Waterford, Oos-Kaap

Waterford is 'n klein dorpie in die Oos-Kaap gestig om die boerderygemeenskap van dienste te voorsien. Sedert Augustus 2016 val die dorpie in die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit.

Waterford
Gehuggie
Waterford is in Oos-Kaap
Waterford
Waterford
 Waterford se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 33°05′16.62″S 25°02′37.75″O / 33.0879500°S 25.0438194°O / -33.0879500; 25.0438194Koördinate: 33°05′16.62″S 25°02′37.75″O / 33.0879500°S 25.0438194°O / -33.0879500; 25.0438194
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikSarah Baartman
MunisipaliteitDr Beyers Naudé
Oppervlak
 • Totaal26,74 km2 (10,32 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal40
 • Digtheid1/km2 (3/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense15%
 • Bruin mense70%
 • Swart mense15%
Taal (2011)
 • Afrikaans 70.0%
 • Xhosa 22.5%
 • Sotho 5.0%
 • Gebaretaal 2.5%

Liggingwysig

Waterford lê suid van 'n draai in die Sondagsrivier en noord van die R400-gruispad. Die gehuggie is net noordwes van die Darlingtondam, 50 km suidoos van Jansenville, noord van die Klein-Winterhoekberge en wes van die Suurberge.

Geskiedeniswysig

Ongeveer in die middel van die 19de eeu het die gehug ontstaan. In sy bloei was daar 'n kerk, poskantoor, polisiekantoor, hotel, meul, skool, algemene handelaar sowel as 'n vrederegter. Verskeie Duitssprekendes met vanne soos Huebsch, Faehse en Fittig het in die tydperk daar gewoon.

Naamwysig

Waarskynlik was hier vroeër 'n drif (in Engels 'n “ford”) in die rivier. Dus die plek waar die waens deur die water gegaan het. Die Waterford-formasie wat deur die geoloog dr. B.S. Rubidge ontdek is, is na die gehuggie vernoem.

Huidige toestandwysig

Weens die ontvolking van die platteland is die dorpie nou feitlik verlate en slegs die kerkgebou van 1959 van die NG gemeente verkeer in 'n goeie staat. Die hele Waterford is ingesluit in die beplanning vir 'n groter Addo-Olifant Nasionale Park. Sanparke het al verskeie plase in die direkte omgewing opgekoop. Indien die oorblywende bevolking (40) van Waterford nie oorreed kan word om te verskuif nie, sal hulle seker mettertyd ook deel van die besigtigingswaarde van toeriste aan die Addo-park word.

Bibliografiewysig

  • Logie, Bartle: Sundays – tales from a winding river. Port Elizabeth: Bluecliff, 2011. ISBN 978-0-9870017-2-6
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Waterford". Sensus 2011.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media