteng en omgewing wat belangstel om by te woon, RSVP (nee, dit beteken nie Reël Self Vir Partner nie) asb by Sanita Meyer ([email protected]). Ek wens ons kon van die toesprake daar uitsaai oor Whatsapp of iets. Rooiratel, jy is mos 'n IT man... Sien julle daar. Groete! Oesjaar (kontak) 15:04, 8 November 2022 (UTC)

Subhofie "Begin" by Inhoud

Kan die subhofie "Begin" by "Inhoud" nie miskien verander word na "Inleiding" nie? In die joernalistiek word die beginparagrawe van 'n berig of artikel die "inleiding" genoem. Ek voel "Begin" as 'n bietjie vanselfsprekend of naìewerig aan, soos om te sê die laaste paragrawe is die "einde". (die persmense praat wel informeel van die storie se "stert", of het in geval so gepraat in "my dae". ai ....) Mieliestronk (kontak) 00:15, 9 November 2022 (UTC)

Inleiding klink ook vir my beter. Ek dink mens kan dit op translatewiki.net verander. - Rooiratel (kontak) 05:47, 9 November 2022 (UTC)
Ek het dit gevind en verander na "Inleiding". Dit sal 'n paar dae vat om te verskyn. - Rooiratel (kontak) 06:10, 9 November 2022 (UTC)
Dankie! Ek ondersteun. Groete! Oesjaar (kontak) 06:11, 9 November 2022 (UTC)
Watse "begin" en watse "inhoud"? Ek sien geen "begin" in ons inhoudsopgawe. JMK (kontak) 09:22, 9 November 2022 (UTC)
Dit vertoon slegs as jy die "2022-skin" opsie gebruik, soos hierbo bespreek.   Aliwal2012 09:49, 9 November 2022 (UTC)
Dankie Aliwal. Beteken dit dat die kode van die "2022-skin" wel vir ons toeganklik is om te verander? Of net sover dit die vertaling daarvan betref? JMK (kontak) 11:03, 9 November 2022 (UTC)
Die rede hoekom ek bg. vra is omdat ek in kontak is met 'n programmeerder wat bereid is om ons te help, en wat met die nodige toegang alles vir ons kan doen wat ons nodig het. Dan geen meer WMF-inmenging en mnr Grabarzcuk wat hom aan ons afsmeer nie. Ek sien nog verskillende Engelse opmerkings op die 2022-vel insluitend: "Languages: On this Wikipedia the language links are at the top of the page across from the article title. Go to top." Die hele 2022-vel lyk vir my persoonlik na 'n onpraktiese, obsessie-gedrewe projek, waarvan ons moeilik ontslae gaan raak. JMK (kontak) 16:13, 18 November 2022 (UTC)
Daar is geen nood vir programmering nie. As daar enige Engelse teks is op die koppelvlak dan kan enige iemand dit vertaal op translatewiki.net - Rooiratel (kontak) 11:15, 20 November 2022 (UTC)
Wat die 2022-vel betref dink ek nie ons praat van iets wat "amper reg" is nie. Ons praat van iets wat myns insiens verregaande is, net so verregaande as mnr Grabarzcuk se toondoof houding teenoor ons. Die 2022-vel is (m.i.) ideaal vir 'n naïewe of hoogstens 10-jarige gebruiker, en blykbaar dink mnr Grabarzcuk dat ons almal in daai kategorie val. Kinderboeke vir kleuters lyk baie so: verregaande groot spasies en wit ruimtes, prentjies by elke soekitem, wydgespasieer sodat jou onbeholpe duime nie miskien miskliek nie, ens. Nee ons het 'n in-house Afrikaanssprekende programmeerder en toegang tot ons eie kode baie nodig. Wat 'n slegte verrassing is mnr Grabarzcuk nie. JMK (kontak) 23:32, 20 November 2022 (UTC)
Ja, dis net jou opinie. Ten minste het hulle navorsing gedoen oor hulle veranderings. Wat het jy gedoen om te bewys dat jou voorkeure beter is? Toe dit nog in die toets fase was het meeste mense wat dit probeer aangehou om dit te gebruik. So meeste mense verkies die nuwe weergawe.
Ons het reeds "in-house Afrikaanssprekende programmeerders" maar hulle het nie probleme met die veranderings nie. Ons het ook toegang tot die kode, sien hier. Maar jy gaan baie gou uitvind dat dit nie ons kode is nie. Dit behoort aan die hele mediawiki gemeenskap volgens die kode se lisensie (GPLv2). En as 'n gevolg daarvan moet mens saamwerk met die gemeenskap. As jy dinge jou eie manier wil doen, dan kan jy jou eie webwerf gaan skep met jou eie reëls. Anders kan jy jou klagtes soos almal hier bespreek. Daar was een ding wat nie vir my lekker was op wikidata nie, en hulle het dit toe verander. Maar ek het goeie redes gegee, nie net dat ek nie daarvan hou nie. - Rooiratel (kontak) 10:12, 21 November 2022 (UTC)

Nie 'n opinie of gebrek aan samewerking nie, en insgelyk onnodig om "bewyse" te lewer. Ook onnodig om my "eie webblad met eie reëls" te skep. Wat Grabarzcuk se sg. navorsing betref, laat ek maar eers sien: hoop dis gepubliseer anders is dit blote bewerings van navorsing. Alles behoort aan die hele wiki-gemeenskap en daarom is dit wel ons kode, verbeterings ingesluit. As die redes wat regbo, heelbo, op Grabarzcuk se besprekingsblad, en op die projekterugvoerblad aangebied word iemand steeds ontval, het ek geen raad nie. Short recap: 1) Dumbassman: raising a large concern. 2) Spesbona: gekant weens taalskakels. 3) JMK: gekant weens taalskakels en ander redes, duidelik uiteengesit 4) Oesjaar: the new skin is terrible! Op terugvoerblad: 5) Xena: Too narrow (again). What a waste of space. 6) 90.188.46.13: give an option to unrestrict the width. It's beyond ridiculous ... Don't ruin Wikipedia ... 7) Krnl0138: By default it is really narrow to read and it feels like a news site rather than an encyclopedia article. 8) Arthurfragoso: toggle option [for wide screen] should be there by default! 9) Grebles: giv[e] users freedom of choice. 10) 80.56.112.145: I have the same problem. Only half the page is filled. 11) Moilleadóir: Why should actually using the space require a special gadget?? 12) DerpFox: I don't understand why you are still pushing on us that bad design choice. 13) Kageneko: those empty strips on the sides ... constantly remind about the space wasted. 14) Gugalcrom123: Please no 14) Dave247: I still don't like or agree with the main justification [Dan wel positiewe kommentare, blykbaar diegene met besonder groot skerms] 15) Unskathd: new format is very disappointing as a whole lot of white space is wasted, and the page is too narrow. 16) 1rre: near impossible to read as either the letters had to be too big to read quickly or the width had to be so narrow that it was jarring. 17) DKDIB: avoid such foolish justification 18) OverAWallOfMetaKnight: I totally agree! I dislike the vector skin because how small it is. 19) Emptyflask: this new layout forces all the content to occupy a comically narrow strip 20) Techny3000: I agree, there is simply too much space wasted. — Ek stop maar by kommentaar 20, want as mens nie wil luister nie, wil mens seker nie luister nie. JMK (kontak) 14:33, 22 November 2022 (UTC)

Hahaha uiters kinderagtig van jou. Alles is 100% perfek met die nuwe veranderings en dis nie 'n opinie nie, en dit is onnodig om dit te bewys. Sien ek kan dit ook doen.
Hier kan jy sien dat oor die afgelope 3 jaar tydens die toetsfase het omtrent 60% tot 80% van gebruikers op al die wikis wat die Vector (2022) getoets, gekies om aan te hou om die nuwe vel te gebruik in plaas daarvan om terug te gaan na die ou een. So die oorgrote meerderheid verkies dit. Daar is die bewys. Waar is joune?
Mens sal altyd meer opmerkings sien van mense wat kla, in vergelyking met opmerkings van mense wat tevrede is. Die oorgrote meerderheid wat tevrede is, voel nie die behoefte om iets te sê nie. Maar soos ek gewys het, is die oorgrote meerderheid tevrede met die veranderings.
Maar vir nou gaan ons jou blote bewerings van navorsing ignoreer totdat jy ernstig is. Jou opinie beteken maar min want jy dink bewyse is "onnodig".
En met betrekking tot die nouer teks, hier is die wetenskaplike navorsing dat die nouer teks beter is:
  1. Optimal Line Length in Reading - A Literature Review (2005), from the peer reviewed journal Visible Language -- "studies concluded that moderate line length in between 50 to 70 cpl [characters per line] are the easiest to read and users do not prefer extreme line lengths (very short or very long) while reading from screen. There was no significant effect of line length found on comprehension, though fast readers benefit from narrow columns with short lines due to specific reading patterns (with one contradictory finding)".
  2. Effects of Surrounding Information and Line Length on Text Comprehension from the Web (2002), from Canadian Journal of Learning and Technology -- "Comprehension was affected by whitespace; participants had better comprehension for information surrounded by whitespace than for information surrounded by meaningless information", which is more likely to happen if the text stretches to the edge of the browser.
  3. The influence of reading speed and line length on the effectiveness of reading from screen (2001), from International Journal of Human-Computer Studies -- "A line length of 55 cpl appears to support e!ective reading in terms of both rate and comprehension. However, as the line lengths used in this study were spread across a wide range, there may be a more optimal setting than this. By varying the range and extremes of line lengths in future research, it may be possible to more precisely identify an optimal format and to explore the relative contributions of mechanical and cognitive factors."
  4. Shorter Lines Facilitate Reading in Those Who Struggle (2013), from PLOS_One -- "short lines reduce the number of regressions, and generally improve reading speed and comprehension, simply by reducing the probability that crowded text in locations previously fixated can be perceived."
  5. The Effects of Line Length on Children and Adults' Online Reading Performance (2002), from Software Usability Research Laboratory (SURL) at Wichita State University -- "This study examined the effects of line length on reading performance. Reading rates were found to be fastest at 95 cpl. Readers reported either liking or disliking the extreme line lengths (35 cpl, 95 cpl)".
  6. The Effects of Line Length on Children and Adults' Perceived and Actual Online Reading Performance (2003), from Proceedings of the Human Factors and Ergonomics Society Annual Meeting -- "No differences were found for either reading time or efficiency for either adults or children. However, adults preferred shorter line lengths to full-screen line lengths." and "The narrowest line length condition was perceived as promoting the highest amount of reader concentration, while the medium line-length condition was considered to be the most optimally presented length for reading."
  7. Reading Online Text: A Comparison of Four White Space Layouts (2004), unclear if this was peer reviewed -- "Results from this study showed that the manipulation of the Margin white space affected both reading speed and comprehension; participants read the Margin text slower, but comprehended more than the No Margin text. In general, the results favored the use of Margins."
  8. https://baymard.com/blog/line-length-readability
  9. https://laurenscharff.com/research/textmargin.html
  10. https://cdn.tc-library.org/Edlab/eye-tracking%20article.pdf
Waar is jou wetenskaplike navorsing wat wys dat die wye teks beter is? Of is dit weer net jou opinie? - Rooiratel (kontak) 07:17, 23 November 2022 (UTC)

'n Neiging tot neerhalende opmerkings in die uwe se replieke op medegebruikers, bv. "uiters kinderagtig", "ligsinnig", "niksseggende kommentaar". Nietemin, die WMF het geen studie gedoen nie, maar haal eksterne studies aan, en het dan voortgegaan met implementering. Hul terugvoer[2] is geen studie nie, maar implementering-statistiek op baie ongelyke basis. Die leser moet eerstens die Grieks systap: "The user will be double counted if the user ... was hashed with different salts," en dan moet die belangrike fynskrif heel onder insak: "Please note that registered users include a large proportion of users that are not active and may not have visited the wikipedia site while the vector-2022 has been available." Presies, dooie mense, mense wat nie besoek aflê nie, of nie belangstel om te soek na 'n vektor terugstel nie, of 1 edit-gebruikers, of 5 edit-gebruikers soos die gemiddelde vandaal, endiesmeer, word almal as gelykes getel. Die tabel wys ook dat die grootte orde verskil tussen 1-edit en 5-edit-gebruikers omtrent 4 is, en so neem dit eksponensieel af, maar hul opt-out persentasies tel almal gelyk: dooies, half-dooies en aktiewes. Wat die werklike studies aangaan, dankie, ons sal dit moet lees om hul konteks te verstaan, maar die essensie word darem insluit: "There was no significant effect of line length found on comprehension." D.w.s. óf ons word word toegelaat om die bladsy self te ontwerp, óf dit word afgedwing en laat gebruikers en die galery-sagteware met minder opsies. Dit gaan nie net oor teks nie, en nie net oor lees nie, maar oor tabelle, illustrasies, konnektiwiteit en aanbieding van inligting. JMK (kontak) 09:59, 23 November 2022 (UTC)

As jy dit beledigend vind om kinderagtig genoem te word, dan moet jy dalk nie optree soos 'n kind wat so arrogant is dat hulle dink hul mening is 'n feit wat geen bewyse nodig het nie.
Wat is fout met eksterne studies? Jy het geen studies gedoen nie. So weereens beteken jou mening minder as hulle sin.
Met die "fynskrif" het jy baie gerieflik die deel uitgelaat "The opt-out rate of editors is overestimated". Ek sien jy is glad nie oortuig met die nommers nie. Hier kan jy sien dat hoe meer wysigings 'n gebruiker het, hoe minder geneig is hulle om terug te skakel na die ou weergawe.
"There was no significant effect of line length found on comprehension." dis net in daai een studie. Uit die laaste studie : "shorter line lengths produced significantly greater retention". So in die ergste geval is begrip dieselfde in vergelyking met wye teks, maar dit kan ook baie beter wees. Maar ek is seker jy gaan dit ook ignoreer.
Mens kan nog steeds die ou vel kies in jou voorkeure as jy dit verkies. So ek sien nie hoe dit op jou afgedwing is nie. Die ou Vector_2010 was ook "afgedwing". Hoeveel meer beheer het jy oor Vector_2010 as Vector_2022? Hoe is daar minder opsies? Wat van die mense wat die nuwe vel verkies? Gaan jy dit nou op hulle afdwing weens jou eie voorkeure?
Ja ek weet dit gaan nie net oor die teks nie, dit was maar net een voorbeeld. Sien hier :
  1. Hulle probeer 'n nuwe taal-skakel. Toe sien hulle minder mense gebruik dit. Toe maak hulle verbeterings en nou het die gebruik gestyg.
  2. Met die nuwe soekkassie was daar 'n 28,9% toename in gebruik
  3. Met die "sticky header" is daar 'n "15% decrease in scrolls per session"
  4. Met die inhoudsopgawe het meer mense die nuwe weergawe gebruik as die oue.
Hulle meet hoe mense die veranderings gebruik, en of dit beter/slegter is. Waar is jou data? Of is dit weereens net jou opinie? - Rooiratel (kontak) 17:40, 23 November 2022 (UTC)
Indien 'n gebruiker 'n onvermoë toon om siviel met medegebruikers om te gaan, en sy neerhalende opmerkings beaam eerder as staak, is hy nie geskik vir deelname aan wikipedia nie. Daar is reëls wat hierdie dinge reguleer. JMK (kontak) 22:08, 23 November 2022 (UTC)
Ek sal dit aanvaar as jou erkenning dat jy verkeerd is, aangesien jy nie eintlik enige teenargumente kan maak nie.
En ek vind dit snaaks dat jy sê ek kan nie burgerlik met medegebruikers optree nie, terwyl jy en Oesjaar terselfdertyd heeltemal onbeskof teenoor die WMF-mense is. Jy kan dit aan ander mense doen, maar kan dit nie hanteer wanneer dit met jou gebeur nie. Rooiratel (kontak) 05:47, 24 November 2022 (UTC)

Maandelikse bladtrekke...

Gemeenskap, ek het so 'n bietjie hulp nodig met die bladtrekke data. Uit Maandeliks was daar 11,3 miljoen bladtrekke vir Oktober. My vraag, hoeveel bladtrekke is werklik gemaak aan artikels, hoeveel was die sogenaamde crawlers ens. Watter bladsye was die meeste gelees in Okt 2022? Enige raad, hulp sal verwelkom word.

Ek wil graag komende Woensdag aand tydens die verjaarsdag funksie daaroor praat. Groete! Oesjaar (kontak) 09:07, 9 November 2022 (UTC)

Sien hier vir die mees gelese bladsye. Dit wys net die stats vir een maand op 'n slag. Jy sal moet self dit verander vir elke maand. Ek kon nie uitwerk hoe om dit te stel vir jaarlikse stats nie. - Rooiratel (kontak) 06:43, 11 November 2022 (UTC)
En hier is jou bladtrekke bladsy met die "crawlers" uitgefiltreer. - Rooiratel (kontak) 06:45, 11 November 2022 (UTC)

Gebruiker:Qoqjan

Hierdie gebruiker het 'n klomp artikels oor prinse en die dinge van Brasilië geskryf wat myns insiens swak rekenaar vertalings. Van die bronne is onleesbaar: in 'n ander taal. Julle opinies asb. Groete! Oesjaar (kontak) 06:19, 14 November 2022 (UTC)

Ja-nee, sulke goed is 'n verleentheid vir die Afrikaanse Wikipedia. Dit sal jammer wees om al die artikels te skrap, maar ek sien nie kans om sulke goed reg te maak nie. Dit gaan ook nie maklik wees nie, want daar is hoevele van hulle. Selfs die artikelname is nie volgens ons styl nie. ~ Burgert (kontak) 07:23, 14 November 2022 (UTC)
Dagsê! Ek sien die vertaalprobleem, ek sal van die artikels kan red! Moet asb. net nie dit skrap nadat ek moeite gedoen het daarmee nie.
Burgert, sê my net watter se titels is volgens jou nie reg nie, dan kan ek dit verbeter. Dankie,   Aliwal2012 10:12, 14 November 2022 (UTC)
Prins Louis moet byvoorbeeld wees prins Louis van Orléans-Braganza. 'n Mens sal maar by die Engels moet gaan kyk of die ander mense ander huise se name moet bykry. ~ Burgert (kontak) 12:21, 14 November 2022 (UTC)

Ons 21ste verjaarsdag!

 
Gebruikers wat die Wikipedia geskep het

Gister was ons 21 jaar jonk! Baie dankie aan al die gebruikers oor die 21 jaar wat 'n bydrae gelewer het! Elke bietjie help! Dankie aan die SAAWK wat as gasheer opgetree het vir ons funksie gisteraand, prof. Anne-Marie Beukes, julle is ysters! Ek sal vandag iewers 'n foto of twee beskikbaar maak! Netwerk24 was ook daar! My boodskap vorentoe, hef aan! Een miljoen artikels lê voor! Groete! Oesjaar (kontak) 06:03, 17 November 2022 (UTC)

Hier is 'n inligting! FB Geniet! Oesjaar (kontak) 13:31, 17 November 2022 (UTC)
Mooi man, wens ek kon die funksie bywoon!   Aliwal2012 13:41, 17 November 2022 (UTC)

Ontkiemings skryfkompetisie 2022 is aan!

Gemeenskap, hier is julle Kersfees 2022 uitdaging! Ek het daarin geslaag om drie pryse van R 3000, R 2000 en R1000 te kry vir die kompetisie. Gee my net asb.'n dag of twee om die reëls uit te sorteer. Enige nuwe idees, julle is welkom om dit hier neer te pen... Groete! Oesjaar (kontak) 18:16, 17 November 2022 (UTC)

Ongelukkig gaan ek weg wees vir die meeste van Desember/Januarie, maar hier is maar 'n paar idees vir ontkiemings:
  1. Brasiliaanse adel artikels (skoonmaak van die wat Qoqjan geskep het)
  2. Voltooi die rooi skakels in Sjabloon:Artikels oor Suid-Afrika
  3. Nobelprys-wenners
  4. Afwesige kernartikels
  5. Kategorie:Artikels wat geproeflees moet word
  6. Kategorie:Gaan taal na
  7. Spesiaal:KortBladsye
Rooiratel (kontak) 12:32, 20 November 2022 (UTC)

Duitse aanstuur name en afkortings...

Het ons die klomp Duitse aansture nodig? Myns insiens nie. Groete! Oesjaar (kontak) 05:21, 22 November 2022 (UTC)

Join the Movement Charter Regional Conversation Hours

You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
More languagesPlease help translate to your language

Hi all,

As most of you are aware, the Movement Charter Drafting Committee (MCDC) is currently collecting community feedback about three draft sections of the Movement Charter: Preamble, Values & Principles, and Roles & Responsibilities (intentions statement).

How can you participate and share your feedback?

The MCDC is looking forward to receiving all types of feedback in different languages from the community members across the Movement and Affiliates. You can participate in the following ways:

  • Attend the community conversation hours with MCDC members. Details about the regional community conversation hours are published here
  • Fill out a survey (optional and anonymous)
  • Share your thoughts and feedback on the Meta talk page
  • Share your thoughts and feedback on the MS Forum:
  • Send an email to: movementcharterwikimediaorg if you have other feedback to the MCDC.

Community consultation hour for the Sub-Saharan Africa region will take place this Friday, November 25, on Zoom. It will be translated into French language. The conversations will not be recorded, except for the section where participants are invited to share what they discussed in the breakout rooms. We will take notes and produce a summary report afterwards.

If you want to learn more about the Movement Charter, its goals, why it matters and how it impacts your community, please watch the recording of the “Ask Me Anything about Movement Charter” sessions which took place earlier in November 2022.

Thank you for your participation.

On behalf of the Movement Charter Drafting Committee,

Zuz (WMF) (kontak) 11:58, 22 November 2022 (UTC)

Zita, we have had this discussion before. Stop dumping what-ever-you-guys-do-stuff on us. The Afrikaans Wikipedia is a giant on the African continent yet gets ZERO recognition. Some of our users have created 7000 articles+ each but do not get no recognition at all. We have accepted the fact that we are an outcast on the continent and frankly it does not bother us anymore. Not a single Afrikaans speaking member serves on any committee, barring me, as I represent the Afrikaans Wikipedia on the WikimediaZA Chapter.

Please take note that we grow at 15 articles a day! Regards! Oesjaar (kontak) 13:44, 22 November 2022 (UTC)

@Zuz (WMF):, you are most welcome to setup a video call with me at [email protected] Regards! Oesjaar (kontak) 13:48, 22 November 2022 (UTC)

Dear Zita, I think the time has come that we distance ourselves from the WMF, and not only from your dumping, but also from your inconsiderate interference with our activities, especially in the light of the 2022-skin debacle and your tone deaf attitude in this regard. The high values that the WMF espouses are disconnected from what filters down. We have to consider working around you out of necessity, and not because we are uncooperative. And it may be necessary to liaise with Jimmy Wales to get some traction on this situation. JMK (kontak) 08:45, 23 November 2022 (UTC)

Hi Oesjaar, JMK,Please I am only doing my job. Which is, to keep you informed about ongoing discussions and ongoing processes around the Movement Strategy and Governance so that you can get involved in the processes and discussions if you want to. Some of the information I share are time bound, and hence I may not have the time to meet with you every time before posting on your village pump. You said that there is no member from the Afrikaans wiki on any committee, but I wonder whose fault this is so. During the formation of the MCDC committee and the Board election, I shared the call for candidate announcements here to give your community members a chance to nominate someone who can serve on the committee, but no one did. And instead, you sent me an email warning me not to post on your village pump. If you are not happy with getting the recognition you think you deserve, I would suggest your community take advantage of the information I have been sharing by trying to participate in the Movement Strategy and Governance discussions. I believe in doing so, you have the potential to maybe change things you do not like within the movement. All the same, I will try and set up a meeting with you next week, Oesjaar Zuz (WMF) (kontak) 14:33, 23 November 2022 (UTC)
Zita, from your comment I will try, don't bother and just let us be. Worry about the other African languages. With all the text that have created in this discussion I could have created at least two flora articles. Oesjaar (kontak) 15:55, 23 November 2022 (UTC)
Likewise Zita, kindly inform all your WMF colleagues that we do not need their reports, as they are out of touch with the community's needs, refuse to listen, and have become a negative force to be reckoned with. JMK (kontak) 22:00, 23 November 2022 (UTC)

Nog 'n onderhoud op Pretoria FM

Gemeenskap, hier is die link https://www.pretoriafm.co.za/klankkoerant-bylaag-28-november-2022/ Die groot nuus is dat ek daarin geslaag het om hulle te oortuig het om 'n maandelikse onderhoud te hê waar daar oor Wikipedia dinge gepraat sal word.... Groete! Oesjaar (kontak) 20:03, 28 November 2022 (UTC)

@Oesjaar: lanklaas van hulle gehoor, maar ek onthou my onderhoud op 20 Februarie 2020 nog baie goed! Groete. --   SpesBona 21:45, 28 November 2022 (UTC)

Fourier-transform

Help bietjie hier asb! Ek vermoed hierdie is Engels, ek onthou dit uit my opleiding dae in 1983 as Fourier-transformasies... Julle gedagtes? Groete! Oesjaar (kontak) 06:51, 29 November 2022 (UTC)

Tog soos in die opskrif, en met koppelteken,[1] en dieselde geld vir die Laplace-transform. Die meervoud moet blykbaar "transforms" wees, want ek sien dat "transformasie/s" gebruik word vir die transformasies van basisse van vektorruimtes,[2] iets heel anders. JMK (kontak) 08:21, 29 November 2022 (UTC)
  1. Engelbrecht, J.C.; Grobler, J.J.; Penning, F.D.; Strydom, B.C.; Swart, J.; Van der Walt, T.; Van Eldik, P. (1984). Analise 2: Meerveranderlike en Komplekse Funksies (1ste uitg.). Pretoria: Uitgewers Mathematicae. pp. 427, 432, 435, 462. ISBN 0-620-07064-1.
  2. Rund, H.; Van der Merwe, J.H.; Van der Mark, J.; Grässer, H.S.P.; Viljoen, G.; Wille, R.J. (1970). Inleiding tot Algebra en Analise vir Voorgraadse Studente (1ste uitg.). Johannesburg: McGraw-Hill. p. 141. ISBN 0-07-091265-3.
Wat is dan die korrekte Afrikaans vir "Fast Fourier Transform"? "Vinnige Fourier-transformasie", "Vinnige-Fourier-transformasie" ?- Rooiratel (kontak) 06:46, 30 November 2022 (UTC)
Byvoeglike naamwoorde staan los van die woord wat hulle beskryf, en dit moet dan wees "Vinnige Fourier-transform", sonder 'n tweede koppelteken of "-asie". Dis hoekom "privaat skool" twee woorde is, want "privaat" is 'n byvoeglike naamwoord. Die uitsondering is by betekenisverdigting soos "blouduiker". JMK (kontak) 11:15, 30 November 2022 (UTC)
Dankie vir hierdie notas. Waneer ek klaar is om die artikel Joseph Fourier to skryf, is ek van plan om kort artikels oor die Fourier-transform en die Fourier-reeks te skryf. Martinvl (kontak) 11:43, 30 November 2022 (UTC)

Vector 2022 - continuation of the discussion

Hallo Gemeenskap. I didn't want you to see the change of the default skin before a proper conversation with me. What happened was an unfortunate exception to the rule. I'm deeply sorry. As I wrote to JMK, this was only due to a human error.

I appreciate all the time you've spent thinking about the skin and writing comments. It took me a long while to address those. I wanted to share some of the answers. On Monday, I'll write more. (I'm trying to be succinct.)

Limited and full width

We have listened to those who were asking for a setting for increasing the page width.

  • We have made this as a preference in, I think, late October (T319447). You can access the preference through the appearance section on your preferences page.
  • About three weeks ago, we added a shortcut to this preference. It appears on every page, as a toggle at the bottom right corner of the screen, and is available for both logged-out and logged-in users (T319449).
  • We will measure how often people use that toggle (T322772).

Necessity for the new skin

Some patterns in this skin might seem like a push for a change for the sake of change. We receive such comments occasionally. That is not the intent.

Since 2009 (when the old Vector was designed), new people have begun using the wikis, either because of their age, or because they now have Internet access where they back then didn't. Their needs are different than the needs in 2009, and the differences grow. You certainly are well aware of that. So, at the beginning of our project, we decided to build the new skin to tackle the problems the current users have. I mean occasional users, new contributors, people who've been our readers for years - all these groups combined are most of our websites' users.

We started the project with research, and in particular, we learned the following issues:

  • Too much information on the page: It made it difficult to focus on a particular reading or editing task.
  • Confusing placement and hierarchy of tools: Readers were unable to understand the purpose, terminology, and concepts of available tools such as the sidebar, user tools (like the user talk page), and page tools (like the page talk page).
  • Too much scrolling for contributors and readers: Readers found it difficult to navigate the page. Contributors wanted easier access to tools they used frequently without scrolling to the top of the page.
  • Search too hard to find and use for readers.
  • Interwiki not used at all by many readers: Multilingual readers were not aware of language switching functionality, even if they used different Wikipedias frequently - they would use an external search engine (like Google) instead.
  • Too hard to read: Wikipedia's character count per line was more than three times the recommended value (see en:Line length).

We have fixed many of the above mentioned issues. On the other hand, we don't want to make it more difficult for the most experienced contributors whose needs are sometimes very different. (I'll write more about that part on Monday.)

Next changes

In December or January, we'll put some links from the sidebar on the left to a menu to the right. We'll announce it via the weekly Tech News newsletter. (No one watches it in your community?)

In January, we'll start a new project where nothing has been decided or researched yet. As soon as I have anything to share, I'll invite you to a more regular collaboration.

I would like to encourage you to read over our documentation, for example our FAQ. Hope this helps and gives some context. I'm open to more questions. Thank you! SGrabarczuk (WMF) (kontak) 04:23, 2 Desember 2022 (UTC)

The moving of the article tools will make the pages look better en less lopsided. It's a pity about the language tools, though. Some of us use them a lot. I know I do. Just for that I stick to the old skin. ~ Burgert (kontak) 12:04, 2 Desember 2022 (UTC)
Carbon copy of your previous project: nothing decided, nothing researched (don't call that research), except this time nothing to share either. Yet you are open to questions about, I suppose, the unresearched, undecided, and nothing to share surprise project, to be revealed on Tech News on an undecided date. I get it, edit less and keep one eye on Tech News to avoid another bad surprise! The above shuffling of screen content does not reveal either a grasp of the main problems or solutions, but embroiders on existing bad ideas. Skipping over your previous project's stacks of unanswered complaints, I do love your answer to the first and very sensible FAQ: "Why is the opt-out link not available for logged-out users?" Answer: "...because of limited server capability." So the reading public never had an option! And it gets worse from there on: those FAQs are questions out of desperation, and judging by the answers given that is not grasped either. JMK (kontak) 22:40, 5 Desember 2022 (UTC)
@JMK, I might have made this not clear enough. The Desktop Improvements project (the outcome of which is the skin Vector 20222) was started in 2019. Back then I wasn't working with this team, so I don't know if you were informed about the early ideas for Desktop Improvements. The largest communities certainly were. Between 2019 and mid-2022, what is now called Vector 2022 was tested across a growing number of pilot wikis, so it was its beta phase. Since June, more or less, it's technically ready or almost ready. Lately, I informed you about its deployment.
On the other hand, what I meant in the message above about a new project, is that we'll start working on something new. It's like the 2019 phase of Desktop Improvements. There's relatively a lot more to be discussed. The earlier any individual or a community joins, the more impact on the final product they have. This is what I'm offering. SGrabarczuk (WMF) (kontak) 02:02, 6 Desember 2022 (UTC)

Wikipedia:Ontkiemingskompetisie 2022‎

Kan iemand my asb help om dit as banier bo-aan Wikipedia te plaas? Groete! Oesjaar (kontak) 05:02, 6 Desember 2022 (UTC)


Wikipedia:Geselshoekie