Wikipedia:Geselshoekie


Maak vrede in Oekraïne, nie oorlog nie!
(Bogenoemde beeld is metafories bedoel. Wikipedia onderskryf die voorgeskrewe covid-19-maatreëls. Hou asseblief u sosiale afstand en dra u masker.)
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Crystal Clear app file-manager.png
Argief
04-0620072008
200920102011
201220132014
201520162017
201820192020
2020.220212022
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Let's talk about the Desktop Improvements

Hallo!

Have you noticed that some wikis have a different desktop interface? Are you curious about the next steps? Maybe you have questions or ideas regarding the design or technical matters?

Join an online meeting with the team working on the Desktop Improvements! It will take place on 29 April 2022 at 15:00 and 20:00 CEST on Zoom. Click here to join. Meeting ID: 88045453898. Dial by your location.

Agenda

  • Update on the recent developments
  • Questions and answers, discussion

Format

The meeting will not be recorded or streamed. Notes will be taken in a Google Docs file. Olga Vasileva (the Product Manager) will be hosting this meeting. The presentation part will be given in English.

We can answer questions asked in English and Polish, and additionally: Indonesian at the first meeting, and French and Italian at the second meeting. If you would like to ask questions in advance, add them on the talk page or send them to [email protected]

At this meeting, both Friendly space policy and the Code of Conduct for Wikimedia technical spaces apply. Zoom is not subject to the WMF Privacy Policy.

We hopen je te zien! SGrabarczuk (WMF) (overleg) 14:48, 27 April 2022 (UTC)

"We hopen je te zien!" Hoekom praat hulle Nederlands met ons? Is daar nie 'n plek waar 'n mens dié nonsens kan afsit nie? Hulle neem ons hele Geselshoekie oor. ~ Burgert (kontak) 16:59, 27 April 2022 (UTC)
I will inform the authorities to leave us alone. I also had enough of these projects that means absolutely NOTHING, it seems like somebody find a solution and then tries to find a problem for it. Oesjaar (kontak) 17:26, 27 April 2022 (UTC)
Epos gestuur. Kom ons kyk. Groete! Oesjaar (kontak) 19:05, 28 April 2022 (UTC)
Ek het die volgende gestuur: I have been asked by the Afrikaans community to request the Foundation to stop dumping all these strange projects in Geselshoekie. We have never requested to be part of the projects, they do not add value and most of them we simply do not understand anyway. None of our requests have been attended to and we accept the fact that we will never get the recognition we deserve. Just let us be, we only have three objectives: create content, create content and create content. We will pass the 103,000 article mark this weekend.

Die Chapter oorweeg aksie teen my! Interessant! Groete! Oesjaar (kontak) 19:44, 2 Mei 2022 (UTC)

Het gedink dat as Afrikaanse wikipedia 'n kantoor kry, daardie beampte miskien 'n deeltjie van sy/haar tyd kan bestee aan vertaling van hierdie boodskappe. Dan verstaan ek minstens waaroor dit gaan. JMK (kontak) 07:16, 3 Mei 2022 (UTC)

Rooi word blou...

Gemeenskap, in die verlede wanneer ek 'n artikel geskep het wat 'n rooi skakel was, het die rooi geskakel feitlik onmiddellik blou geword nadat die betrokke artikel geskep is. Nou skielik gebeur dit nie. Van die plante van Euryops neem tot 24 uur. Is dit my verbeelding? Of het dit iets te doen met my rekenaar? Ondervind julle dieselfde verskynsel? Groete! Oesjaar (kontak) 19:09, 28 April 2022 (UTC)

Dit lyk my die Wikimedia-bedieners is oorlaai.   Aliwal2012 19:41, 28 April 2022 (UTC)
Ek ondervind dit ook. ~ Burgert (kontak) 08:07, 29 April 2022 (UTC)

Coming soon: Improvements for templates

-- Johanna Strodt (WMDE) 11:13, 29 April 2022 (UTC)

Aantal besoekers

Goeienaand gemeenskap, doen nog iemand statistiek oor ons aantal besoekers? Ek vermoed sterk dit het afgeneem, veral ná die verkorte aantal interwikis op net nege. Met die nuwe beplande desktopuitleg, waarvolgens al die taalskakels versteek word, is ek erg bekommerd oor ons aantal besoekers. Buitendien verdwyn die sterre vir voorbladartikels. Groete. --   SpesBona 20:05, 30 April 2022 (UTC)

@Oesjaar: Wat dink Wikimedia Suid-Afrika hieroor? Kyk maar net na die aantal besoekers vir onlangse voorbladartikels: Swastika, Senuweestelsel, Nyabêla, Rosettasteen, Vlad Dracula, Wat Phra Kaew, James Webb-ruimteteleskoop, Hongaarse Rewolusie van 1956, Militêre geskiedenis van Suid-Afrika, Moord op die Romanofs. Lesers is ons kliënte. Groete. --   SpesBona 18:20, 2 Mei 2022 (UTC)
SpesBona, verwys jy na die syfers: Page Views Groete! Oesjaar (kontak) 19:48, 2 Mei 2022 (UTC)
Wil met SpesBona saamstem dat daardie bladuitleg onnodig en teen die etos van wikipedia is. Julle mag ook opgemerk het dat ek lankal aansoek gedoen het om as burokraat by Afrikaanse wikiquote aangestel te word, net om minstens daardie voorblad in orde te bring, maar die eksterne burokratiese rondslomp het my dusver verhinder. Nie bevorderlik vir Afrikaans nie. Dankie vir bostaande nuttige statistiek! Darem effense groei. JMK (kontak) 08:12, 3 Mei 2022 (UTC)
Dis nou interessant dat ons voorblad gelees word, maar ons nuwe voorbladartikels blykbaar minder. Dit sal interessant wees as pageviews.wmcloud.org dieselfde aantal besoekers gee as stats.wikimedia.org. Waar soek jy by laasgenoemde vir bepaalde artikels? Groete. --   SpesBona 21:00, 4 Mei 2022 (UTC)
Sören, kan ons oor Teams/Zoom ontmoet een aand asb? Dan kan ons dit bespreek, ander gebruikers is ook welkom om deel te neem. Groete! Oesjaar (kontak) 08:37, 5 Mei 2022 (UTC)

Editing news 2022 #1

Read this in another languageSubscription list for this multilingual newsletter

 
New editors were more successful with this new tool.

The New topic tool helps editors create new ==Sections== on discussion pages. New editors are more successful with this new tool. You can read the report. Soon, the Editing team will offer this to all editors at the 20 Wikipedias that participated in the test. You will be able to turn it off at Special:Preferences#mw-prefsection-editing-discussion.

Whatamidoing (WMF) 18:54, 2 Mei 2022 (UTC)

Whatamidoing (WMF), after almost 14 years and 9700 articles later: I absolutely cannot relate to this article... Simply do not understand what they mean...
Miskien is dit 'n funksie wat dusver by selfoonbydraers afgeskakel was, maar waarmee diegene wat met rekenaars bydra lankal bekend is. JMK (kontak) 10:06, 3 Mei 2022 (UTC)

Wikix, Mukdro, Jjfpunn en Kameelperde0

Gemeenskap, ek sien ons ou vriend is al weer terug. Gebruiker:Wutsje, bogenoemde gebruiker is dieselfde persoon wat ons in die verlede so 'n harde tyd gegee het. Ek vertrou hom niks nie. Skielik het Jjfpunn verdwyn en Kameelperde0 verskyn, klink so bekend. Hy werk ook net op ou Mukdro se artikels. Myns insiens is hy nie welkom hier nie, ek moes te veel keer baie vroeg in die oggende opstaan om sy gemors terug te rol. Groete! Oesjaar (kontak) 08:49, 5 Mei 2022 (UTC)

Van my besprekings blad:"Hi Oesjaar, regarding this edit: I agree that's him. For your information: on April 21 he (or rather his zillionth sock puppet) was blocked on nl:wiki (link). The usual pattern that follows then is that for some time he becomes active on other wikis (e.g. this one, or fy:wiki), until he thinks the storm on nl:wiki has blown over and he can continue his disrupting activities there. Then, for some time, it will become more quiet on the other wikis, but he will inevitably be found out on nl:wiki again, after which he – et cetera, ad nauseam. Keep up the good work. Regards, Wutsje (kontak) 12:38, 14 Mei 2022 (UTC)"Oesjaar (kontak) 09:23, 15 Mei 2022 (UTC)

Wat bewys dat my stelling dat die Code of Conduct geen waarde het nie, waar is! Groete! Oesjaar (kontak) 09:23, 15 Mei 2022 (UTC)
Gebruiker:Zuz (WMF) Please read the English part of the second paragraph. It just confirms that the Code of Conduct is meaningless. Oesjaar (kontak) 09:26, 15 Mei 2022 (UTC)
Mooi, Oesjaar! ~ Burgert (kontak) 17:15, 15 Mei 2022 (UTC)
... en Diepeboo Ai! Oesjaar (kontak) 09:12, 16 Mei 2022 (UTC)
Hy moet verreweg die grootste hardekwas wees wat 'n mens kan kry. ~ Burgert (kontak) 10:10, 16 Mei 2022 (UTC)
Neem asb kennis: hierdie man is 'm plaag regdeur Wikipedia en moet uitgewis word! Groete! Oesjaar (kontak) 11:41, 25 Mei 2022 (UTC)
In antwoord op vraag na Nederlandse Wikipedia:

Hi Deon,

That guy is a real nuisance. He is blocked on NLWP too.Is it possible to block his ip-address? Assuming he uses the same one every time.

Best,

Sandra RientjesDirecteur/Executive Director Wikimedia Nederland

Nou weet ons!

Afrikaans se posisie op die Wikipedia ranglys

Gemeenskap, laasjaar toe ons 100,000 artikels bereik het was ons in die 71ste posisie met die Birmaanse Wikipedia wat in die 70ste posisie was met ongeveer 1 400 artikels meer as ons. Die gaping het nou gekrimp na net 60 artikels! Sien Meta Wikipedia Groete! Oesjaar (kontak) 12:07, 11 Mei 2022 (UTC)

En ons is verby die Birmaanse Wikipedia en tans is ons in die 70ste posisie! Dankie aan almal wat bydraes maak. Groete! Oesjaar (kontak) 14:42, 29 Mei 2022 (UTC)
Geluk aan almal (behalwe Mukdro en sy kouspoppe)! --  Aliwal2012 08:58, 30 Mei 2022 (UTC)

Die Afrikaanse Wikipedia in Engels...

Gemeenskap, gaan loer asb na [1]; moet ons nie by Milestones net eerder elke 5000 artikels aandui nie? Dit sal meer beter vertoon. Groete! Oesjaar (kontak) 11:55, 19 Mei 2022 (UTC)

Beslis, ja. ~ Burgert (kontak) 14:10, 19 Mei 2022 (UTC)
Oesjaar: Praat jy van die rooi lint of die tabel?   Aliwal2012 16:08, 19 Mei 2022 (UTC)
Tabel, het eers nie na rooi lint geloer nie. Groete! Oesjaar (kontak) 16:29, 19 Mei 2022 (UTC)
Ek het sopas die rooi lint opdateer met 103 000 by en:wp en af:wp   Aliwal2012 17:07, 19 Mei 2022 (UTC)
Dankie, stem jy saam met my voorstel oor die tabel op die Engelse Wiki? Oesjaar (kontak) 17:14, 19 Mei 2022 (UTC)
Geen probleem, verander dit gerus!
(Moet net nie die tabel korter as die lint maak nie, dan vloei alles weer oormekaar.)   Aliwal2012 17:50, 19 Mei 2022 (UTC)
As die grafiek in die afdeling "Milestones" na die bokant van die afdeling "Visits and edits" geskuif word, sal die bladsy baie beter outomaties formateer wanneer dit op 'n nou skerm bekyk word, byvoorbeeld op 'n selfoon. Ek het dit op Gebruiker:Martinvl/Test getoets. Martinvl (kontak) 21:08, 20 Mei 2022 (UTC)

Beginknoppie vir vertalings met ContentTranslator

Hallo, mens kan nou nie meer "ContentTranslator" vanaf 'n taalkieslys links vd Engelse artkel gebruik nie, dit is ontkoppel daar.

HERSTEL: Dit werk nou weer! Maandag 23 Mei 2022

Ek stel voor diegene wat dit wil gebruik, klik op ContentTranslator.

NS: Ek vind ContentTranslator baie handig vir Engelse artikels met uitgebreide inligtingskassies, baie beelde, en lang verwysing. Maar ek gaan altyd die taal weer deur nadat dit geskep is. Ek is nou doenig met lughawens en lugdienste oor die wêreld. Groete,   Aliwal2012 17:47, 22 Mei 2022 (UTC)

NG gemeente Hermanus

Gemeenskap, bogenoemde artikel is 100% plagiaat vanuit die bron. Kan ek dit skrap? Ons sal hierdie gebruiker se ander bydraes ook moet ondersoek. Groete! Oesjaar (kontak) 16:16, 23 Mei 2022 (UTC)

NG gemeente Wellington-Noord en NG gemeente Laingsburg ook! Ai! Oesjaar (kontak) 16:30, 23 Mei 2022 (UTC)

Hinderlaagbemarking

Gemeenskap, ek het die afgelope twee dae twee pogings van Hinderlaagbemarking verwyder. Die was in die Solidariteit artikel en die ander in drie bemarkings verwante artikels deur Gebruiker:Deepanshunegi123. Beide het eksterne skakels by sleutelwoorde geplaas, verbloem as verwysings. Bly maar op die uitkyk daarvoor. Groete! Oesjaar (kontak) 09:34, 26 Mei 2022 (UTC)

Volkslied van die Azerbeidjanse SSR

Gemeenskap, wat is julle siening oor hierdie artikel? ASB! Groete! Oesjaar (kontak) 18:25, 29 Mei 2022 (UTC)

Franse universiteite

Gemeenskap, daar is 'n klompie Franse universiteite geskep met die Franse naam as titel. Die artikels kan getranskribeer word, ek het vir Burgert gevra om die Afrikaanse name te bevestig, dan gaan daar 'n klompie skuiwe kom! Groete! Oesjaar (kontak) 12:41, 30 Mei 2022 (UTC)

Ek het geen kennis hiervan nie, maar ek dink 'n mens moet dalk net Université Paris I Panthéon-Sorbonne en Université Paris-Panthéon-Assas verander na Universiteit Panthéon-Sorbonne en Universiteit Panthéon-Assas. Die res lyk reg na aanleiding van ander Wikipedias. ~ Burgert (kontak) 16:21, 30 Mei 2022 (UTC)

Invitation to participate in the #WPWPCampaign 2022

Dear Wikimedians,

We are glad to inform you that the 2022 edition of Wikipedia Pages Wanting Photos campaign is coming up in July.

This is a formal invitation to invite individuals and communities to join the campaign to help improve Wikipedia articles with photos and contextual images.

The campaign will run from July 1 to August 31, 2022 and several communities and Wikimedia Affiliates have already indicated interest to organize the campaign in their localities. Please find your community or community closer to you to participate: WPWP2022 Campaign: Participating Communities.

The campaign primarily aims to promote using images from Wikimedia Commons to enrich Wikipedia articles that are lacking them. Participants will choose among Wikipedia pages without photos, then add a suitable file from among the many thousands of photos in the Wikimedia Commons, especially those uploaded from thematic contests (Wiki Loves Africa, Wiki Loves Earth, Wiki Loves Folklore, etc.) over the years. In this third edition of the campaign, eligibility criteria have been revised based on feedback and campaign Evaluation Reports of the previous editions. Please find more details about these changes and our FAQ here on Meta-Wiki

For more information, please visit the campaign page on Meta-Wiki.

Best,
Ammar A.
Global Coordinator
Wikipedia Pages Wanting Photos Campaign 2022.
17:38, 31 Mei 2022 (UTC)

Ons FB groep...

Gemeenskap, ons FB groep het nou 811 lede! Groete! Oesjaar (kontak) 19:11, 6 Junie 2022 (UTC)

Daar is ook 'n Telegram-groep, https://t.me/afwiki, vir die wat belangstel. Frank (kontak) 11:25, 8 Junie 2022 (UTC)

Adviespaneel van die Taalkommissie

Gemeenskap, ek is verkies as lid van die Adviespaneel weens my betrokkenheid hier by ons Wikipedia. Ek het so pas 'n lang inligtingstuk gekry wat ek met julle wil deel. Gee vir my epos adresse asb. dan stuur ek dit aan. Tipes een van die dinge wat ons toekomstige Admin sal doen! Groete! Oesjaar (kontak) 07:55, 7 Junie 2022 (UTC)

Stuur asb. Terloops, baie geluk! Frank (kontak) 11:27, 8 Junie 2022 (UTC)

Vuurpyl terminologie

Gemeenskap, na kommunikasie met Dr. Sias Mostert (ruimtewetenskaplike) het hy die volgende bevestig: Die stadiums skei van mekaar. . Dus nie fases nie en dit ontkoppel ook nie, dit skei. Jou opmerking oor ontkoppeling is reg @Burgert Behr:! Groete! 07:52, 8 Junie 2022 (UTC) Oesjaar (kontak) 07:52, 8 Junie 2022 (UTC)

Johanna Corneluis: verwyder op Wikidata

Gemeenskap, hierdie artikel se titel was verkeerd en het ook bestaan onder die korrekte naam. Dit moet nou verwyder word op Wikidata. Kan iemand hier help asb? Groete! Oesjaar (kontak) 06:21, 10 Junie 2022 (UTC)

Ek dink nie dit is moontlik om items oop wikidata te verwyder nie. (Of miskien kan net 'n admin dit doen) Maar ek het die twee items versmelt, en net die korrekte spelling gebruik. - Rooiratel (kontak) 09:38, 10 Junie 2022 (UTC)
'n Mens kan dit verwyder, maar dit is nou reg. ~ Burgert (kontak) 09:57, 10 Junie 2022 (UTC)

Centurion (tenk)

Gemeenskap, help asb! Wat is bogenoemde soos gebruik in die volgende sin: 2 stowage positions for track links on glacis. Wat de joos is Glacis? Groete! Oesjaar (kontak) 13:48, 13 Junie 2022 (UTC)

 
Ratel
Uit Google kom die definisie "Glacis: a sloping piece of armour plate protecting part of a vehicle". Volgens Google Translate, is die Afrikaanse vertaling: "'n Skuins stuk pantser wat 'n deel van 'n voertuig beskerm". 'n Mens ken hierdie skuins stukke mooi in die prent van die ratel langsaan sien . Martinvl (kontak) 20:44, 14 Junie 2022 (UTC)
Sien ook en:Glacis die "Glacis" is deel van 'n kasteel, en 'n "Glacis plate" is deel van 'n tenk. - Rooiratel (kontak) 06:50, 15 Junie 2022 (UTC)

Ranger 8

Gemeenskap, uit bogenoemde is die sin: Sufficient video bandwidth was provided to allow for rapid framing sequences of both narrow- and wide-angle television pictures. Dit het te doen met bandwydte... Enige raaiskoot oor die vertaling sal verwelkom word! Ja, @Burgert Behr:, ek weet van ruimtetuie vertaling... Groete! Oesjaar (kontak) Oesjaar (kontak) 13:51, 13 Junie 2022 (UTC)

"Voldoende videobandwydte is voorsien om 'n vinnige raampiespoed vir beide nou- en wyeskoot-televisiebeelde moontlik te maak"
Oesjaar, vra is vry. Groete!   Aliwal2012 14:23, 14 Junie 2022 (UTC)

Voorstelling vir "Interessante brokkies" op die voorblad

Hallo almal. Ek het 'n voorstel vir die Interessante brokkies op ons voorblad. Op die oomblik kry ons voorblad die "Interessante brokkies" so:

{{Wikipedia:Interessante_brokkies/Week {{CURRENTWEEK}}}}

En dan lyk Wikipedia:Interessante brokkies/Week 24 so:

{{Wikipedia:Interessante brokkies/47}}<p></p>{{Wikipedia:Interessante brokkies/48}}

Ons het tans 130 "Interessante brokkies" maar nie almal verskyn op die voorblad nie omdat nie almal op een van die "Wikipedia:Interessante brokkies/Week XX" gesit is nie.

Ons kan hulle almal handmatig byvoeg, of my nuwe idee probeer: skrap die bladsye vir elke week en gebruik net die een wat outomaties 5 willekerige "Interessante brokkies" laai.

Hier is my voorbeeld: Wikipedia:Interessante_brokkies/Toets

Die sjabloon wat ek gebruik maak seker dat hulle almal anders is. Die enigste werk wat ons moet doen is as ons nuwe "interessante brokkies" maak, dan moet ons net die nommer 131 groter maak. (dit kry 'n nommer tussen 0 en (in die geval) 131 - 1. So die 131 moet altyd 1 hoër wees as die hoeveelheid "interessante brokkies".

As julle tevrede is daarmee, dan kan ons die naam verander na iets soos Wikipedia:Interessante_brokkies/Voorblad en dan die voorblad wysig om dit te gebruik.

Groete. - Rooiratel (kontak) 11:54, 15 Junie 2022 (UTC)

Ek verstaan nie hoe dit werk nie (ek kan nie so ver tel nie). Maar dit klink vir my goed. ~ Burgert (kontak) 20:17, 15 Junie 2022 (UTC)
Groot asseblief: Behou die ou bladsye vir historiese doeleindes. Van hulle is meer as 16 jaar oud en deur gebruikers geskep wat lankal inaktief is. Groete. --   SpesBona 20:55, 15 Junie 2022 (UTC)
Ons kan die nuwe bladsy gebruik en die oues behou sonder om enige probleme te veroorsaak. - Rooiratel (kontak) 21:06, 15 Junie 2022 (UTC)
Dit klink vir my goed. Lefcentreright (kontak) 18:32, 16 Junie 2022 (UTC)
Okei, ek het nou 'n paar dae gegee vir almal om hulle kommentaar te lewer. Ek gaan nou voort met die idee. As daar enige probleme op kom, laat weet maar hier onder. Groete - Rooiratel (kontak) 06:42, 20 Junie 2022 (UTC)

Politieke POV

Gemeenskap, wees maar op die uitkyk vir politieke POV. Vandag het iemand probeer om deur middel van kaarte Marokko se gebied te vergroot en die Wes-Sahara-konflik probeer verswyg, ondanks die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara se lidmaatskap in die Afrika-unie en beide Namibië en Suid-Afrika se erkenning van dié republiek. Myns insiens is dit nou (maar ook altyd) die verkeerde tyd vir dié dinge! Groete. --   SpesBona 20:55, 15 Junie 2022 (UTC)

Sjabloon:Gemini-bemanning

oorgedra van SpesBona se besprekingsblad deur Aliwal2012

@SpesBona:, Ek het my hand gewaag aan sjablone! Kan jy help asb? Groete! Oesjaar (kontak) 18:23, 13 Junie 2022 (UTC)

@Oesjaar:, watter sjabloon probeer jy vertaal? Dan kan ek kyk en dalk help. Groete. --   SpesBona 19:50, 13 Junie 2022 (UTC)
Spaceflight crew uit Engels. Groete! Oesjaar (kontak) 19:53, 13 Junie 2022 (UTC)
@Oesjaar: Ai, dié is 'n lank infokas. Dit sal sekerlik 'n hele dag vat om dit mooi te vertaal. Gee net tyd asb. Groete. --   SpesBona 19:55, 13 Junie 2022 (UTC)
Dalk kan @Burgert Behr: hier help, hy is mos ons kenner van ruimtedinge. Groete. --   SpesBona 21:00, 13 Junie 2022 (UTC)
Nee, ek weet nie wat daar aangaan nie. Dit lyk soos deel van 'n groter sjabloon. ~ Burgert (kontak) 08:49, 14 Junie 2022 (UTC)

────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────Dankie julle vir julle bereidwilligheid! Groete! Oesjaar (kontak) 09:46, 14 Junie 2022 (UTC)

Wie doen nou wat? :) @Burgert Behr:, Oesjaar probeer en:Template:Spaceflight crew in Afrikaans vertaal. Groete. --   SpesBona 20:55, 15 Junie 2022 (UTC)
@Oesjaar: Ek het dit nou gedoen. Kyk hier: {{Ruimtevlugbemanning}}, en onderaan in die dokumentasie hoe dit in aksie lyk. ~ Burgert (kontak) 09:01, 16 Junie 2022 (UTC)
@Burgert Behr:, dankie Burgert! Dit gaan 'n verskil maak! Groete! Oesjaar (kontak) 13:54, 16 Junie 2022 (UTC)
Mooi so Burgert, hoop nie dit het jou hele Jeugdag opgeneem nie! --  Aliwal2012 14:25, 16 Junie 2022 (UTC)

SAAWK

Gemeenskap, die Akademie het 'n nuwe webblad, sien: [2]. Binnekort is ons naam ook hier onder organisasies! Groete! Oesjaar (kontak) 15:38, 21 Junie 2022 (UTC)

Pasop net vir bemarking nè!   Aliwal2012 15:56, 21 Junie 2022 (UTC)

WMF se Werkbladverbeteringsprojek – opdatering

Uit Nederlands vertaal deur Aliwal2012
Om dit die nuwe standaard te maak

Hallo! Ek wil graag 'n opdatering lewer oor die Werkbladverbeterings-projek, waaraan die Wikimedia Stigting-webspan die afgelope paar jaar gewerk het. Ons werk is amper klaar!

Ons wil graag sien dat hierdie verbeterings die standaard word vir lesers en redigeerders op alle wiki's. In die komende weke sal ons gesprekke op meer wiki's begin, insluitend hierdie een.🗓️ Ons lees graag jou voorstelle!

Die doel van die projek is om die koppelvlak meer uitnodigend en gemaklik vir lesers te maak, en meer bruikbaar vir gevorderde gebruikers. Die projek bestaan ​​uit 'n reeks kenmerkverbeterings wat dit makliker maak om te lees en te leer, binne die bladsy te navigeer, te soek, tale te wissel, artikeloortjies en die gebruikerskieslys te gebruik, en someer. Die verbeterings is reeds by verstek sigbaar vir lesers en redigeerders op meer as 30 wiki's, insluitend die Wikipedias in Frans, Portugees en Persies.

Die veranderinge is slegs van toepassing op die Vektor-vel en Monobook of Timeless word nie geraak nie.

Die nuutste funksies
  • Inhoudsopgawe - ons weergawe is makliker om toegang te verkry, konteks vanaf die bladsy te kry, en oor die bladsy te navigeer sonder om te af te rol. Dit word tans op ons loods-wiki's getoets. Dit is ook beskikbaar vir redakteurs wat vir die Vector 2022-vel ingeteken het.

Ons gaan dit in twee intuïtiewe spyskaarte verdeel.

Hoe om die verbeterings te aktiveer
  • Dit is moontlik om dit op individuele wiki's te aktiveer in die Voorkoms-oortjie in die voorkeure deur "Vector (2022)" te kies. Dit is ook moontlik om dit op alle wiki's gelyktydig te aktiveer met behulp van die Globale Voorkeure.

Op wiki's waar die veranderinge by verstek publiek sigbaar is, kan aangemelde gebruikers altyd na die ou Vector terugkeer. Daar is 'n maklik-toeganklike skakel in die sybalk van die nuwe Vector.

Kom meer te wete en sluit aan by ons aktiwiteite

As jy die vordering van ons projek wil volg, kan jy inteken op ons nuusbrief. U kan die projekbladsye lees, ons Gereelde Vrae bekyk, kommentaar lewer op die projekbesprekingsbladsy en by 'n aanlynvergadering met ons aansluit.

Baie dankie. SGrabarczuk (WMF) (overleg) 15:47, 21 Junie 2022 (UTC)

Launch escape system in Afrikaans?

Gemeenskap, ek gaan bogenoemde uit Engels vertaal. Wat sal die korrekte Afrikaans daarvoor wees? Lanseringontsnappingstelsel afgekort LOS? Groete! Oesjaar (kontak) 19:42, 22 Junie 2022 (UTC)

Lanseerontsnapstelsel, lanseer-ontsnapstelsel, of iets dergeliks. Groete. Frank (kontak) 09:34, 23 Junie 2022 (UTC)

Die Ruimte dinge...

Na ek 'n klomp ruimtevlugte vertaal het, het gedink daar sal nie meer verrassings wees nie... Wel, wat is die volgende in Afrikaans: propellant slosh? Daar is ook 'n Engelse artikel: Slosh dynamics. Ek luister... Oesjaar (kontak) 16:26, 24 Junie 2022 (UTC)

Die spoel/rondplas van dryfmiddel in die tenk? Groete. Frank (kontak) 17:28, 24 Junie 2022 (UTC)

Vakuumbuis

Bogenoemde artikel is uit Nederlands vertaal en kort aandag! Kan iemand met beter Nederlandse kennis as ek asb. hier help? Groete! Oesjaar (kontak) 19:10, 25 Junie 2022 (UTC)

  Uitgevoer met pyn!   Aliwal2012 21:05, 25 Junie 2022 (UTC)

Vegvliegtuie, destyds en nou!

'n Interessante brokkie:— Vergelyk die klimvermoë van hierdie drie vegvliegtuie:

Laat mens dink?   Aliwal2012 23:32, 25 Junie 2022 (UTC)


Wikipedia:Geselshoekie