Folklore

Volksverhaal

(Aangestuur vanaf Volksverhaal)

Folklore is die kultuur wat deur ’n spesifieke groep mense gedeel word. Dit sluit die groep se gemeenskaplike tradisies in soos vertellings, spreekwoorde en grappies, asook materiële dinge soos boustyle en handgemaakte speelgoed, rituele en vierings soos Kersfees en troues, volksdanse en inisiëringsrites. Net so belangrik soos die vorm van die folklore, is die oordrag daarvan van een streek tot ’n volgende of van een geslag tot die volgende. Folklore word nie in ’n skool of leerplan geleer nie, maar word informeel van die een individu tot die volgende oorgedra, óf mondelings óf deur demonstrasies.

Die Nederlandse spreekwoorde.

Oorsigwysig

Die woord is in 1846 die eerste keer deur die Engelsman William Thoms gebruik. Hy het dit opgemaak om die term van vroeër, "gewilde letterkunde", te vervang. Om die woord heeltemal te verstaan is dit nodig om apart na die twee dele daarvan te kyk: die terme folk en lore.

Die tweede helfte is makliker om te definieer as die eerste, omdat die betekenis oor die laaste twee eeue relatief konstant gebly het. Lore kom van die Ou Engelse lār, 'instruksie', en dui op die kennis en tradisies van ’n spesifieke groep wat dikwels mondelings oorgedra word.[1]

Die eerste deel is effens moeiliker om te verklaar. Toe Thoms die term geskep het, het folk net verwys na landelike, dikwels arm en ongeletterde kleinboere. ’n Moderner definisie daarvan is ’n sosiale groep wat twee of meer persone met gedeelde eienskappe bevat wat hul gedeelde identiteit uitdruk met tradisies wat hulle onderskei van ander groepe. Folk kan verwys na ’n nasie, soos in Amerikaanse folklore, of na ’n enkele gesin.[2] Folklore sluit nou alle dinge in wat mense met woorde (verbale folklore), hul hande (materiële folklore) of aksies (gewoontefolklore) maak.[3]

Folklore word nou beskou as natuurlik en noodsaaklik vir enige sosiale groep.[4] Dit hoef nie meer oud te wees nie; dit word voortdurend geskep en oorgedra, en word in enige groep gebruik om te onderskei tussen "ons" en "hulle".

Verwysingswysig

  1. "lore - Definition of lore in English by Oxford Dictionaries". Oxford Dictionaries - English (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op 8 Oktober 2017.
  2. (Dundes 1969)
  3. (Wilson 2006)
  4. (Sims & Stephens 2005)

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media