Watervlier

Plantspesie

Die Watervlier (Nuxia oppositifolia) is 'n klein immergroen boom wat deel is van die Stilbaceae familie. Die spesie is inheems in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eswatini, Eritrea, Ethiopië, Jemen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Namibië, Saoedi-Arabië, Somalië, Soedan, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voor. Die boompie groei langs waterlope, op oewergrond en selfs tussen rotse.

Watervlier
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Klade:Asterids
Orde:Lamiales
Familie:Stilbaceae
Genus:Nuxia
Spesie:
N. oppositifolia
Binomiale naam
Nuxia oppositifolia
(Hochst.) Benth., (1846)
Sinonieme

Sien teks.

Beskrywingwysig

Dit is 'n meerstammige struik of klein boom (tot 8 m hoog) met 'n dun, regop stam en digte blaarbedekking. Takke is dun en reguit en neig om buitentoe te buig in ouer bome. Die bas raak gesplete in lang riwwe wat later in lang repe afdop.

Die glansende, vaalgroen blare is lank en smal (8 x 1 cm), enkelvoudig en in pare gedra. Die uiters fyn en klein, wit blommetjies word in digte bondels op oksels van die laaste paar blare gedra. Die boom se FSA-nommer is 635.[1][2]

Sinoniemewysig

Die spesie het twaalf sinonieme:

  • Lachnopylis oppositifolia Hochst.
  • Nuxia autunesii Gilg
  • Nuxia capitata var. tomentella Hochr.
  • Nuxia dentata R.Br. ex Benth.
  • Nuxia dentata var. glutinosa Engl.
  • Nuxia schlechteri Gilg
  • Nuxia tomentella (Hochr.) Jovet
  • Nuxia tomentella f. farinosa Jovet
  • Nuxia tomentella var. meridionalis Jovet
  • Nuxia tomentella f. microphylla Jovet
  • Nuxia tomentella f. subdentata Jovet
  • Nuxia tomentella var. typica Jovet

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
  2. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 204. ISBN 978-1-77007-759-1.

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media