Walter Matthau

Amerikaanse akteur

Walter Matthau (gebore as Walter John Matthow; 1 Oktober 1920 – 1 Julie 2000) was ’n Amerikaanse akteur van Joodse afkoms, wat die bekendste was vir sy rol as Oscar Madison in The Odd Couple en sy gereelde samewerking met sy medester Jack Lemmon.

Walter Matthau
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Matthau in 1952.

GeboortenaamWalter John Matthow
Geboorte(1920-10-01)1 Oktober 1920
Sterfte1 Julie 2000 (op 79)
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur, komediant, sanger
Aktiewe jare1944–2000
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaanwysig

Matthau het toneelklasse geloop by die Duitse regisseur Erwin Piscator. Hy was jare lank ’n gerespekteerde verhoogakteur en het in 1962 die Tony vir beste akteur in ’n toneelstuk gewen.[1]

Matthau in Charade (1963).

Hy het sy rolprentdebuut in 1955 gemaak in The Kentuckian teenoor Burt Lancaster. In 1958 was hy saam met Elvis Presley in King Creole. Ander prente in die laat 1950's sluit in Ride a Crooked Trail en Onionhead. In 1962 was hy saam met Kirk Douglas in Lonely are the Brave en in 1963 saam met Audrey Hepburn in Charade.[2]

Hy het ook dikwels op televisie verskyn, in onder meer die reeks Naked City, ’n episode van The Eleventh Hour en Dr. Kildare, en ’n paar keer in The DuPont Show of the Week. In dié tyd het Matthau nie eintlik in komedies verskyn nie, maar meestal in dramas soos Fail Safe (1964).

In 1965 het Neil Simon hom in die toneelstuk The Odd Couple laat speel.[1] Hy het dié rol later in die rolprent met dieselfde naam herhaal, saam met Jack Lemmon. Hy was daarna ook in die komedie The Fortune Cookie (1966) saam met Lemmon en het ’n Oscar vir beste manlike byspeler gewen – dit was die eerste van baie kere dat hy saam met Billy Wilder gewerk het. Ook vir Kotch (1971) en The Sunshine Boys (1975) is hy vir ’n Oscar benoem, en vir laasgenoemde het hy ’n Golden Globe gewen.

Hy het daarna in nog filmweergawes van toneelstukke gespeel, soos Hello, Dolly! en Cactus Flower (albei 1969), asook Plaza Suite (1971) en die opvolg, California Suite (1978).[2]

In 1994 het hy die rol van Albert Einstein vertolk in die prent I.Q. Sy samewerking met Lemmon was een van die suksesvolstes in Hollywood. Hulle het in altesaam 10 prente saam verskyn – 11 as ’n mens Kotch bytel waarin Lemmon in ’n kameerol verskyn. Hulle was ook albei in die drama JFK (1991), maar verskyn nie saam in tonele nie. Matthau was in 1992 die verteller in die Dr. Seuss-prent How the Grinch Stole Christmas! en in 1993 het hy die rol van mnr. Wilson vertolk in Dennis the Menace.[2]

Matthau en Lemmon het weer saamgewerk in die komedie Grumpy Old Men (1993) en sy opvolg, Grumpier Old Men (1995). Verder was hulle saam in Out to Sea (1997) en The Odd Couple II (1998). Matthau se laaste verskyning in ’n rolprent was in 2000 in Hanging Up, met Diane Keaton as regisseur.[2]

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media