Wakkerstroom

Dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika

Wakkerstroom is die tweede oudste dorp in Mpumalanga in Suid-Afrika. Dit is in 1859 gevestig en die dorp se naam is 'n Afrikaanse vertaling van die Zoeloenaam vir die rivier wat naby die dorp verby vloei, die uThaka, (Wakker). Die R543-streeksroete gaan deur die dorp.

Wakkerstroom
Wakkerstroom is in Mpumalanga
Wakkerstroom
Wakkerstroom
 Wakkerstroom se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 27°21′S 30°08′O / 27.350°S 30.133°O / -27.350; 30.133Koördinate: 27°21′S 30°08′O / 27.350°S 30.133°O / -27.350; 30.133
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikGert Sibande
MunisipaliteitPixley ka Seme
Stigting1859
Oppervlak
 • Totaal87,68 km2 (33,85 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal6 852
 • Digtheid78/km2 (200/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense10.2%
 • Indiërs/Asiërs1.3%
 • Bruin mense0.3%
 • Swart mense87.8%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Zoeloe 86.2%
 • Engels 4.2%
 • Afrikaans 3.7%
 • Ndebele 1.6%
 • Ander 4.2%
Poskode (strate)
2480
Poskode (posbusse)
2480
Skakelkode017
Webwerfhttp://www.wakkerstroom.info
Die vorige NG kerkgebou op Wakkerstroom het reeds teen 1874 gestaan toe die eerste leraar, ds. D.P. Ackerman, hier bevestig is in die gemeente wat al in 1861 gestig is. Die ou gebou is in 1879 vergroot, maar tydens die Eerste Vryheidsoorlog het Engelse soldate die gebou as 'n fort ingerig. Die bevolking het ná die oorlog so gegroei dat die gemeente op 'n vergadering op 4 Augustus 1887 besluit het om 'n nuwe kerkgebou op te rig, die gebou wat vandag nog dié doel dien.

Geskiedeniswysig

Die dorp is deur Dirk Cornelius Uys (Swart Dirk) gestig wat die gebied opgemeet het op die plaas Gryshoek. Hy het al die erwe uitgelê met 'n 50-jaart lang riempie wat van 'n elandbulvel gemaak is wat hy geskiet het tydens sy aankoms in Wakkerstroom. Die dorp en distrik is in November 1859 geproklameer en die eerste erwe in 1864 verkoop.

St Marks kerk, die hofgebou en die ou brug oor die Wakkerstroom is as nasionale monumente verklaar. Die roman She is deur H. Ryder Haggard geskryf terwyl hy in Hoogstraat in Wakkerstroom gebly het. Die dorp spog met 'n straatbrug wat in 1893 deur die regering van die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek opgerig is. Die staalkonstruksie vir die brug is uit Duitsland ingevoer. Naby die brug vloei die Marthinus Wesselstroom. Hier is Suid-Afrika se eerste Swart lede van die Zionistebeweging in 1904 deur D. Bryant van die American Christian Catholic Church in Zion gedoop.

Eerste Vryheidsoorlogwysig

Wakkerstroom is deur die 58th Regiment North Staffordshires, die 80th Regiment of Foot (Staffordshire Volunteers) en die 1st King's Dragoon Guards beset in 1880/81 tydens die Eerste Vryheidsoorlog. Oorblyfsels van die South Staffordshires Regiment en die Dragoon Guards se teenwoordigheid kan gesien word op die spits van die Ossewakop en Voortrekkerkop suid van Wakkerstroom.

Tweede Vryheidsoorlogwysig

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n lyn van een-en-twintig blokhuise tussen Volksrust en Wakkerstroom gebou en een honderd tussen Wakkerstroom en Piet Retief. Die blokhuise is gebou om die Britse toevoerroete van Durban af te beskerm.

Distrikwysig

Die distrik is 2 323 km2 groot. Skaap- en beesboerdery is die hoof ekonomiese aktiwiteite. Daar is verskeie San-rotstekeninge te vinde in die gebied om Wakkerstroom. Die gebied is heuwelagtig met klowe, bergfonteine, vleigebiede en damme. Dit is wêreldbekend as 'n voëlkykparadys.

Boorlinge van Wakkerstroomwysig

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Wakkerstroom". Sensus 2011.

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media