Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad

Kandidaatartikels vir voorblad: Help vorm die beste van Wikipedia

Hier besluit ons watter artikels op die voorblad van die Afrikaanse Wikipedia gaan verskyn. 'n Voorbladartikel moet die beste werk op Wikipedia ten toon stel.

Om 'n artikel te nomineer kan dit gewoon bygevoeg word aan die onderkant van hierdie bladsy. Lees asseblief eers die Riglyne vir nominasie voor u 'n artikel nomineer. U kan beïnvloed wat op die voorblad verskyn deur 'n artikel te ondersteun of deur beswaar aan te teken. Persone wat 'n artikel voorstel moet ook bereid wees om te help om besware aan te spreek. As daar geen noemenswaardige besware is nie kan 'n artikel moontlik 'n voorbladartikel word. Die beleid is tans om enige genomineerde bladsy waarvoor daar na 'n maand geen geldige beswaar is nie en wat aan die vereistes voldoen as 'n moontlike voorbladartikel te beskou.

'n Artikel word vir 'n week lank op die voorblad vertoon, vanaf Maandag tot die daaropvolgende Sondag.

Ou suksesvolle nominasies word na die betrokke argief verskuif. 'n Lys van voorbladartikels wat al in hierdie jaar gebruik is, is by Wikipedia:Voorbladartikels 2022 te kry. Daar is ook 'n inleiding tot die voorbladartikelprojek by Wikipedia:Voorbladartikel. Onsuksesvolle nominasies kan besigtig word by Wikipedia:Onsuksesvolle voorbladnominasies/2022.

Calendar-nl.png Opkomende weke

Volgende week

'n Mannetjie in die Apenheul-primaatpark.

Die bonobo (Pan paniscus) is ’n spesie groot ape (Hominidae). ’n Nabyverwant is die gewone sjimpansee. Fossiel- en DNS-toetse wys albei spesies is sustersgroepe van die moderne menslike lyn.

Die bonobo is 'n bedreigde spesie en een van die twee spesies van die genus Pan. Die ander spesie is die sjimpansee Hoewel die term "sjimpansee" soms gebruik word om na albei spesies te verwys, word dit deesdae meestal gebruik vir Pan troglodytes, terwyl die naam "bonobo" gebruik word vir Pan paniscus. Hulle is voorheen as 'n enkele spesie beskou en die bonobo was bekend as die dwergsjimpansee. Taksonomies word die subtribus Panina heeltemal deur die genus Pan opgeneem en daarom is die sjimpansee en bonobo saam as die "paniene" bekend.

Die bonobo word gekenmerk deur relatief lang bene, pienk lippe, ’n donker gesig en lang hare wat 'n middelpaadjie vorm. Hy kom voor in ’n gebied van 500 000 km2 in die Kongobekken van die Demokratiese Republiek die Kongo. Die spesie is omnivore, veral vrugtevreters, en kom hoofsaaklik in woude voor.

Nie die bonobo of sjimpansee is goeie swemmers nie en die vorming van die Kongorivier sowat 1,5-2 miljoen jaar gelede het moontlik gelei tot die splitsing van die bonobolyn vanweë spesievorming. Bonobo's bly suid van die rivier en het dus geskei geraak van die voorouers van die sjimpansee, wat noord van die rivier voorgekom het. Daar is geen konkrete inligting oor getalle nie, maar daar is na raming tussen 29 500 en 50 000 bonobo's oor. Die spesie is op die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) se lys van bedreigde spesies. Hulle word bedreig deur die vernietiging van hul habitat en die groter wordende mensbevolkings, maar hoofsaaklik deur wilddiefstal. In aanhouding leef hulle sowat 40 jaar. Hulle lewensverwagting in die natuur is onbekend, maar waarskynlik heelwat korter.

...lees verder

Die week daarop

Zeichen 101 - Gefahrstelle, StVO 1970.svgVoorbladartikel nie bepaal nie...
'n Geskikte artikel is nog nie vir week 34 gekies nie. Help gerus om te verseker dat 'n artikel gekies word deur aan die nominasieproses hieronder deel te neem.
Crystal Clear app file-manager.png
Argief
200520062007
200820092010
201120122013
201420152016
201720182019
202020212022
Hoe word 'n argief aangelê?

Hier kan u gerus voorstelle maak vir moontlike voorbladartikels, of ondersteuning of beswaar lewer oor huidige nominasies. Dit is behulpsaam om u nominasies, besware en ondersteuning van kommentaar te voorsien wat betrekking op die artikel se inhoud het. Indien u gekant is teen 'n artikel se nominasie kan dit help om te sê waarom, so kan probleme aangespreek word en u mag u teenkanting na ondersteuning verander. So ook kan redes vir 'n nominasie ander gebruikers help om die goeie punte van 'n artikel raak te sien.

U is welkom om die volgende sjablone te gebruik:

Wenk
Om die vervoerband vir 2022 te besigtig, klik hier.
Nuwe voorstelle

Bonobo

Sperdatum:
8 Augustus 2022
Wikipedia:Voorbladartikel week 33 2022, geluk Bonobo! --  Aliwal2012 19:31, 8 Augustus 2022 (UTC)

Fenisië

Sperdatum:
26 Augustus 2022

Uranus se ringe

Sperdatum:
30 Augustus 2022
  •   Ondersteun – Ek weet nie of dit dalk 'n bietjie ingewikkeld is nie (ek verstaan self nie heeltemal alles nie). Maar die Engelse artikel, waarvan dit vertaal is, is 'n sterartikel. ~ Burgert (kontak) 09:18, 30 Julie 2022 (UTC)
  •   OndersteunSobaka (kontak) 18:29, 30 Julie 2022 (UTC)
  •   Ondersteun  Aliwal2012 19:26, 30 Julie 2022 (UTC)
  •   OndersteunRooiratel (kontak) 10:41, 1 Augustus 2022 (UTC)
  •   OndersteunOesjaar (kontak) 16:14, 2 Augustus 2022 (UTC)

San Francisco Internasionale Lughawe

Sperdatum:
30 Augustus 2022

Suid-Afrikaanse Grensoorlog

Sperdatum:
30 Augustus 2022

Neanderdaller

Sperdatum:
31 Augustus 2022
  •   Ondersteun – Sjoe, nou is ek moeg vir dié spulletjie. ~ Burgert (kontak) 13:23, 20 Julie 2022 (UTC)
  •   OndersteunSobaka (kontak) 15:36, 20 Julie 2022 (UTC)
  •   Ondersteun  Aliwal2012 18:51, 21 Julie 2022 (UTC)
  •   Ondersteun – ondersteun my voorgeslagte! Oesjaar (kontak) 10:40, 2 Augustus 2022 (UTC)

Jupiter

Sperdatum:
2 September 2022

Virgin Australia

Sperdatum:
7 September 2022
  •   Ondersteun – Aansluitend tot sy mededinger, Qantas. Groete,   Aliwal2012 19:38, 8 Augustus 2022 (UTC)

Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad

Kandidaatartikels vir voorblad: Help vorm die beste van Wikipedia