Vlag van Mauritius

Die nasionale vlag van Mauritius is op 12 Maart 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale vierkleur met ewe wye bane in (van bo na onder) rooi, blou, geel en groen. Die vlag staan bekend as The Four Bands in Engels en Les Quatre Bandes in Frans wat "Die vier bane" beteken.

Vlag van Mauritius
Vlag van Mauritius
Vlag van Mauritius
Bynaam (en) The Four Bands
(fr) Les Quatre Bandes
(af) Die vier bane
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 12 Maart 1968
Ontwerp ’n Horisontale vierkleur met rooi blou geel en groen.
Ontwerp deur Gurudutt Moher
Wisselvormvlag van Mauritius
Wisselvormvlag van Mauritius
Gebruik Burgerlike vaandel Burgerlike vaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Rooi vlag met die wapenskild op die wapperkant en die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van Mauritius
Wisselvormvlag van Mauritius
Gebruik Staatsvaandel Staatsvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Blou vlag met die wapenskild op die wapperkant en die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van Mauritius
Wisselvormvlag van Mauritius
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 26:57
Ontwerp ’n Vlag met rooi, wit en blou ongelyke vertikale bane met ’n ster en anker/sleutel in die middel.

Simboliekwysig

Die vier bane van die vlag stel elk die volgende voor: rooi stel die bloed voor wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid, blou stel die Indiese Oseaan voor (Mauritius is geleë in die Indiese Oseaan), geel stel die nuwe lig van onafhanklikheid voor wat oor die eiland skyn asook die goue sonskyn en groen stel die welige plantegroei van die eiland voor.[1]

Kleurewysig

Die amptelike kleurkodes van die vlag is in ooreenstemming met die Mauritius Standard Bureau.[2]

Kleur en Pantone:

  • Rooi 18-1664TC of 185 C
  • Blou 19-3939TC of 295 C
  • Geel 14-0957TC of 116 C
  • Groen 17-6030TC of 356 C

Ontwerpwysig

Die huidige vlag is op 12 Maart 1968 aanvaar toe Mauritius onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verkry het. Die kleure van die vlag is afkomstig van die wapenskild van Mauritius, wat deur Koning Edward VII in 1906 aan Mauritius toegeken is.

Grootteswysig

Die amptelike groottes van die vlag is in ooreenstemming met die Mauritius Standard Bureau; standaard MS.1-1:2011. Die vlag het ’n verhouding van 2:3.

VlagsoortBreedte × hoogte
(mm)
Hoogte van elke kleurband
(mm)
Paalvlag1800×1200300
Lessenaarvlag / handgehoude vlag150×10025
Motorvlag300×20050

Geskiedkundige vlaewysig

Ander vlaewysig

Verwysingswysig

  1. (en) The Government Gazette of Mauritius (2015). "THE NATIONAL FLAG ACT 2015" (PDF). The Government Gazette of Mauritius. Besoek op 14 Mei 2019.
  2. (en) "MS 1 National Flag" (PDF). Mauritius Standard Bureau. Oktober 2008. p. 6. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 14 Mei 2019.

Eksterne skakelswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media