Vroueregte

Vroueregte is die regte en aansprake wat aan vroue en meisies in 'n bepaalde gemeenskappe toegestaan of deur hulle opgeëis word. Hierdie regte kan in wetgewing verskans wees, maar kan ook in mense se gedrag en gebruike waargeneem word. Mense wat vir vroueregte veg word vroueregte-aktiviste genoem.

Duitse verkiesingsplakkaat van 1919: "Frauen! Gleiche Rechte, Gleiche Pflichten" (Vroue! Gelyke regte, gelyke pligte).

Tipiese vroueregte wat nie altyd universeel aanvaar word nie, sluit in:

  • stemreg;
  • reg om 'n sekere werk te kan doen (tipiese mans-werke, soos konstruksiewerk);
  • reg op 'n regverdige loon en gelyke betaling vir werk;
  • die reg op liggaamlik outonomie (b.v. reg om haar huwelik en seksuele relasies self te bepaal);
  • reg om eiendom te besit;
  • reg op onderwys.

VN-vroueverdragwysig

Die VN-vroueverdrag (verdrag insake die uitwissing van alle vorme van diskriminasie teen vroue) is gebaseer op die Universele Verklaring van Menseregte. Die verdrag is op 18 Desember 1979 deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies aangeneem en is op 3 September 1981 deur twintig lidlande bekragtig. Meeste ander lande het die verdrag sedertdien onderteken.

Diskriminasie teen vroue word as volg in die verdrag gedefinieer:

Alle vorme van onderskeid, uitsluiting of beperking op grond van geslag, wat die uitwerking het, of ten doel het om die erkenning, die genietinge of die uitoefening van vroue se menseregte en die fundamentele vryhede op politieke, ekonomiese, sosiale of kulturele gebied, op die terrein van burgerregte of welke ander gebied ook al, op die grondslag van gelykheid tussen mans en vroue aan te tas of na te kom.

Lande wat die verdrag onderteken het, is verplig om "toepaslike maatreëls" te neem om seker te maak dat vroueregte geïmplementeer en beskerm word.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media