Wetenskapsfiksie

Wetenskapsfiksie (WF) is 'n vorm van fiksie wat hoofsaaklik handel oor die inwerking van werklike of denkbeeldige wetenskap op die samelewing of 'n indiwidu. WF is dikwels op die huidige of toekomstige wetenskaplike, mediese en tegnologiese spekulasies gegrond.

Sub-genres van die wetenskapsfiksiewysig

  • Alternatiewe geskiedenis: is gebaseer op die beginsel dat historiese gebeurtenisse heel moontlik anders verloop het. Parallelle wêrelde is dikwels ook deel van hierdie sub-genre.
  • Ander wêreld: die skep van 'n heeltemal fiktiewe wêreld of heelal, waarvan die strukture totaal en al van ons eie verskil.
  • Eindtyd: handel oor die einde van die mensdom, deur die mens se eie toedoen of deur oorlog, siekte, astronomiese impak of ekologiese ramp.
  • Ekstra-sensoriese persepsie: oor karakters of vreemde wesens met 'n natuurlike vermoë wat telepatie, psigokinese, teleportasie, levitasie, dwang, prekognisie, heldersiendheid, ens. insluit.
  • Godsdiens: toekomsverhale met 'n openlik godsdienstige ondertoon.
  • Habitat: oor mense wat leef in koepels, generasieskepe, asteroïdes, ruimtestasies, ens.
  • Harde-wetenskapfiksie: word gekenmerk deur streng aandag te skenk aan die noukeurige en korrekte besonderhede op die gebied van fisika, astrofisika, sterrekunde en skeikunde.
  • Kloon: oor genetiese ingenieurswese of manipulasie van 'n gekloonde mens, vervaardig in 'n mens se laboratorium.
  • Kuberpunk: handel gewoonlik oor hoë-tegnologie in die nie-so-verre toekoms. Die hooftema handel oor die vernietiging van die mensdom en is gewoonlik waarskuwend oor die moontlike kwade gevolge wanneer tegnologie in die verkeerde hande val.
  • Militêr: speel gewoonlik af in 'n tyd van konflik tussen nasionale, interplanetêre, of interstelsels, waar die hoofkarakters gewoonlik soldate is.
  • Onsterflikheid: oor mense wat op soek is na hul eie vorm van onsterflikheid, en die uiterstes waartoe hulle sal gaan om dit te bekom.
  • Robot: robotte is 'n geliefde onderwerp. Wat gebeur as mense vervang word deur meganiese, stoom- of elektriese masjiene?
  • Ruimtereis: oor die mensdom se reise deur ons eie sonnestelsel of na ander onbekende sterrestelsels.
  • Ruimtesepie: oor 'n avontuur wat afspeel in die ruimte, of op ander planete.
  • Sagte-wetenskapfiksie: sluit gewoonlik werke in wat gebaseer is op die sosiale wetenskappe soos biologie, sielkunde, ekonomie, sosiologie en antropologie.
  • Supermens: oor mense wat oor die vermoë beskik wat ver bo die vuurmaakplek van die gewone mens is. Dit kan spruit uit 'n natuurlike oorsaak, of kan die gevolg van inmenging en manipulasie wees.
  • Tydreis: word gekenmerk deur aanwending van 'n uitvindsel om akkurate tydvakke te besoek, hetsy reise na die verlede of die toekoms.
  • Vreemdeling: oor vreemde wesens wat uit die buitenste ruimte of van 'n ander planeet afkomstig is.
  • Wetenskapsfiksie vir tieners: wetenskapsfiksie aangepas vir die jeug.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media