Volksblad

Volksblad is 'n Afrikaanse, Suid-Afrikaanse koerant wat voorheen in druk in die Vrystaat en Noord-Kaap versprei is. Dit is die oudste Afrikaanstalige dagblad in die land. Sy hoofkantoor is in Bloemfontein en die uitgewer is Media24. Dit word sedert 10 Augustus 2020 net in digitale formaat uitgegee wat op Netwerk24 se webtuiste beskikbaar is.[1]

Volksblad se hoofkantoor in Bloemfontein.

Hoewel die koerant, vergeleke met Die Burger en Beeld 'n beskeie sirkulasie van 14 701 eksemplare per dag gehad het (tweede kwartaal 2015), was die markpenetrasie onder Afrikaanssprekendes in die ylbevolkte provinsies Noord-Kaap en Vrystaat groot.

Geskiedeniswysig

Die geskiedenis van Volksblad begin op 18 November 1904, toe die Nederlandse drukker Hendrik de Graaff op Potchefstroom die Nederlandse weekblad "Het Westen" stig. Die blad spits hom toe op die belange en die ontwikkeling van die Afrikanerbevolking in die voormalige Boererepublieke Oranje-Vrystaat en Transvaal, wat swaar in die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) gely het. In Maart 1915 word die nasionalistiese blad herdoop tot Het Volksblad en in 1916 verskuif sy hoofkantoor na Bloemfontein. In 1917 verander die naam weer, na Die Volksblad, en begin die blad om in Afrikaans te skryf. In 1925 word Die Volksblad 'n dagblad.

Op 20 April 2001 word die "Die" voor die naam amptelik geskrap en word die koerant kort en kragtig Volksblad. Sedert die jare negentig begin Volksblad sy fokus verbreed om ook ander bevolkingsgroepe, behalwe sy tradisionele wit leserskorps, in te sluit.

Die koerant vier in 2004 sy eeufees, met onder meer die publikasie van die boek ’n Lewe van sy eie – die biografie van Volksblad. Die laaste papieruitgawe verskyn op 8 Augustus 2020.[1]

Die redakteurs van die blad, onder al sy name, voorheen en tans, was en is:

  • Hendrik de Graaf (stigter-eienaar, 1904 – 1917)
  • Paul G. Das (1904 – 1905)
  • Adam Boshoff (1905 – 1907)
  • B.G. Versélewel de Witt Hamer (1907 – 1909)
  • D.P. du Toit (1909 – 1914)
  • J. H. Malan (1914 – 1916)
  • dr. H.G. Viljoen (1916)
  • dr. J.F.W. Grosskopf (1917 – 1919)
  • J.H. Malan (waarnemende redakteur, 1919 – 1921)
  • dr. J.G. Conradie (1921)
  • dr. Reinard G. Kottich (1921 – 1922)
  • A.J. Werth (1922 – 1925)
  • dr. A.J.R. van Rhijn (1925 – 1948)
  • dr. Otto du Plessis (1948)
  • Hubert Coetzee (1949 – 1957)
  • Hugo Dreyer (1958 – 1970)
  • dr. Bart Zaaiman (1970 – 1980)
  • Hennie van Deventer (1980 – 1992)
  • Johan de Wet (1992 – 1994)
  • Paul Marais (1994 – 1999)
  • Jonathan Crowther (1999 – 2009)
  • Ainsley Moos ( 2010 – 2012)
  • Johanna van Eeden (2012 – 2014)
  • Gert Coetzee (2015 – tans)

Sien ookwysig

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media