Walahone

Die Walahone was 'n adellike familie, wat veral in die 9de eeu in die Middelryn-gebied hertogelike ampte gehou het. Hul belangrikheid lê veral in hulle verwantskap met  die Robertyne, die Konradyne en die Saliërs, en hulle het as 'n skakel tussen hierdie vooraanstaande families van die middeleeue 'n rol gespeel.

In die jare 842 en 902 word hertoë met die naam Walaho genoem wat in die Nahegau, Niddagau, Speyergau en Wormsgau, ampte gehad het. Dit is egter nie bekend na hoeveel persone hier verwys word nie.

Walaho IVwysig

Die bekendste lid van die familie is Walaho IV († voor 891). Hy was met Oda, Robert III se dogter (van die Robertyne) getroud. Walaho het die opvolger van Robert (oorlede voor 834), en sy seuns, Guntram († 837) en Robert die Dapper in die Wormsgau geword, toe die laasgenoemde sy aktiwiteit na die Wes-Frankiese Koninkryk verplaas het.

'n Moontlike dogter van Walaho en Oda was Wiltrud, wat die konradynse Eberhard (oorlede 902/903) getrou het. Eberhard was graaf/hertog van die Niederlahngau en Ortenau, asook die oom van die latere Duitse koning Konrad I. 'n Dogter van Wiltrud en Eberhard is, op haar beurt, die vrou van die graaf/hertog van die Wormsgau, Werner, wat die eerste lid van die Saliërs is wat genoem word.

Walaho-Meingaudwysig

Nog 'n Walaho word genoem in die jaar 891/902. Hy was die vader van 'n graaf Burkhard, wat in 905 vir Gisela, die weduwee van Meingaud († 892) getrou het. Meingaud was graaf/hertog in Maienfeld en in Wormsgau. Beide lande het in Burkhard se besit oorgegaan.[1]

Stephanwysig

Uit dieselfde tydperk is nog 'n derde Walahone bekend, graaf Stephan, een van die ondersteuners van die keiser Arnolf van Karintië in Lotaringe. Hy was egter ook in die verset teen Arnolf se seun Zwentibold betrokke. Hy op 13 Augustus 900 een van diegene wat Zwentibold in 'n veldslag gedood het. Twee jaar later, einde 901, is Stephan self op 'n gewelddadige manier dood.

Verwantskapwysig

In die algemeen word dit aanvaar dat die Walahone naby aan die familie van die Saliërs was, die presiese verwantskap/verhouding is egter nie duidelik nie. As redes word aangegee:[2]

  • Die Saliërs en die Walahone het in die dieselfde gebiede, die hertogsregte uitgeoefen
  • In die jaar 900 word 'n Walaho as ab in die Saliese klooster van Hornbach genoem.
  • Die Saliërs het die ampte en besittings van die Walahone oorgeneem.

Literatuurwysig

  • Winfried Dotzauer: Geschichte des Nahe-Hunsrück-Raumes von den Anfängen bis zur Französischen Revolution, Seite 72f
  • Donald C. Jackman: The Konradiner: A Study in genealogical methodology, 1990
  • Donald C. Jackman: Ius hereditarium Encountered, Part I: The Meingaud-Walaho Inheritance, Archive for Medieval Prosopography, Oktober 2007, Teil II und III in Vorbereitung
  • Thilo Offergeld: Reges pueri. Das Königtum Minderjähriger im frühen Mittelalter.
  • Hermann Schreibmüller: Die Ahnen Kaiser Konrads II. und Bischof Brunos von Würzburg, in: Herbiopolis Jubilans. 1200 Jahre Bistum Würzburg, S. 201

Voetnotaswysig

  1. Jackman, S. 125, vgl.
  2. Baldes, zitiert in Schreibmüller, siehe Literatur
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media