Waratahs (Superrugbyspan)

Die Waratahs (voorheen bekend as die Nieu-Suid-Wallis Waratahs en nou as die HSBC Waratahs) is ’n Australiese rugbyspan wat as ’n konsessie aan Superrugby deelneem sedert 1996. Die konsessie sluit die grootste gedeelte van Nieu-Suid-Wallis in (die Riverina en ander suidelike dele maak deel van die Brumbies se konsessiearea uit). Die Waratahs se tuiswedstryde word op die Sydney Voetbalstadion in Sydney gespeel. Die huidige kaptein van die span is Michael Hooper.

Waratahs
Bynaam(e)’Tahs
EmbleemProtea
Stigting1997
LiggingSydney, Australië
StreekNieu-Suid-Wallis
StadionSydney Voetbalstadion
Kapasiteit45 500
Afrigter(s)Daryl Gibson
Kaptein(s)Michael Hooper
Liga(s)Superrugby
2018Kwarteind
(3de na rondomtalie)
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Meeste wedstryde136 Phil Waugh
Meeste punte1 172 Matt Burke
Meeste drieë25 Lote Tuqiri
Eerste wedstryd
NSW Waratahs 32 – 11 Transvaal
(1 Maart 1996)
Grootste oorwinning
Waratahs 73 – 12 Lions
(12 Maart 2010)
Grootste nederlaag
Crusaders 96 – 19 Waratahs
(11 Mei 2002)
Amptelike webwerf
www.waratahs.com.au

Geskiedeniswysig

Amateur erawysig

Die NSWRU (of die Suidelike Rugbyunie (SRU) soos dit toe geheet het) is in 1874 gestig en die eerste klubkompetisie het in daardie jaar plaasgevind. Teen 1880 het die SRU meer as 100 klubs geregistreer in die metropolitaanse area. In 1982 is die eerste verteenwoordigende span van Nieu-Suid-Wallis gekies om teen die span van Queensland te speel in twee wedstryde. NSW het albei die wedstryde gewen.

In dieselfde jaar is die eerste NSW-toerspan gekies om na Nieu-Seeland te reis om daar te speel. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het NSW en Queensland die kompetisie tussen hulle gestaak. Die Queensland rugbyliggaam is egter eers weer in 1929 gestig wat beteken het dat NSW meer verantwoordelikhede teenoor Australiese rugby gehad het. In 1921 het die Waratahs weer na Nieu-Seeland getoer en het nege van hul tien wedstryde gewen, waaronder een teen die All Blacks.

Die bekendste Waratah-span was die span wat in 1927-’28 na Brittanje, Frankryk en Noord-Amerika getoer het. Hulle het 24 van hul amptelike 31 wedstryde gewen. Kort na hul terugkeer na Australië het wedstryde teen Queensland weer pos gevat. Die 1930’s was ’n besonder suksesvolle periode vir NSW. Die hoogtepunt in hierdie era was toe die verteenwoordigende span van NSW die toerspan van Suid-Afrika in 1937 op die SCG geklop het.

In 1963 is die Sydney Rugbyunie gestig om die sport in die stad te help uitbrei. Die NSW Rugbyunie het in 1974 hul eeufeesvieringe gehad en as deel van die feestelikhede is ’n wedstryd op 18 Mei teen die All Blacks op die SCG gespeel. Die Waratahs het met 20 - 0 verloor.

Professionele erawysig

Die Waratahs speel teen die Brumbies

In die eerste seisoen van die Super 12 in 1996 kon die Waratahs slegs vyf wedstryde wen en het hulle in die middel van die punteleër geëindig met die ander twee Australiese spanne bo hulle. Die volgende seisoen het nog slegter verloop en die Waratahs kon slegs vier wedstryde wen om uiteindelik negende te eindig.

1998 was ’n beter seisoen vir die Waratahs nadat hulle ses wedstryde gewen het en sesde op die punteleer geëindig het. In 1999 het die Waratahs egter teruggesak na die agtste plek op die punteleër nadat hulle slegs vier wedstryde kon wen. Hulle het effens verswak vir die volgende seisoen en het in 2000 vyf wedstryde gewen maar kon slegs negende eindig. In 2001 het hulle weer slegs vyf wedstryde gewen maar hierdie keer het hulle weer opgeskuif na die agtste plek op die punteleër.

2002 was ’n drastiese verbetering op al die vorige seisoene vir die Waratahs. Hulle was aan die einde van die rondomtaliewedstryde tweede op die punteleër (hulle het agt wedstryde gewen), wat beteken het dat hulle na die uitspeelrondes deurgedring het. Die Waratahs het egter in hul laaste rondomtaliewedstryd met ’n yslike 96 - 19 verloor teen die Crusaders. Hulle het ook in die halfeindstryd teen die Brumbies verloor met 51 - 10. Die gekombineerde telling vir die twee weke was Brumbies/Crusaders 147 teen die 29 van die Waratahs.

In 2003 het die Waratahs weer teruggesak na die middel van die punteleër en hulle het sesde geëindig. Die volgende seisoen (2004) het belowend begin met drie agtereenvolgende seges. Hulle kon egter vir die res van die seisoen nog net twee wedstryde wen en het uiteindelik agtste geëindig. In daardie jaar het die afrigter, Ewen McKenzie, die toer aan die einde van die seisoen ingestel en die Waratahs het na Argentinië gereis. In 2005 het die Waratahs hul beste seisoen tot dusver gehad nadat hulle tweede op die punteleër geëindig het en weer deurgedring het na die uitspeelrondes. Hierdie keer het hulle Bulls in die haldeindstryd in Sydney met 23 - 13 geklop. Hulle het teen die Crusaders in die eindstryd te staan gekom en het die wedstryd met 35 - 25 geklop.

In 2006 is die kompetisie uitgebrei na 14 spanne met die toevoeging van die Western Force van Australië en die Cheetahs van Suid-Afrika. Die Waratahs het goed gevaar in 2006 en het derde op die punteleer geëindig. In die laaste wedstryd van die rondomtalie het die Waratahs teen die Hurricanes met 29 - 14 verloor. Die nuus dat Wendell Sailor positief getoets het vir verbode middels en moontlike skorsing van rugby in die gesig gestaar het, het die Waratahs se voorbereiding vir die halfeindronde negatief beïnvloed. Hulle het na Nieu-Seeland gereis om weer teen die Hurricanes te speel in die halfeindronde en het die wedstryd verloor met 16 - 14. Wendell Sailor is later ’n tweejaar skorsing uit professionele rugby opgelê.[1]

Die 2007-seisoen was die mees teleurstellende nog vir die Waratahs. Hulle kon slegs drie wedstryde wen (teen die Lions, Reds en Hurricanes) en het die seisoen in die dertiende plek afgesluit. Die 2008-seisoen het goed begin vir die Waratahs nadat hulle hul voorseisoenwedstryde gewen het en nadat hulle die Hurricanes in hul eerste wedstryd met 20 - 3 geklop het. Die oorwinning oor die Brumbies in die vierde ronde van die kompetisie was die Waratahs se 500ste oorwinning sedert hul eerste wedstryd in 1882. Die Waratahs het vir die res van die seisoen goed vertoon en het uiteindelik nege wedstryde gewen wat aan hulle ’n tweede plek op die punteleer besorg het. Hulle het ’n tuishalfeindstryd gehad teen die Sharks en het met 28 - 13 geseëvier. Hulle moes weer na Nieu-Seeland reis vir die eindstryd teen die Crusaders maar het weer vasgeval en die wedstryd met 20 - 12 verloor.

In 2009 het die Waratahs die uitspeelrondes net-net gemis. Hulle en die Crusaders het albei 41 ligapunte gehad maar die Crusaders het met vier punte ’n beter punteverskil as die Waratahs gehad, wat aan die Crusaders ’n plek in die uitspeelrondes besorg het.

Logo en kleurewysig

’n Ouer NSW logo
’n Ouer NSW logo

Die span van Nieu-Suid-Wallis speel in ’n ligblou trui en vlootblou broek. Die blou kleur het ’n lang sportgeskiedenis in Nieu-Suid-Wallis en is in ’n bekende tweestryd met die rooi/maroen van Queensland. HSBC, die borg vir ’n aantal jare, pryk op die voorkant van die trui. Daar word soms ook van ’n alternatiewe trui gebruikgemaak. In die 2006-voorseisoen het die Waratahs ’n nuwe truiskema gebruik in ’n wedstryd teen die Crusaders. Hierdie stelsel het die tradisionele nommers agter op die truie vervang met die spelers se voorletters. Die alternatiewe truie is ’n wit-en-blou gestreepte trui.

Tot 1885 het Nieu-Suid-Wallis ‘heide groen’ drag gedra. Van 1891 tot 1897 het Nieu-Suid-Wallis in skarlakenrooi truie gespeel. Die volgende seisoen het die span in Cambridge blou truie uitgedraf. Die ligblou trui en vlootblou broek is in 1897 vir die eerste keer gebruik en word sedertdien gebruik vir Nieu-Suid-Wallis. Die rugbyspan van Nieu-Suid-Wallis was reeds voor die aanvang van die Super 12 bekend as die Waratahs aangesien die waratah (telopea) die staatsblom van Nieu-Suid-Wallis is.

Tuisstadionwysig

Die Waratahs speel op die Sydney Voetbalstadion

Die Waratahs speel hul tuiswedstryde op die Sydney Voetbalstadion in Moore Park, reg langs die Sydney Cricket Ground. Die stadion het sitplek vir 45,500 mense. De Waratahs deel hierdie stadion met die Sydney Voetbalklub se sokkerspan en die Sydney Roosters rugbyligaspan.

In 2009 het die Waratahs ’n multi-miljoendollar kontrak geteken met die ANZ-stadion wat beteken dat hulle ten minste een wedstryd per seisoen in die stadion in Sydney Olimpiese Park moet speel tot 2015.[2] Al die Waratahs se tuiseindstryde word ook op die ANZ-stadion gespeel.

Die Waratahs het ook al per geleentheid op ander stadions regoor Nieu-Suid-Wallis gespeel. Gedurende die Australiese Provinsiale Kampioenskap waarin die Waratahs twee wedstryde gespeel het, is die wedstryde in onderskeidelik in Bathurst en op die Sentrale Kusstadion in Gosford gespeel. Die Waratahs het ook van hul proewe in 2008 op die Campbelltown-stadion gespeel.

Seisoenbepalingswysig

Super 12wysig

Die volgende tabel som die Waratahs se Super 12-uitslae op:[3]

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BPPteNotas
19966de11506312290+22828
19979de11407255296-41420
19986de11614306276+30430
19998ste11416246248-2624
20009de11506273258+15525
20018ste11506306302+4525
20023de11803337284+53739Verloor in halfeindronde teen Brumbies
20035de11605313344-31731
20048ste11506342274+68727
20052de11902322174148541Verloor in eindronde teen Crusaders

Super 14wysig

Die volgende tabel som die Waratahs se Super 14-uitslae op:[3]

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BPPteNotas
20063de13904362192170945Verloor in halfeindronde teen Hurricanes
200713de13319266317-51721
20082de13913255168+69543Verloor in eindronde teen Crusaders
20095de13904241212+29541
20103de1380536630858743

Superrugbywysig

Die volgende tabel som die Waratahs se Superrugby-uitslae op:

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BP1PteNotas
20115de161006398252+146957Verloor teen Blues in kwalifiserende ronde
201211de164012346407−611135
20139de16808411371+40545
20141ste161204481272+2091058Wen teen Crusaders in eindronde
20152de161105409313+96852Verloor teen Highlanders in halfeindronde

1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.

Die volgende tabel som die Waratahs se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:

SeisoenPos AlgPos GroepGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/−BP1PteNotas
201610de6de15807413317+96840
201716de9de154011396522–126319

Huidige spanwysig

Waratahs 2017 Superrugbyspan[4]

Stutte

  • Sekope Kepu
  • Tom Robertson
  • Paddy Ryan
  • Matt Sandell
  • Angus Ta’avao

Hakers

  • Damien Fitzpatrick
  • Tolu Latu
  • Hugh Roach

Slotte

  • Ned Hanigan
  • David McDuling
  • Dean Mumm
  • Will Skelton
 

Losvoorspelers

  • Jack Dempsey
  • Jed Holloway
  • Michael Hooper
  • Michael Wells
  • Brad Wilkin

Skrumskakels

Losskakels

  • Bernard Foley
  • Bryce Hegarty
 

Senters

  • Israel Folau
  • Rob Horne
  • David Horwitz

Vleuels

  • Cameron Clark
  • Andrew Kellaway
  • Taqele Naiyaravoro
  • Reece Robinson

Heelagters

  • Harry Jones

Afrigterswysig

  • Chris Hawkins – 1996
  • Matt Williams – 1996 tot 1999
  • Ian Kennedy – 2000
  • Bob Dwyer – 2001 tot 2003
  • Ewen McKenzie – 2004 tot 2008
  • Chris Hickey – 2009 tot 2011
  • Michael Foley – 2012
  • Michael Cheika – 2013 tot 2015

Statistiekwysig

Spanwysig

  • Grootste sege - 73-12 vs Lions, 2010
  • Grootste wenmarge - 61 vs Lions, 2010
  • Meeste drieë in een wedstryd - 11 vs Lions, 2010
  • Grootste loesing - 19-96 vs Crusaders, 2002

Individueelwysig

  • Meeste wedstryde - 119 - Phil Waugh
  • Meeste wedstryde as kaptein - 41 - Phil Waugh
  • Meeste punte - 957 - Matt Burke
  • Meeste drieë - 25 - Lote Tuqiri
  • Meeste drieë in ’n wedstryd - 4 - Drew Mitchell (vs Lions, 2010)
  • Meeste doelskoppe in ’n wedstryd - 9 - Berrick Barnes (vs Lions, 2010)
  • Meeste punte in ’n seisoen - 184 - Peter Hewat (2006)
  • Meeste drieë in ’n seisoen - 10 - Peter Hewat (2005)
  • Meeste punte in ’n wedstryd - 34 - Peter Hewat (v Bulls, 2005)

Sien ookwysig

  • Nieu-Suid-Wallis Rugbyunie

Eksterne skakelswysig

Verwysingswysig

  1. (en) Cocaine use ends Wendell Sailor’s career The Age
  2. Rugby Heaven [dooie skakel]
  3. 3,0 3,1 "Superrugby spanbesonderhede (Waratahs)" (in Engels). Lassen Creative Technologies Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 10 Desember 2007.
  4. (en) Spelerprofiele Geargiveer 21 Maart 2012 op Wayback Machine NSW Waratahs
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media